Characterization of early defence responses in rust-infected sunflower
Abstract
English: Plants are equipped with a surveillance system which enables the plant to
recognize an invading pathogen. After recognition, the stress signal is conveyed
throughout the plant cell and subsequent defence responses are activated.
Protein kinase genes encode proteins which play important roles in the relay of
the initial signal. The aim of this study was to characterise some aspects of the
defence response of sunflower upon infection with P. helianthi. One such aspect
was the identification of a putative protein kinase gene from the resistant
sunflower cultivar. The HaLRD15 gene showed good homology (e-value 7e-151) to
a Calcineurin B-like protein kinase (CDPK). The virtual protein encoded by the
HaLRD15 gene contained various phosphorylation sites and a MAPK docking
site. These sites could lead to the protein being phosphorylated thereby
conveying the stress signal throughout the plant cell. Further analyses of
HaLRD15 in different sunflower cultivars indicated that the gene was inducible
expressed in only one resistant cultivar, even though gene copies were present in
all the tested cultivars. This led to the conclusion that HaLRD15 could be
essential factor needed in the defence response.
Furthermore, an attempt was made to obtain putative disease resistance genes
which are differentially expressed in sunflower after infection by using primers
specific for the nucleotide binding site of resistance genes. One such gene
fragment obtained was NBS6. The polypeptide sequence of NBS6 showed
homology to a hypothetical protein containing a DUF26 domain. Further analysis
of NBS6 showed that the gene is up-regulated by defence response related
chemicals such as MeJA and menadione. Literature have implicated that
receptor-like protein kinases containing DUF26, were involved in the defence
responses in the plant-pathogen interaction, more specifically in the response of
plants upon oxidative stress.
As photosynthesis related genes were also differentially expressed, the effect of
the leaf rust pathogen on the photosynthetic capacity of both resistant and
susceptible cultivars was investigated by using chlorophyll fluorescence. The electron transport rate of the infected resistant plants was shown to be much
lower than that of the infected susceptible plants. However the energy dissipated
as heat (NPQ) was shown to increase over time in the infected susceptible
plants. The expression of various genes such as glutathione S-transferase and
the large and small subunit of Rubisco were finally analysed. The infected
susceptible plants were shown to have a higher down-regulation of the RbcS
gene than the infected resistant plants. The higher electron transport rate of the
infected susceptible plants in combination with the low induction levels of RbcS
as well as a higher induction of GST during the early intervals, led to the
conclusion that the susceptible plants increase the electron transport system to
produce higher amounts of reactive oxygen species, thereby leading to the higher
induction of GST expression. Afrikaans: Plante is in staat om potensiële patogene te herken deur middel van ‘n baie
effektiewe deteksiesisteem. Dit kan lei tot die aktivering van die plant se
verdedigingssisteem. Dit is egter afhanklik van die oordraging van seine
vanaf die plasmamembraan van die sel tot in die kern. Proteïen kinases is
nou betrokke by die oordraging van sodanige seine.
Die doel van die studie was om sekere aspekte van die verdedigingsrespons
van sonneblomme na infeksie met P. helianthi te ondersoek. Die eerste was
om die rol van `n gekloneerde proteïen kinasegeen, HaLRD15, tydens die
verdedigingsrespons te bevestig. Die geen het hoë homologie (e-waarde 0)
met `n calcineurin B-tipe protein kinase (CDPK) getoon. Die gekodeerde
polipeptied besit verskeie fosforileringsgebiede, asook `n MAPK
vashegtingsgebied. Die teenwoordigeheid van die gebiede impliseer dat
HaLRD15 betrokke is by seinoordraging aangesien dit self gefosforileer kan
word. Die uiting van die geen was in slegs een van die getoetsde kultivars
geïnduseer, ten spyte daarvan dat dit in al die kultivars teenwoordig was. Die
gevolgtrekking wat dus gemaak was, is dat HaLRD15 `n essensiële
komponent van die algemene verdedigingsrespons van sonneblomme kan
wees.
Tweedens was daar gepoog om weerstandsgene wat differensieël in
geïnfekteerde sonneblomme tot uiting kom, te kloneer. Priemstukke spesifiek
vir die nukleotiedbindingsgebied is daarvoor gebruik. NBS6 was een van die
klone wat vir verdere analiese gekies was. Die gekodeerde polipeptied was
homoloog aan `n hipotetiese protein wat `n DUF26 gebied besit het. Die geen
se uiting was deur beide MeJA en menadioon wat verdedigingsverwante
chemikalieë is, aangeskakel. Uit die literatuur was dit duidelik dat proteïene
wat die gebiede besit, betrokke is by die verdedigingsrespons tydens verskeie
plant-patogeen interaksies, maar veral tydens oksidatiewe spanning.
Laastens is daar ook ondersoek ingestel na die invloed wat die patogeen op
die fotosintetiese vermoë van beide vatbare en weerstandbiedende
sonneblomme gehad het. Chlorofil-fluoresensie was hiervoor gebruik. Die
elektronoordragtempo van die geïnfekteerde weerstandbiedende plante was laer as die van die vatbare kultivar. Laasgenoemde het egter met die verloop
van die studie verhoogde hitteverlies (NPQ) getoon. Verder is die uiting van
verskillende gene soos GST, RbcL en RbcS ook bepaal. In vergelyking met
die geïnfekteerde weerstandbiedende plante, was die uitingsvlakke van RbcS
laer in die vatbare plante. Dit, tesame met die verhoogde elektronoordrag, het
gelei tot die afleiding dat vatbare plante tydens infeksie die
elektronoordragsisteem moontlik eerder vir die produksie van reaktiewe
suurstofspesies gebruik. Dit lei dan ook tot die verhoogde uiting van GST
soos tydens die studie waargeneem.