• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    n Ondersoek na sekere aspekte van grondsterkte in gronde van die Manganoserie

    Thumbnail
    View/Open
    BennieATP.pdf (7.653Mb)
    Date
    1972-01
    Author
    Bennie, Alan Thomas Peter
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: 'n Ondersoek is op die gronde van die Manganoserie uitgevoer om vas te stel tot watter mate verandering in grondsterkte In invloed op wortelontwikkeling en plantegroei het. In Veldondersoek het getoon dat verskeie lae van hoë grondsterkte, wat vertikale wortelontwikkeling beperk, in die profiel identifiseer kan word. Hierdie lae is omskryf en gedefinieer onder twee hoofgroepe nl. ploeglaagverdigting, waarvan twee tipes onderskei is, en subploeglaagverdigting .. Standaardkurwes is vir die verband tussen grondsterkte en volumedigtheid by verskillende vogspannings en die verband tussen grondsterkte en grondvog by verskillende volumedigthede opgestel vir drie verskillende monsters van die Hanganoserie. Dit het getoon dat die grondsterkte by In spesifi.eke volumedigthede en veldwaterkapasiteit afneem met In toename in klei-inhoud en toeneem met In toename in die fynsandfraksie. Die onderlinge invloed van die drie veranderlikes is saamgevat deur In meervoudige regressievergelyking af te lei. Kritiese volumedigthede en grondvoggrense is afgelei. Die invloed van gronds terkte op ,.o.r.tel- en plantontwikkeling is aan die hand van twee potproewe met koring en katoen ondersoek. In Tegniek is ontwikkel waarvolgens die potproewe by konstante grondvog, grondsterkte en voldoende deurlugting uitgevoer kon word. In Toename in grondsterkte het In afname in wortellengte by koring en penwortellengte by katoen tot gevolg gehad. Gevolglik het die volume grond, wat deur die wortels benut is, afgeneem met In toename in grondsterkte. Met In toename in grondsterkte het worteldeursnit toegeneem en sekondêre wortelontwikkeling afgeneem, met In gevolglike afname in aktiewe sorpsie-oppervlakte en worteldoeltreffendheid. As gevolg hiervan is In afname in K-, Ca- en P-konsentrasies en -opname in die bogrondse dele, sowel as In afname in bogrondse plantmassa met toename in grondsterkte by koring waargeneem. By katoen het slegs P-konsentrasie en -opname afgeneem met toename in grondsterkte. Die graad van verdigting veroorsaak deur besproeiingspraktyke was heelwat laer as die veldwaardes. Vertikale druk deur implemente het meer verdigting veroorsaak, maar was sterk afhanklik van die grondvogpeil waarby die druk toegepas is. Daar is gevind dat die grondsterkte van die bogrond 'n invloed het op die grondsterkte van die ondergrond.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/7980
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback