Die Ou-Testamentiese Messiasverwagting in die lig van die profesie van Jesaja
Abstract
Uit die Bybel word dit duidelik dat die breë begrip 'Verlosser'
reeds baie vroeg by die mens aanwesig was omdat hy altyd
blootgestel was aan onderdrukking en onderwerping en dat hy
gesmag het om uit hierdie staat te kom.
Hierdie gedagte van verlossing uit die vyand se hande word
egter onderlê deur TI groter verlossingsdaad, waaraan die mens
geen aandeel sou gehad het nie, omdat dit TIverlossing moes
wees uit die hand van iemand wat sterker as hy was. Hierdie
vyand, Satan, sou die mens nie net liggaamlike ongerief aandoen
nie, maar hom ook geestelik knel, waaruit hy ook graag
verlos sou wou word (Ps. 6:5), maar waarin hy magteloos was.
Hierdie verlossingsdaad kon alleen plaasvind deur TI Persoon
groter as die mens en dus TI Goddelike Wese.
Dit was dan ook die doel van hierdie studie om in te gaan op
die belofte van TIVerlosser, hoe dit die mens bygebly het deur
die eeue en wat die mens se siening was van die beloofde Verlosser
met sy koms na die aarde.
Reeds in Gen. 3:15 sê die HERE Satan die stryd aan en gee Hy
die eerste belofte van TIVerlosser wat Satan sou oorwin (kop
vermorsel). Hierdie gedagte van verlossing strek soos TI goue
draad dwarsdeur die Ou Testament, alhoewel dit nie altyd ewe
duidelik in woorde uitgespel is nie (Gen. 49:10; Num. 24:17;
Esegiël 17:22-24; Daniël 2:31-41), tot en met die geboorte
van Jesus as Messias.
In die Openbaringsgeskiedenis word die Messias aan die mens
bekendgestel as onder meer TIKoning (wat kom uit die geslag
van Dawid), TI priester, TIProfeet en die Seun van God. Dit
is beelde wat almal verband gehou het met sy taak as Verlosser.
Die profeet Jesaja gee egter TIbaie duidelike beeld van die
Messias wat korrespondeer met Jesus Christus se Persoon en
optrede. Die profeet beskrywe Hom as mens, maar welook as
TIbuitengewone mens wat deur TImaagdelike geboorte die aarde
betree het. Sonder groot omhaal van woorde stel Jesaja die
Verlosser se taak, sy lyding en sy bo-menslike vermoëns. Hy
sou God (Immanuel) (7:14), Raadgewer (40:13), Regeerder (9:6)
en Vader van sy volk wees. Waar die aardse konings misluk het,
sal Hy hiervoor vergoed as die sagmoedige en regverdige in sy
oordele. Hy sou Homself as TIKneg (53:11) oorlewer om deurboor
en gedood te word en om daardeur vir die mens redding te bring.
Hierdie profesie van Jesaja is dan ook, soos reeds genoem, vervul
met die koms van Jesus Christus na die aarde, toe Hy uit
die geslag van Dawid (Luk. 1:31), uit TImaagd gebore is. In
sy optrede was Hy die mens se Raadgewer (Ef. 1:11), Sterke God
(Luk. 1:49) en Ewige Vader (Joh. 10:38). Uit hierdie optrede
van Jesus blyk dit dan ook verder dat Jesaja korrek was in sy
profesieë aangaande Jesus as die Regverdige (Rom. 3:25, 26),
die Getroue (1 Joh. 5:20), die Nederige (Matt. 11:29), wat Homself
verloën het (1 Pet. 2:22-25). Sy prediking was ook in
ooreenstemming met die profeet se profesieë omdat Hy heil aan
die nasies gebring het (Matt. 12:21) en dat hierdie prediking
wonders verrig het (Joh. 2:11). Dit alles kon geskied omdat
die Messias gesalf is met die Heilige Gees (Matt. 3:16).
Omdat die mens se lewe aangetas is deur Satan, kon hy hierdie
gedagte van TIVerlosser nie altyd korrek verwerk nie. Hulle
het TIVerlosser gesoek wat hulle kon verlos van aardse vyande.
Dit was moontlik die gevolg van die profesieë waarin die Messias
voorgestel is as TIKoning uit die geslag van Dawid. Dawid
was TIkrygsman, dus moes hierdie Messias ook strydende Messias
wees. Die volk het dus vir hulle messiasse geskep wat aangepas
het by die behoefte van die tyd en kon of wou hulle nie die
ware Messias raaksien toe Hy verskyn nie.