Show simple item record

dc.contributor.advisorLe Roux, P. J.
dc.contributor.authorBrynard, Suzette Theron
dc.date.accessioned2018-06-04T09:53:16Z
dc.date.available2018-06-04T09:53:16Z
dc.date.issued1998-11
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/8368
dc.description.abstractEnglish: South African education is still beleaguered by problems that can often directly or indirectly be attributed to practices characteristic of the policy of separate development under the previous political dispensation. These problems, combined with those typical of the current era, cause some learners to be deprived of highly effective teaching and subsequently of the corresponding opportunities for development. However, if South Africa as a developing country wishes to escape its third world status, the greatest challenge is precisely to provide all its people with an effective education. The purpose of this study is to provide a cost-effective solution to these problems by proposing a feasible education model. During the research phase of this study it was inter alia found that the inequitable provision of education in the past resulted in a large proportion of the population being partially or completely denied access to adequate education facilities, appropriate teaching aids and fully qualified teachers. The exclusion of access to a desirable standard of scholastic education resulted inter alia in great numbers of adults being illiterate and the average pass rate of matriculants especially being alarmingly low. A further outcome is that a large percentage of learners have to repeat grades (standards) in the course of their schooling, placing an ever-increasing burden on education facilities already undersupplied. Education authorities find themselves in a situation that requires urgent action to avoid a national education disaster. At fundamental levels, especially among parents, there are profound concerns. General feelings of pessimism and distrust are further fuelled by the uncertainties surrounding the rapid rate of change in education and the enormous deficits in financial resources that further deprive learners of a universally high standard of teaching. These concerns are reinforced by a considered opinion that the time frame for implementing the outcomesbased Curriculum 2005 is inadequate. The establishment of the new National Qualifications Framework as a certification authority is also considered suspect. A further concern exists about the acknowledgement of cultural diversity, which includes the mother-tongue as the medium of instruction, and the shortage of properly qualified teachers in the subject areas of Mathematics, Science and Technology. Fortunately, before a pervasive attitude of despair about the future of South African education takes hold, literature and research provide a solution in the form of a so-called open-learning approach to education. In an open-learning environment learners and parents initially need a certain amount of educational support, as self-study methods are employed. This does not however present any problems and the support can be provided according to individual needs and conditions. Technology can be fruitfully implemented to support an open-learning environment. The Accelerated Christian Education (ACE) System, one of the instructional systems that was investigated, applies selected components of an open-learning system. In this system individual learners progress at their own rate, study independently and are responsible for their own studies. Teachers act as facilitators and hence relatively large numbers of learners, of various ages and at different levels of development, can be accommodated and managed in one venue. Certain aspects of the system are however inflexible; such as specific prescriptions on learning content, method, school administration, learner assessment and disciplinary measures. The ACE System therefore does not provide a complete solution for the current problems in South African education. Another educational concept that was investigated, is home learning, a practice which is age old. Learners who are tutored at home are not bound either by the prescriptions of the ACE System, or by traditional contact teaching. Their learning processes, learning content and other instructional aspects can be adjusted to their individual circumstances. In consultation with their parents, learners themselves thus determine what, where, how and when they wish to study. However, this system too reveals certain deficiencies. Learners have hardly any opportunity for socialising with their peers and are deprived of school activities like participation in team sports and cultural activities. This model also provides learners who are uncomfortable within the current education system with access to home learning. All learners who were previously excluded from effective, competent schooling for politico-historical or other reasons, now have access to affordable, proper tuition via an open-learning approach. The OESA model offers all learners, regardless of race, language, ability and needs, the opportunity to develop their full potential by allowing them to take charge of their own learning processes. Their individual abilities, preferences and personal circumstances can be taken into account; i.e. the individual is allowed to develop as a complete human being. Apart from all the advantages mentioned above, the OESA model also offers the existing school system substantial financial advantages, as home learners must pay for all the services and facilities, including sport and cultural amenities, that they utilise. Individual teachers therefore also stand to benefit financially by augmenting their incomes. Holistically seen, the OESA model offers all learners in South Africa the opportunity of cost-effectively participating in highly effective education and training which will ultimately benefit the entire South African nation.en_ZA
