• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Vitamien B6 metabolisme in die eritrosiet met aspartaataminotransferase as biologiese merker

    Thumbnail
    View/Open
    SchoombieEMSP.pdf (3.955Mb)
    Date
    1983-01
    Author
    Schoombie, Elsie Maria Susanna Petronella
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: In hierdie studie is daarin geslaag om 'n gestandaardiseerde metode vir die bepaling van AST aktiwiteit op 'n outomatiese analiseerder (Gilford 3500 sisteem) te ontwikkel. 'n Preïnkubasietyd van minstens 10 minute is nodig om die totale AST aktiwiteit in normale plasma te bepaal. 'n Aanvanklike inhibisie van plasma AST aktiwiteit is waargeneem na die in vitro byvoeging van PLP. Hierdie inhibisie kon nie opgehef word deur die PLP konsentrasie of die preïnkubasie-temperatuur te verhoog nie. In teenstelling met normale plasma is 'n preïnkubasietyd van net 2 1/2 minute nodig vir die volle aktivering van die eritrosiet AST aktiwiteit. Die totale aktivering van die AST apoensiem in die plasma van hart en lewerpasiënte vind , soos in die gevalvan eritrosi et AST, ook binne 2i minute plaas. Daar is dus 'n verskil in aktivering van die apoensiem in normale plasma en in die plasma van sekere siek persone. Daar is aangetoon dat piridoksien, wat deur die volwasse eritrosiet opgeneem word en na die aktiewe derivaat, naamlik piridoksaalfosfaat, omgeskakel word, nie beskikbaar is vir die aktivering van die onaktiewe AST in die volwasse eritrosiet nie. Die spesifieke rede hiervoor is nog onbekend en word verder ondersoek. Verskeie Vitamien 86 derivate het egter wel die verlies van ensiem uit die eritrosiete, tot 'n mate beperk. 'n Toename in beide basale sowel as totale AST aktiwiteit is in die eritrosiete na In addisionele daaglikse vitamien B6 innamme oor 'n tydperk van vier weke waargeneem. Die ensiem in die plasma sowel as in die hemolisaatbereidings was tot 'n groter mate versadig met PLP na die addisionele vitamien B6 inname, hoewel die totale AST aktiwiteit in die plasma nie toegeneem het nie. Hieruit blyk dit dat die 'CAS' beginsel vir die bepaling van 'n vitamien status van die liggaam, nie suksesvol in die geval van vitamien B6 toegepas kan word nie.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/8050
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • Masters Degrees (Chemical Pathology)

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback