'n Ondersoek na die verbetering van produktiwiteit in die kleinhandel
Abstract
Die rede waarom hierdie ondersoek gedoen is, is omdat daar
nog baie min bekend is oor produktiwiteit 'n die kleinhandel
in Suid-Afrika. Indien maksimum produktiwiteit in die
kleinhandel bereik kan word, behoort dit 'n 'wesenlike bydrae te lewer om pryse in toom te hou.
Die doel van die ondersoek was eerstens om deur middel van
'n literatuurstudie vas te stel:
wat produktiwiteit is
watter faktore fn invloed op produktiwiteit uitoefen
hoe produktiwiteit gemeet kan word
hoe produktiwiteit verbeter kan word in die kleinhandel
Tweedens was die doelom deur middel van fn empiriese ondersoek
-die produktiwiteit en produksie van verkoopspersone
in 'n departementele winkel op verskillende maniere
te meet
-vas te stelof daar 'n beduidende verband bestaan tussen
die produktiwiteit (en produksie) van verkoopspersone
in 'n departementele winkel, aan die een kant, en die
volgende biografiese gegewens (wat gewoonlik op aansoekvorms voorkom):
huwelikstatus
kinders (ja/nee)
geslag
ouderdom
jare verkoopsondervinding
jare diens by betrokke onderneming
opvoedkundige kwalifikasie
afstand van werk
salaris
Die metode: 'nStelsel om die verkope (geldwaarde) en aantal transaksies beklink van verkoopspersone te bepaal, is
by die betrokke onderneming ingestel. Die biografiese gegewens is uit die persoonlike lêers verkry. Die verkoopsyfers en aantal transaksies is oor een jaar (Julie tot
Junie) versamel. Een honderd agt en twintig verkoopspersone
(wat almal minstens nege maande in diens was as verkoopspersone) se gegewens is gebruik.
Die produktiwiteit (en produksie) van die individuele verkoopspersone is soos volg bereken:
Metode 1: Waarde van verkope
Salaris
Metode 2: Waarde van verkope X aantal transaksies
gemiddelde waarde van gemiddelde aantal
verkope in afdeling transaksies in afdeling
X gemiddelde salaris in afdeling X 100
eie salaries 1
Metode 3: Waarde van verkope X aantal transaksies
gemiddelde waarde gemiddelde aantal
van verkope in transaksies in afdeling
afdeling
Om te bepaal of die verkoopspersone se produktiwiteit en
produksie, soos hier gemeet, 'n beduidende verband toon met
hulle biografiese gegewens, is daar gebruik gemaak van die Chi-Kwadraat toets en t-toets.
Belangrikste gevolgtrekkings en aanbevelings
1. Wat is produktiwiteit. Uit die literatuur blyk dit dat
produktiwiteit die verhouding uitvoer tot invoer is, met
ander woorde, hoe doelmatig en doeltreffend die invoere
aangewend word om ‘n bepaalde uitvoer te verkry.
2. Die faktore wat produktiwiteit beinvloed. Dit blyk
dat produktiwiteit deur ‘n verskeidenheid faktore beïn:
vloed word, wat soos volg opgesom kan word:
(a) Faktore in die persoon self
(b) Faktote in die persoon se omgewing
(c) Faktore in die werksituasie
In die empiriese ondersoek is geen beduidende verband
gevind tussen produktiwiteit van verkoopspersone in 'n
afdelingswinkel en die biografiese gegewens ondersoek nie.
Om die sukses van ‘n produktiwiteitsverbeteringsprogram
te verseker moet daar op al hierdie faktore gelet word
en nie net op sekeres nie.
3. Die meting van produktiwiteit. 'nVerskeidenheid for
mules word in die literatuur voorgestel vir die meting van produktiwiteit, gewoonlik gebaseer op die een of ander benadering soos byvoorbeeld, finansieel, ekonomies of personeel. Hulle dui almal ‘n verhouding uitvoer tot invoer aan.
Arbeidsproduktiwiteit in die kleinhandel word gewoonlik
uitgedruk as die verhouding verkope tot arbeidskoste
of verkope tot man-ure. Om individue van verskillende
afdelings te kon vergelyk in die impiriese ondersoek,
is korreksies aangebring vir die gemiddelde verkope,
transaksies en salaris in elke afdeling.
,4. Die verbetering van produktiwiteit.Uit die literatuur
blyk dit dat daar genoeg tegnieke bestaan wat in die
kleinhandel gebruik kan word om produktiwiteit te verbeter. Die beste oplossing is waarskynlik om 'n kombinasie van die volgende tegnieke te gebruik:
metodestudie
werksmeting
aanpassing van die verkoopspersoneel se persoonlike
hoedanighede by dié van die klante
keuring en opleiding
aanpassing van personeelvoorsiening by klante-vloei
en
posverryking.