Show simple item record

dc.contributor.advisorNel, J. A.
dc.contributor.authorSchoeman, Stefanus Johannes
dc.date.accessioned2018-06-14T12:26:07Z
dc.date.available2018-06-14T12:26:07Z
dc.date.issued1972-01
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/8398
dc.description.abstract1. Ondersoek is ingestel na die teeltstruktuur van die Karakoel in Suidwes- Afrika en in die lig van die besondere belangrikheid van die Neudammkudde is hierdie kudde geneties verder ontleed. Die invloed wat uoderdom op die reproduksie patroon van Karakoelooie uitoefen, is ondersoek met die doelom die optimale kuddestruktuur ten opsigte van ouderdom vir maksimum teeltvordering te bepaal. 2. Vir die bepaling van die teeltstruktuur is van 'n ewekansige 25 persent monster van alle lammers wat gedurende 1960 en 1970 in die S.W.A. Stamboek geregistreer is, gebruik gemaak. Volledige vier-generasie stambome is vir hierdie doel opgestel. Die algemene vorm van die teeltstruktuur is bepaal deur die kuddes op grond van hulle belangrikheid in verskillende strata te klassifiseer. Kuddegroottes is uit rekords van die Karakoeltelersvereniging van Suidwes-Afrika verkry. Die belangrikheid van individuele kuddes is met verskillende metodes asook ook die effektiewe aantal kuddes wat ramme aan die bedryf voorsien, bepaal. Individuele inteeltkoëffisiënte is vanaf die vier-generasie stambome beraam om vas te stel in watter mate van inteling gebruik gemaak word. Die gemiddelde grootte van stoetkuddes was in 1970 105 ooie terwyl dit in 1960 uit gemiddeld 159 ooie bestaan het. Meer as 72 persent van alle kuddes het op hierdie stadium uit minder as 100 ooie bestaan terwyl slegs 5,12 persent van alle kuddes uit meer as 500 ooie bestaan het. Daar het sedert 1960 'n vinnige ontwikkeling in die stoetbedryf plaasgevind. In 1960 is slegs 2 267 lammers gereistreer terwyl die getal in 1970 10 637 was. Die algemene vorm van die teeltstruktuur toon TIpiramidale of hiërargiese voorkoms wat die effektiewe vloei van genetiese materiaal vanuit die topkuddes na die kommersiële bedryf moontlik maak. Vanweë die beperkte kuddegrootte vind genetiese verbetering binne kuddes hoofsaaklik op hierdie wyse plaas. Die effektiewe aantal kuddes wat vaders in die ouc:dlke generasie voorsien, is ongeveer 6 in 1960 en 12 in 1970, terwylooreenstemmende waardes vir die vierde generasie 2,06 en 1,71 vir 1960 en 1970 onderskeidelik is wat op 'n groter sentralisasie van die bedryf dui. Die Karakoelbedryf is ten opsigte van sy topteeltmateriaal in 'n groot mate van die Neudammkudde afhanklik soos ook uit die totale genetiese bydrae van die kudde tot die stoetbedryf blyk. Hierdie waardes is 49,53 en 51,84 persent vir 1960 en 1970 onderskeidelik. Die Neudammkudde bestaan uit ongeveer 550 ooie, wat moontlik kan meebring dat genetiese verbetering gaandeweg teen 'n stadiger tempo kan plaasvind en die bedryf moontlik 'n stabiele stadium kan bereik. Indien die Karakoelbedryf nog steeds so afhanklik van die Neudammkudde bly - wat onwaarskynlik is - sou dit 'n stremmende effek op teeltvordering hê. 'n Vergroting van die Neudammkudde kan moontlik volgehoue teeltvordering begunstig. Die totale gene tiese bydrae van die vyf belangrikste kuddes in 1960 was 89,64 persent en dié van die sewe belangrikste kuddes in 1970 gelyk aan 76,86 persent. Verskeie kuddes moes dus sedert 1960 in belangrikheid toegeneem het. tyd geaksentueer word. Die gemiddelde graad van inteelt in alle stoetkuddes is betreklik laag asook die Hierdie tendens mag metterfrekwensie nouer verwantskapsparings. Ouer-nageslagparings kom in 'n groter mate in kleiner kuddes as in groter kuddes voor. Die gemiddelde graad van inteelt, vanaf vier-generasie stambome beraam, was 3,51 en 3,59 persent vir 1960 en 1970 onderskeidelik. 