Regverdiging vir ’n multigenerasiebenadering tot geweld teenoor vroue
Abstract
English: Bowen’s multigenerational approach to family functioning is applied in an analysis
of violence against women in cohabiting and marital relationships. It moves away
from linear analysis of the victim and the perpetrator to a circular approach reaching
beyond the dynamics of the nuclear family. This approach offers an explanation of
the multigenerational transfer of violence and is appropriate to the analysis and description
of the emotional, cognitive and behavioural aspects of those involved. It also
elucidates contributing factors to dysfunctionalities in some children from violent
families and clarifies why only certain children from such families perpetuate violent
behaviour in their adult relationships. Afrikaans: Bowen se multigenerasiebenadering tot gesinsfunksionering word gebruik vir ’n
analise van geweld teenoor vroue in saamwoon- en huweliksverhoudings. Daar word
wegbeweeg van ’n liniêre analise van die slagoffer en die geweldenaar, na ’n sirkulêre
benadering wat breër strek as die dinamika van die kerngesin. Die benadering bied
’n verklaring vir die multigenerasie-oordrag van geweld en is benutbaar in die analise
en beskrywing van die betrokkenes se emosionele, kognitiewe en gedragsaspekte. ’n
Verduideliking word verskaf van bydraende faktore tot disfunksionering by sommige
kinders in geweldgekenmerkte gesinne en waarom alle kinders uit sodanige gesinne
nie gewelddadige gedrag in hulle volwasse verhoudings herhaal nie.