Molecular diagnosis of familial hypercholesterolaemia in the diverse South African population
Abstract
English: Coronary heart disease (CHD) is one of the leading causes of mortality in Westernised
countries and accounts for approximately 25% of all deaths. Elevated lipid and
lipoprotein levels leading to atherosclerosis, affects about 4.8 million South Africans,
placing them at high risk for developing CHD. Familial hypercholesterolaemia (FH) and
familial defective apolipoprotein B-100 (FDB) are autosomal co-dominant inherited lipid
disorders, the hallmark of these phenotypes being the elevation of plasma cholesterol
concentrations and premature mortality from cardiovascular complications. Molecular
defects in the low density lipoprotein receptor (LDLR) gene and apolipoprotein B
(APOB) gene, respectively, underlie the phenotype in FH and FDB. DNA analysis of
these loci, using a combination of three mutation screening strategies, was performed in
the diverse South African population. No FDB-causing mutation was detected in any of
the clinically defined hypercholesterolaemic patients included in the study, which
underlines the low prevalence of this lipid disorder in the South African population.
A high sensitivity of extensive combined mutation screening strategies was
demonstrated, since molecular lesions were detected in all Jewish
hypercholesterolaemic patients analysed. Despite this, the gene defects could not be
identified in all the clinically defined Afrikaner FH patients analysed. The disease
phenotype in these patients may be caused by mutations in other genes underlying
autosomal dominant hypercholesterolaemia (ADH).
The high prevalence of FH in several of the genetically distinct populations of
South Africa, particularly the Afrikaners and Jews (-1/70), allows a population-based
screening strategy. In addition to the three previously described Afrikaner founder
mutations (0154N, 0206E and V408M), two possibly minor founder mutations, D200G
and S258L, were detected in Afrikaner FH homozygotes. Inclusion of these LDLR gene
defects in routine DNA screening would improve the diagnostic service for FH. The
Jewish founder mutation, 652de1GGT, predominates in the majority (57%) of South
African Jewish patients screened. This mutant allele became more prevalent in FH
Jews of Lithuanian lineage (75%). LDLR gene mutation, N407K, identified in an
Afrikaner-Jewish FH patient who is also heterozygous for mutation, 0206E, appears to
be associated with a mild FH phenotype. Follow-up family studies demonstrated that
genotype-phenotype correlation studies are of utmost importance for the
implementation of preventive treatment strategies.
Gender, age, race, home language, historical affiliation with specific religious
groups, geographical distribution, as well as specific disease phenotypes may impart to
the heterogeneous distribution of mutant alleles in a homogeneous population. The
distribution of the three founder-related Afrikaner LDLR gene defects was shown to
correlate significantly with home language (Afrikaans or English) and historical
membership with the Gereformeerde Church. Analysis of the angiotensin-converting
enzyme (ACE) gene insertion/deletion (I/D) polymorphism in the Afrikaner population
supports the notion that age and the genetic background of population subgroups may
contribute to the heterogeneity of this genetic marker. The potential for different
degrees of linkage disequilibrium of the ACE I/D polymorphism with other potentially
significant sequence changes in the gene and the modest degree of increased risk for
CHD associated with the ACE DD genotype, argued against the likelihood of this
marker being a clinically useful indicator of increased risk for CHD in Afrikaner FH
patients.
This study highlights the potential prognostic value of DNA diagnosis in
populations where a small number of mutations cause the disease in the vast majority
of affected cases. The possible role of modifier genes in the phenotypic expression of
FH has to be considered within a specific population context, since gene-environment
interaction most likely contributed to the unique genetic make-up of the diverse South
African population. A comprehensive multilocus risk assessment strategy, including
complete genotyping and accurate interpretation of genetic data, should in future be
applied to determine an individual's risk for the development of CHO. Molecular analysis
of patients with the FH phenotype may be considered a prerequisite for accurate
diagnosis, genetic counselling and optimal treatment targeted at the cause of the
disease. Afrikaans: Koronêre hartvatsiekte (KHVS) is een van die hoofoorsake van mortaliteit in Westerse
lande en dra by tot nagenoeg 25% van alle sterftes. Verhoogde lipied- en lipoproteïen
vlakke lei tot aterosklerose en affekteer ongeveer 4.8 miljoen Suid-Afrikaners deur hulle
in In hoë risikogroep vir die ontwikkeling van KHVS te plaas. Familiële
hipercholesterolemie (FH) en familiële defektiewe apolipoproteïen B-100 (FOB) is
outosomaal ko-dominante oorerflike lipiedsiektes, met verhoogde plasma cholesterol
konsentrasies en premature sterftes vanweë kardiovaskulêre komplikasies as
sleutelkenmerke van die fenotipe. Molekulêre defekte in die lae digtheid
lipoproteïenreseptor (LDLR) geen en apolipoproteïen B (APOB) geen, onderskeidelik, is
onderliggend aan die FH en FOB fenotipes. DNA analise van hierdie lokusse deur die
gebruik van In kombinasie van drie mutasie-siftingstrategieë, is in die diverse Suid-
Afrikaanse bevolking uitgevoer. Geen FDB-veroorsakende mutasies kon in enige van
die klinies gedefinieërde hipercholesterolemie pasiënte wat ondersoek is, opgespoor
word nie. Dit beklemtoon die lae voorkoms van hierdie lipiedsiekte in die Suid-
Afrikaanse bevolking.
