Effects of sun-dried Opuntia ficus-indica cladodes on digestive processes in sheep
Abstract
English: The effects of incremental inclusion levels (0, 24, and 36%) of sun-dried and coarsely ground
Opuntia cladodes in balanced sheep diets on certain aspects of the digestive processes were
investigated in sheep. The treatment diets (TO, T24 and T36) comprised respectively (air dry
basis) 0, 240 and 360 g/kg sun-dried, coarsely ground Opuntia; 660, 410 and 285 g/kg
coarsely ground lucerne hay; 300 g/kg yellow maize meal; 0, 10 and 15 g/kg feed grade urea;
and 40 g/kg molasses meal. Eighteen seven month old Dorper wethers were randomly
divided and allocated according to body weight into three groups of six animals each. The
three groups were each fed one of the three treatment diets (TO, 1'24, or 1'36). The
experimental animals were housed indoors in individual metabolism crates and fed ad libitum
during the 7-day or 14-day trial periods. The feed and water intake, urine and faeces
excretion, as well as the apparent digestibility of the diets and specific nutrients were
evaluated and compared. At the end of the 7-day trial period a random selection of nine
animals, three wethers from each treatment diet, were slaughtered. The other nine animals
were slaughtered at the end of the 14-day trial period. The GIT (gastrointestinal tract) of each
wether was carefully removed and dissected. Samples of digesta contents and also intestinal
tissue from different sections of the GIT were collected and analyzed.
In general, incremental inclusion of Opuntia cladodes to a level of 36% in the diets for
Dorper wethers resulted in small decreases of OM, CP and GE of the diets and a considerable
drop in the ADF and NDF fractions of the feed. Although the EE content of diets was small,
inclusion of sun-dried and coarsely ground Opuntia cladodes at these levels increased the
lipid content. The results obtained in this present study concur with the general
recommendation to add protein (including NPN) and energy sources to sheep diets with high
inclusion levels of sun-dried and coarsely ground Opuntia cladodes.
The inclusion of sun-dried and coarsely ground Opuntia cladodes at 24 and 36% levels as
partial substitution of lucerne hay in diets of Dorper wethers had no adverse effects on feed
intake during the 14-day period of the feeding trial. The feed intake of the Dorper wethers
tended to increase with incremental inclusion levels of Opuntia cladodes in the diets,
especially during the 14-day trial period. This suggested that incremental levels of sun-dried
and coarsely ground Opuntia cladodes up to a level of 36% did not affect the acceptability of
the diets for Dorper wethers negatively and may even improve the acceptability of the diets.
The voluntary daily water intake and urine excretion of the Dorper wethers increased with the
incremental inclusion of sun-dried and coarsely ground Opuntia cladodes up to a level of
36% in the diet. Although these differences were negligible during the :first 7-day trial period,
the differences were more evident during the 14-day trial period. The Dorper wethers fed on a
diet with 36% sun-dried and coarsely ground Opuntia cladodes drank on average about 1 100
ml/day more water and produced 237 ml urine/day, than those fed the control diet (TO)
without Opuntia cladodes. This suggested that a substantial part of the induced higher water
intake was secreted via another route, namely through the faeces. The faeces excreted by
Dorper wethers fed on diets containing Opuntia cladodes were softer in consistency and
contained visibly more water than those produced by animals feel on the control diet without
Opuntia cladodes.
The daily nutrient intake of DM, CP, GE, and OM was not affected by the inclusion of
Opuntia cladodes in the diet, but the intake of ADF and NDF tended to decrease with
incremental levels of Opuntia cladodes and the concomitant reduction of lucerne hay in the
diet. It is important to note the increases in apparent digestibility of the DM, CP, and lipids of
the diet as the inclusion levels of Opuntia cladodes increase to a 36% inclusion level.
The chemical composition of the digesta collected from different parts of the GIT of Dorper
wethers fed on the three experimental diets appears not have been changed by the inclusion
of sun-dried and coarsely ground Opuntia cladodes up to a level of 36% of the diet. Most
changes that were observed at the end of the first 7-day trial period of the study occurred in
the reticule-rumen, omasum and in the lower GIT (colon and rectum). The inclusion of
Opuntia cladodes to a level of 36% in the diet had a positive increasing effect on CP while
the ADF content of the digesta was reduced. Very little changes were noted in the digesta
contents of the small intestine.