dc.description.abstractAfrikaans: Die onderwys in Suid-Afrika gaan steeds gebuk onder probleme wat onder andere dikwels direk of indirek verband hou met praktyke wat meegebring is deur die beleid van afsonderlike ontwikkeling binne die vorige politieke bedeling. Tesame met die probleme wat eie is aan die huidige tydsgewrig, is dit die grondoorsaak dat sommige leerders huidig van hoë gehalte skoolonderrig en gepaardgaande ontwikkelingsgeleenthede weerhou word. Indien Suid-Afrika as ontwikkelende land daarin wil slaag om van 'n derdewêreldstatus los te kom, is die land se grootste uitdaging juis om al sy mense van gehalte onderrig te voorsien. Toeganklike, hoë kwaliteit skoolonderrig is dan ook die doel van die navorsing wat in hierdie studie onderneem is, aan die hand waarvan 'n onderwysmodel, wat die onderwysprobleme in Suid-Afrika op 'n koste-effektiewe wyse sal kan aanspreek, voorgestel word. Tydens die navorsingsfase van die studie is onder meer bevind dat die ongelyke onderwysvoorsiening van die verlede veroorsaak het dat 'n groot gedeelte van die bevolking tans nog gedeeltelik of totaal uitgesluit word van toereikende onderwysfasiliteite, toepaslike onderrighulpmiddels, asook ten volle gekwalifiseerde onderwysers. Hierdie gebrekkige toegang tot hoë standaard skoolonderrig het onder meer daartoe gelei dat groot getalle volwassenes vandag totaalongeletterd is, asook dat die gemiddelde slaagsyfer van veral matrikulante onrusbarend laag is. 'n Verdere gevolg hiervan is dat 'n groot persentasie leerders grade (standerds) gedurende hulle skoolloopbane moet herhaal, wat nog meer druk op die reeds ondervoorsiende onderwysfasiliteite plaas. Die onderwysowerhede bevind hulle dus in 'n situasie waar dringende optrede nodig is om 'n moontlike nasionale ramp binne die onderwys afte weer. Op grondvlak heers daar egter ook 'n gees van diepe verontrusting, veral by ouers van leerlinge. Die onsekerheid oor die snelle veranderinge wat in die onderwys plaasvind, sowel as die tekort aan finansiële hulpbronne (waardeur 'n hoë standaard skoolonderrig vir alle leerders verseker sou kon word) dra verder by tot die heersende gevoel van pessimisme en wantroue. Dit word versterk deur die oorwoë mening dat die periode wat toegelaat word om die resultaatgerigte Kurrikulum 2005 te implementeer, onvoldoende is, terwyl die instelling van 'n nuwe sertifiseringsliggaam (NKR) met agterdog bejeën word. Daar heers verder groot kommer oor die erkenning van kulturele diversiteit (wat moedertaalonderrig insluit) en die tekort aan goed gekwalifiseerde onderwysers in vakrigtings soos Wiskunde, Wetenskap en Tegnologie. Voordat wanhoop vir die toekoms van die onderwys in Suid-Afrika oorneem, bring die literatuur en navorsing egter hoop in die vorm van die sogenaamde opeleeronderrigbenadering na vore. In 'n opeleer-studieomgewing word daar weg beweeg van al die rigiede en voorskriftelike onderwyspraktyke van die verlede. Leerders se persoonlike omstandighede en behoeftes word volledig in ag geneem, wat dit onmiddellik meer toeganklik maak vir leerders vanuit alle lae van die bevolking, ongeag hulle ouderdom. In 'n opeleer-onderrigomgewing moet die leerders en sommige ouers uiteraard 'n bepaalde hoeveelheid onderrigsteun ontvang, aangesien daar veel meer op selfstudie staatgemaak word (veral aan die begin). Dit blyk egter nie problematies te wees nie, aangesien hierdie steun wel volgens die individuele behoeftes en omstandighede van leerders voorsien kan word. Veral beskikbare tegnologie kan met groot vrug as vorm van ondersteuning in 'n opeleer-onderrigomgewing geïmplementeer word. Een van die onderrigstelsels wat van somrruge komponente van 'n opeleeronderrigbenadering gebruik maak en waaroor navorsing gedoen is, is die ACE-stelsel. Volgens dié stelsel word elke individuele leerder toegelaat om teen sy eie tempo te vorder, asook gelei om selfstandig te studeer en om self verantwoordelikheid vir sy studies te aanvaar. Onderwysers vertolk dus slegs die rol van fasiliteerders, wat dit moontlik maak om relatief groot getalle leerders (van verskillende ouderdomme en vlakke van ontwikkeling) in een lokaal te akkommodeer en te hanteer. Sekere aspekte van die stelsel is egter steeds baie rigied. Daar bestaan spesifieke voorskrifte ten opsigte van byvoorbeeld die leerinhoud, die metodiek, die administrasie van die skool, die evaluering van die leerders en die dissipline wat toegepas word. Dié stelsel bied dus nie 'n volledige oplossing vir die huidige onderwysprobleme in Suid-Afrika nie, aangesien alle leerders nie by hierdie stelsel kan inpas nie. 