Die uitgebreide, gekombineerde mutasie-siftingstrategie het In hoë sensitiwiteit
openbaar, aangesien mutasies by alle Joodse hipercholesterolemie pasiënte op wie
analises uitgevoer is, aangetoon kon word. Daarenteen is mutasies nie by alle klinies
gedefinieërde Afrikaner FH pasiënte wat ondersoek is, identifiseer nie. Die
siektefenotipe by hierdie pasiënte kan moontlik veroorsaak word deur mutasies in
ander gene wat by outosomale dominante hipercholesterolemie (ADH) betrokke is.
Die hoë voorkoms van FH in verskeie populasie groepe in Suid-Afrika, veral die
Afrikaners en Jode (-1/70), leen homself tot In populasie-gerigte siftingstrategie.
Bykomend tot die drie reeds beskryfde Afrikaner stigtersmutasies (D154N, D206E and
V408M), is twee moontlike kleiner stigtersmutasies, D200G en S258L, in Afrikaner FH
homosigote opgespoor. Insluiting van hierdie LDLR geendefekte by die roetine DNA
siftingstrategie sal In verbeterde diagnostiese diens vir FH teweegbring. Die Joodse
stigtersmutasie, 652de1GGT, is teenwoordig in die meerderheid (57%) Suid-Afrikaanse
Joodse pasiënte wat ondersoek is. Hierdie mutante alleel kom meer algemeen voor by
Joodse FH pasiënte van Litauaanse afkoms (75%). Die LDLR geenmutasie, N407K,
identifiseer in In Afrikaner-Joodse pasiënt wat ook heterosigoties vir mutasie, D206E, is,
blyk geassosieerd te wees met In matige FH fenotipe. Opvolgondersoeke het getoon
dat genotipe-fenotipe korrelasie studies in families van uiterste belang is by die
implementering van voorkomende behandeling-strategieë.
Geslag, ouderdom, ras, huistaal, geskiedkundige verwantskap aan spesifieke
godsdienstige groepe, geografiese verspreiding, sowel as spesifieke siektefenotipes,
mag almal deelagtig wees aan die heterogene verspreiding van mutante allele in 'n
homogene bevolking. Die verspreiding van die drie LDLR Afrikaner stigtersmutasies
korreleer statisties beduidend met huistaal (Afrikaans of Engels) en geskiedkundige
lidmaatskap aan die Gereformeerde Kerk. Analise van die "angiotensin-converting
enzyme" (ACE) geen invoeging/delesie (110) polimorfisme in die Afrikanerbevolking,
staaf die gedagte dat ouderdom en genetiese agtergrond van bevolkingsubgroepe tot
heterogeniteit van hierdie genetiese merker kan bydra. Die potensiaal van verskillende
grade van koppelingsdisekwilibrium van die ACE polimorfisme met ander potensieël
belangrike volgordeveranderings in die geen en die matige verhoogde risiko vir KHS
wat met die ACE DD genotipe geassosieerd is, skakel die moontlikheid dat hierdie
merker 'n klinies bruikbare indikator vir verhoogde KHS risiko is, grootliks uit.
Hierdie ondersoek benadruk die potensiële prognostiese waarde van DNA
diagnose in bevolkings waar 'n klein aantal mutasies die siekte in die meerderheid
geaffekteerde gevalle veroorsaak. Die moontlike rol van modifiserende gene by die
fenotipiese uitdrukking van FH moet binne 'n spesifieke bevolkingskonteks beskou
word, aangesien geen-omgewing interaksie baie waarskynlik 'n bydrae tot die unieke
genetiese samestelling van die Suid-Afrikaanse bevolking gemaak het. 'n Uitgebreide
multilokus risikobepalingstrategie wat volledige genotipering en akkurate interpretering
van genetiese resultate insluit, behoort in die toekoms gebruik te word om 'n individu se
risiko vir die ontwikkeling van KHVS te bepaal. Molekulêre analise van pasiënte met 'n
FH fenotipe, kan as voorvereiste beskou word vir akkurate diagnose, genetiese
raadgewing en optimale behandeling wat op die oorsaak van die siekte gerig is.