A critical discourse analysis of newspaper reporting of the run-up to the 1997 Kenyan general election
Abstract
English: This research examines and analyses the reportage, in the Kenyan print
media, of the run-up to the 1997 general elections. The analysis aimed at the
identification and explanation of how ideology is realized and conveyed in the
language use of newspapers. Consequently, more emphasis was placed on
how ideological discourse is constructed, thus bringing to the fore the relation
between discourse and ideology. Through the analysis of selected headlines
and editorial articles in the three Kenyan newspapers (Daily Nation, East
African Standard and Kenya Times) it became evident that certain linguistic
choices played a fundamental role in the propagation and perpetuation of
implicit and dominant ideologies. Using Critical Discourse Analysis (CDA) as
a framework to analyse various discursive patterns such as metaphors, lexis,
transitivity etc., it has emerged that there are certain ideological differences
that are conveyed either tacitly or overtly in newspaper reporting.
The study comprises of seven chapters.
Chapter one is an introduction to the study. The chapter highlights the
problem under investigation paying particular attention to the objectives
intended to be achieved, the justification, hypotheses and the method used.
A description of the theory used in data analysis is provided in chapter two.
The basic tenets of CDA as an analytical framework are outlined. Emphasis is
also placed on certain aspects of Functional Grammar which have an
influence on Critical Linguistics. There is also a discussion on the pragmatic
and cognitive approaches to the study of metaphor. Lastly, the major themes
that have informed the study of CDA such as language and ideology,
language and power, political linguistics and language and the media are
addressed. Chapter three explores the political background of Kenya after independence
and prior to the 1997 general election. The historical development of the three
Kenyan newspapers is also situated within this chapter.
The concept of ideological square and its varied manifestations in the data
through syntactic, semantic and stylistic means is the subject matter of
chapter four.
Chapter five embodies the role of lexical choices in projecting an ideology.
The role of adjectives, verbs and nouns in determining newspapers'
ideological positions as attested in the data is covered in this chapter.
The role and function of various cognitive metaphors as realized in the data
are accounted for in chapter six.
Chapter seven consists of conclusions and recommendations. A synthesis of
the findings in data analysis and the recommendations emanating there from
is provided. Afrikaans: Hierdie navorsing ondersoek en ontleed die verslaggewing in die Keniaanse
gedrukte media tydens die aanloop tot die algemene verkiesing in 1997. Die
analise het die identifisering en verduideliking van hoe ideologie realiseer en in
die taalgebruik van koerante oorgedra word, ten doel. Gevolglik is meer klem
gelê op hoe ideologiese diskoers gekonstrueer word, en is die vewantskap
tussen diskoers en ideologie na vore gebring. Aan die hand van 'n analise van
geselekteerde hoofopskrifte en redaksionele artikels in die drie Keniaanse
koerante (Daily Nation, East African Standard en Kenya Times), het dit duidelik
geword dat sekere linguistiese keuses 'n fundamentele rol speel in die
verspreiding en instandhouding van implisiete en dominante ideologieë. Deur die
gebruik van Kritiese Diskoersanalise as 'n raamwerk om die verskillende
diskursiewe patrone soos metafore, leksikake keuses, oordraagbaarheid,
ensovoorts te analiseer, het dit na vore gekom dat daar sekere ideologiese
verskille is wat of eksplisiet of implisiet in koerantberiggewing oorgedra word.
Die studie bestaan uit sewe hoofstukke.
Hoofstuk 1 dien as 'n inleiding tot die studie. Die hoofstuk bring die probleem wat
ondersoek word na vore deur spesifiek aandag te verleen aan die doelwitte wat
daarmee bereik wil word, die regverdiging, hipoteses en die metode wat gebruik
is. 'n Beskrywing van die teorie wat in die data-analise gebruik is, word in hoofstuk
2 verskaf. Die basiese beginsels van Kritiese Diskoersanalise as 'n analitiese
raamwerk word uitgestippel. Klem word ook geplaas op sekere aspekte van
Funksionele Grammatika wat 'n invloed op Kritiese Linguistiek het. Daar is ook 'n
bespreking van die pragmatiese en kognitiewe benaderings tot die studie van die
metafoor. In die laaste instansie word die hooftemas van die studie van Kritiese
Diskoersanalise, soos byvoorbeeld taal en ideologie, taal en mag, politieke
linguistiek en taal en die media aangespreek.
Hoofstuk 3 verken die politieke agtergrond van Kenia, na onafhanklikheid en
voor die algemene verkiesing van 1997. Die historiese ontwikkeling van die drie
Keniaanse koerante word ook in hierdie hoofstuk aangetref.
Die konsep van die ideologiese vierkant en die gevarieerde manifestasies
daarvan in die data deur sintaktiese, semantiese en stilistiese middele, is die
onderwerp onder bespreking in hoofstuk 4.
Diskoersanalise, soos byvoorbeeld taal en ideologie, taal en mag, politieke
linguistiek en taal en die media aangespreek.
Hoofstuk 3 verken die politieke agtergrond van Kenia, na onafhanklikheid en
voor die algemene verkiesing van 1997. Die historiese ontwikkeling van die drie
Keniaanse koerante word ook in hierdie hoofstuk aangetref.
Hoofstuk 5 omvat die rol van leksikale keuses by die projektering van 'n
ideologie. Die rol van adjektiewe, werkwoorde en naamwoorde by die bepaling
van koerante se ideologiese posisies, soos bevestig in die data, word in die
hoofstuk gedek.
Die rol en funksie van verskeie kognitiewe metafore, soos dit voorkom in die
data, word in hoofstuk 6 verantwoord.
Hoofstuk 7 bestaan uit gevolgtrekkings en aanbevelings. 'n Sintese van die
bevindinge in die data-analise en die aanbevelings voortspruitend daaruit word
verskaf.