'n Ander onderrigkonsep wat ondersoek is en reeds vir etlike eeue in gebruik is, is tuisonderrig. Leerders wat hulle onderrig tuis ontvang, is nie gebonde aan die voorskriftelikhede van die ACE-stelsel en die tradisionele kontakonderrigstelsel nie. Hulle leerprosesse, die leerinhoud en alle ander aspekte rakende hulle onderrig kan by hulle individuele omstandighede aangepas word. Hulle besluit dus self (in oorleg met hulle ouers) wat, waar, hoe en wanneer hulle wil studeer. Ook dié stelsel toon egter sekere leemtes. Leerders kry min geleentheid om met ander ·leerders van hulle ouderdomsgroep te sosialiseer en word soms ook van skoolaktiwiteite soos spansportdeelname en sekere kultuuraktiwiteite ontneem. Die oplossing vir Suid-Afrika se onderwysprobleme lê volgens die bevindinge van hierdie studie egter in die ondersteunde opeleer-onderwysmodel (OOSA-model), wat as resultaat van die studie voorgestel word. Die OOSA-model ondervang bykans al die probleme en leemtes van ander bestaande onderwysstelsels en kan 'n koste-effektiewe alternatief bied, aan die hand waarvan alle leerders in Suid-Afrika skoolonderrig van 'n hoë standaard kan ontvang. Die model berus op die beginsel dat tuisonderrigleerders alle leemtes ten opsigte van tuisonderrig, of enige van die ander stelsels van onderrig wat ondersoek is, kan oorbrug deur by 'n gasheerskoolstelsel (wat deur bestaande tradisionele skole georganiseer, bedryf en bestuur word) te affilieer. Die stelsel kan uit enkelskole ofuit 'n netwerk van skole en onderrigsentra (bestaande fasiliteite soos skole of enige ander geskikte lokale) bestaan en aan tuisonderrigleerders 'n volledige akademiese ondersteuningsdiens (wat hulle andersins tydens suiwer tuisonderrig ontsê wou word) bied. Dit kan egter ook ander moontlike leemtes, soos die gebrek aan sosiale kontak en blootstelling aan sport- en kulturele aktiwiteite, uitskakel. Die bestaande tradisionele skoolstelsel word dus nie vervang nie, maar vorm juis die basis van die OOSA-model. Die OOSA-model en die bestaande stelsel funksioneer dus parallel, sonder om mekaar te benadeel. Die interaksie tussen die twee stelsels lei eerder tot wederkerige voordeel. In die praktyk kom dit daarop neer dat geaffilieerde leerders op geskikte tye van 'n spesifieke gasheerskool se fasiliteite, onderwysers en ander vorme van onderrigsteun (teen 'n bepaalde vergoeding) gebruik maak. Hulle kan ook (tot voordeel van die skool, en natuurlik ook teen 'n bepaalde vergoeding) by ekstrakurrikulêre aktiwiteite inskakel. Op kompeterende vlak, soos byvoorbeeld op sportgebied, hou dit vir die betrokke skool die voordeel in dat hy 'n wyer keuse ten opsigte van die samestelling van sy verteenwoordigende groepe het. hoofonderrigsentrums kan dien, Waar volledig toegeruste gasheerskole wat as nie beskikbaar is nie, word 'n netwerk van satellietsentrums (volledig toegeruste skole wat onder die hoofonderrigsentrums val) en onderrigeenhede (ander geskikte lokale) gebruik. 'n Akademiese ondersteuningsdiens kan in dié geval deur middel van tutors gelewer word. Dit verhoed egter nie dat die leerders steeds ten opsigte van ander aktiwiteite op ooreengekome tye by 'n hoofonderrigsentrum kan inskakel nie. Die OOSA-model maak dit dus vir leerders wat probleme binne die huidige onderwysstelselondervind, moontlik om van tuisonderrig gebruik te maak. Verder kan alle leerders wat voorheen vanweë historiese redes (politiek) of ander probleme van 'n hoë gehalte skoolonderrig uitgesluit was, nou deur middel van 'n opeleer-onderrigbenadering ongestoord toegang tot bekostigbare, hoë kwaliteit skoolonderrig verkry. Hierdie model bied dus aan alle leerders (ongeag herkoms, ras, taal, vermoëns en behoeftes) die geleentheid om hulle volle potensiaal te ontwikkel, deur in beheer te wees van hulle eie leerprosesse. Daardeur word hulle individualiteit ten opsigte van byvoorbeeld vermoëns, voorkeure en persoonlike omstandighede volledig verreken en word elke individu toegelaat om as volledige mens te ontwikkel. Benewens al die genoemde voordele, hou die stelselook ruim finansiële voordele vir die bestaande skoolstelsel in, aangesien die tuisonderrigleerders vir alle dienste en fasiliteite wat hulle gebruik (ook sport en kultuur), moet betaal. Individuele onderwyspersoneel kan dus ook finansiële voordeel hieruit trek om hulleinkomste sodoende aan te vul. In die geheel gesien, bied die OOSA-model dus aan leerders uit die hele Suid-Afrikaanse bevolking 'n koste-effektiewe geleentheid om hoë kwaliteit skoolonderrig te ontvang.en_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDistance education -- South Africaen_ZA
dc.subjectInstructional systems -- South Africaen_ZA
dc.subjectEducation -- South Africa -- Parent participationen_ZA
dc.subjectOpen learning -- South Africaen_ZA
dc.subjectThesis (Ph.D. (Didactics))--University of the Free State, 1998en_ZA
dc.titleDie implementeringsmoontlikhede van "Accelerated Christian Education" en tuisonderrig in 'n ondersteunde opeleer-onderwysmodel vir Suid-Afrikaanse skoleen_ZA
dc.typeThesisen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record