3. Vir die teeltanalise van die Neudamm-karakoelkudde is van TI 25 persent ewekansige monster van alle geregistreerde swart lammers wat gedurende 1930, 135, '40, 145, i50, 155, '6o, 165 en 1970 uit die stoet gebore is, gebruik gemaak. Die stambome van die gemonsterde lammers is vir ses generasies volledig terugge~ voer en die graad van inteelt by wyse van stamboek=monsteringsmetodes ontleed. Die totale graad van inteelt en sy onderskeie komponente is met behulp van drie metodes, 'waaronder die sogenaamde 11kortmetodes van Wright" ingesluitis, beraam. Die mate van lynteelt is met behulp van kollaterale verwantskapskoëffisiënte beraam en die bydrae van individuele voorouers in terme van die persentasie direkte verwantskap van die betrokke individu tot die kudde uitgedruk. Die totale inteelt neem toe en kom in 1970 op ongeveer 25 persent relatief tot die basispopulasie van ongeveer 1915 te staan. Die inteelttoename bereik 'n maksimum van 9,64 persent in 1965 relatief tot die kudde in 1944. Die ooreenstemmende waarde vir 1970 is 7,74 persent relatief tot ongeveer 1949. Die hoë in teelttoename in 1965 kan aan die onderverdeling van die kudde in lyne toegeskryf word, en waar die frekwensie van die paring van noue verwantes binne lyne dadelik toegeneem het. Die beramings van d,i.egraad van inteeltverskil aansi.enlik tussen die drie metodes gebruik, en die 11 kortmetode van Wrightll vanaf twee lyne blyk nie geskik te wees vir akkurate beramings van inteeltkoëffisiënte nie. Hoofsaaklik omdat noue verwantskapsparings doelbewus vermy is, is die bydrae van die onlangse inteling tot die totale inteling betreklik laago Halfsibparings het meeste tot hierdiekomponent bygedra. Verwantskapsparings vind hoofsaaklik plaas omdat die kudde betreklik klein is en die bydrae van kuddegrootte tot die totale inteelt relatief tot 'n basispopulasie in 1915 is, met sekere veronderstellings, op 11 persent beraam. Gedurende die tydperke 1930 tot 1940 en 1965 tot 1970 is die kudde in 'n sekere mate in lyne verdeel. In die tydperk 1930 tot 1940 het lynteling plaasgevind omdat die vlakkrultipe gedurende dié tydperk ontwikkel is en lynteling op voorouers gerig is wat in hierdie eienskappe voortreflik was. Gedurende die tydperk 1945 tot 1960 kon die kudde as In homogene eenheid beskou word, aangesien geen Lynteling uitgevoer is nie. Vanaf 1963 is die Neudammkudde doelbewus in semigeïsoleerde lyne verdeel waarin lynteling, noodwendig moes plaasvind. Hierdie lyne kan tot gevolg hê dat die inteelttoename versnel en dat die seleksiedifferensiaal in die kudde as geheel verlaag kan word omdat seleksie en die gebruik van voortreflike ramme tot die lyne beperk kan word. Enkelvoudige korrelasiekoëffisiënte is tussen die massa van lammers met geboorte en individuele intelingskoëffisiënte beraam. Die waardes is 0,395 en - 0,017 vir die 1965 en 1970 monsters onderskeidelik waar slegs eersgenoemde hoogsbetekenisvol is wat op 'n moontlike nadelige effek van inteling op geboortemassa dui. Sommige individuele ramme toon 'n hoë verwantskap tot die kudde, waarvan die bydrae van sommiges selfs hoër as 20 persent is. Die belangrikstes is R1500, R2405, R4077 en R533 en hierdie ramme het waarskynlik ook meeste tot die kudde-ontwikkeling en inteelttoename bygedra. R1500 is die vader van R2405 terwyl R4077 weer die seun van R2405 is. 4. Die invloed van di.e ouderdom van die ooi op lampersentasie i.sbelangrik om die optimale ouderdomsamestelling vir maksimum teeltvordering in die Neudammstoetkudde te bepaal. Alle geregistreerde ooilammers wat vanaf 1950 tot en met 1965 in die Neudamm-karakoelkudde gebore is, is in hierdie berekenings ingesluit. Lamresul tate is gebaseer op In spesifieke ouderdom van elke ooi. Ouderdom het In hoogsbetekenisvolle (P< 0,01) invloed op die lampersentasie • Die aantal lammers per ooi gepaar per jaar gebore, styg van 0,750 vir twee jaar oud ooie tot 'n maksimum van 0,877 vir vyf jaar oud ooie. Dit daal daarna betreklik vinnig tot 'n minimum van 0,636 vir tien jaar oud ooie. Die frekwensie meerling geboortes is laag en daar is skynbaar 'n styging met toenemende ouderdom. Die mortaliteit is vanaf geboorte tot 18 maande ouderdom, dit wil sê met eerste paring, besonder hoog (18,21 persent) waarna dit betreklik laag is. Dit styg weer vanaf 2,56 persent by 4 jaar oud ooie. 5. Verskille in die ouderdomstruktuur van stoetkuddes oefen 'n invloed op die jaarlikse genetiese vordering uit. Met sekere veronderstellings kan die invloed wat verskillende faktore en kuddestatistieke op teeltvordering uitoefen, teoreties bestudeer word. Die invloed van die ouderdomstruktuur, lampersentasie, mortaliteit, ouderdom met eerste paring en die persentasie ramme gebruik, is teoreties bestudeero 'n Toename in beide die aantal ram- en ooi-ouderdomsgroepe bring 'n daling in die celatiewe jaarlikse teeltvordering teweeg. Die optimum samestelling vir maksi= mum vordering verskil by verskillende lampersentasies. Minder ouderdomsgroepe ramme en ooie word egter meer belangrik namate die lampersentasie toeneem. Meer as twee rameouderdomsgroepe het egter in bykans alle gevalle die stadigste teeltvordering tot gevolg. 'n Toename in die mortali tei t het ook 'n daling in die teeltvordering per jaar tot gevolg. 'n Hoë mortali tei t het primêr 'n laer seleksie=intensi tei t tot gevolg. 'n Toename in die lampersentasie is waarskynlik die vernaamste faktor vir vinniger jaarlikse teeltvordering binne 'n kudde; ditneem toe met 'n toename in die lampersentasie. Die invloed van die ouderdom met eerste paring is 'n direkte gevolg van 'n verandering in die generasie-interval. Paring van ramme en ooie op 'n jonger ouderdom bring vinniger jaarlikse teeltvordering mee. Die belangrikheid van minder ram- en ooi-ouderdomsgroepe neem ook toe wanneer paring op TI jonger ouder dom plaasvind. Soortgelyke resultate word verkry deur TIvermindering in die persentasie ramme wat jaarliks gebruik word. Die gemiddelde generasie-interval het in die Neudammkudde tussen 1930 en 1970 van 2,98 tot 4,23 jaar gevarieer en was in 1970 3,30 jaar. Die ouderdomsamestelling is van so 'n aard datbetreklik virmige teeltvordering wel verwag kan word en blyk nie die mees beperkende faktor te wees nie. Ramme behoort na intensiewe gebruik op jaar uitgeskakel te word. Vinniger jaarlikse teeltvordering kan egter be werkstellig word deur 'n toename in die lampersentasieie teeweeg te bring. Met die huidige struktuur en generasie-interval van toepassing, kan die relatiewe jaarlikse teeltvordering in die Neudammkudde met ongeveer 8,5 persent verhoog word as die lampersentasie met 'n verdere 20 persent verhoog sou word. 6. Die algemene vorm van die teeltstruktuur van die Karakoelbedryf in Suidwes- Afrika is van so 'n aard dat genetiese verbetering wel deur die hele bedryf kan plaasvind. Teeltverbetering het in die verlede dan ook hoofsaaklik op hierdie wyse plaasgevind as·gevolg van die belangrikheid van en die teeltverbetering wat in die Neudammkudde plaasgevind het. Beperkte kuddegrootte, die onderverdeling van die kudde in lyne en 'n te lae lampersentasie is waarskynlik die belangrikste faktore wat teeltverbetering in die Neudammkudde strem en vinniger inteelttoenames tot gevolg het. Die Neudammkudde maar ook ander vooraanstaande kuddes behoort vergroot te word ten einde die teeltsituasie in die Karakoelstoetbedryf op 'n gesonder grondslag te plaas.en_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectCultivation systemen_ZA
dc.subjectCultivation structure -- Karakoelen_ZA
dc.subjectHerders -- South West Africaen_ZA
dc.subjectSheep -- South West Africaen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc.Agric. (Sheep and Cloud Sciences))--University of the Free State, 1972en_ZA
dc.titleDie teeltstruktuur van die karakoel in Suidwes-Afrika met spesiale verwysing na die neudammkuddeen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record