The histological results showed no visible pathologic alterations in the mucosa of the GIT of
Dorper wethers when ingesting sun-dried and coarsely ground Opuntia cladodes to a level of
36% in diets for a period of 14 days. Therefore, the reasons and mechanism whereby wet
faeces are produced when sheep is fed diets containing considerable amounts of sun-dried
and coarsely ground Opuntia cladodes were not histological demonstrable.
Based on the results of this study, it is concluded that inclusion of sun-dried and coarsely
ground Opuntia cladodes as partial substitution of lucerne in balanced sheep diets has no
detrimental effects at a 36% inclusion level. No detrimental effects were observed in feed
intake, apparent digestibility, and histological characteristics of the GIT mucosa of young
Dorper wethers.
Further research is needed to establish the optimum inclusion level of sun-dried and coarsely
ground Opuntia cladodes in the diet of different ruminant species. It is also important to
further investigate the effects of Opuntia cladodes in ruminant diets on the digestive
processes and especially also on the renal functions. The physiological and/or biochemical
mechanisms (enteric secretion and/or absorptive alterations) responsible for the production of
wet faeces in ruminants ingesting considerable amounts of Opuntia cladodes require further
investigation. Afrikaans: Die invloed van toenemende insluitingspeile (0, 24, en 36%) van songedroogde en
grofgemaalde Opuntia kladodes in gebalanseerde skaapdiëte op sekere aspekte van die
verteringsprosesse is by skape ondersoek. Die behandelingsdiëte (TO, T24, en T36) het
onderskeidelik bestaan uit (lugdroë basis) 0, 240 en 360 g/kg songedroogde en grofgemaalde
Opuntia kladodes; 660, 410 en 285 g/kg grofgemaalde lusernhooi; 300 g/kg geel mieliemeel;
0, 10 en 15 g/kg voergraad ureum; en 40 g/kg molassemeel. Agtien sewe maande oud Dorper
hamels is ewekansig verdeel en volgens liggaamsmassa toegeken aan drie groepe van ses
diere elk. Die drie groepe is elk een van die drie behandelingsdiëte (TO, T24, of T36) gevoer.
Die proefdiere is binnenshuis in indiwiduele metabolismekratte gehuisves en ad libitum
gevoer tydens die 7-dag of 14-dag proefperiodes. Die voer- en waterinname, urine en
misuitskeiding asook die skynbare verteerbaarheid van die diëte en spesifieke voedingstowwe
is evalueer en vergelyk. Aan die einde van die 7-dag proefperiode is 'n ewekansige groep van
nege diere, drie per behandelingsdieet, geslag. Die ander nege diere is aan die einde van die
14-dag proefperiode geslag. Die dermkanaal van elke hamel is versigtig verwyder en
gedissekteer. Monsters van die derminhoud, asook weefselsnitte uit die verskillende dele van
die dermkanaal, is versamel en ontleed.
In die algemeen het toenemende insluitingspeile van Opuntia kladodes tot 'n peil van 36% in
die dieet van Dorperhamels klein afnames in OM, RP en BE tot gevolg gehad en 'n
aansienlike afname in die ADF en NDF fraksies van die voer. Alhoewel die EE inhoud van
die diëte klein was, het insluiting van songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes die
inhoud van lipiede verhoog. Die resultate van die studie stem ooreen met die algemene
aanbeveling dat proteïen- (insluitend NPN) en energiebronne toegevoeg moet word in
skaapdiëte met groot insluitingspeile van songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes.
Die insluiting van songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes teen peile van 24% en
36% as gedeeltelike vervanging van lusernhooi in diëte van Dorperhamels het geen nadelige
effek gehad op voerinname gedurende die 14-dag periode van die voedingsproef. Die
voennname van die Dorperhamels het geneig om toe te neem met toenemende
insluitingspeile van Opuntia kladodes in die diëte, veral gedurende die 14-dag proefperiode.
Toenemende peile van songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes tot 36% het nie die
aanvaarbaarheid van die diëte vir Dorperhamels negatief beïnvloed nie en mag dit selfs
verbeter.
Die daaglikse waterinname en uitskeiding van uriene deur die Dorperhamels het gestyg met
toenemende insluiting van songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes tot 'n peil van
36% in die dieet. Alhoewel die verskille klein was gedurende die eerste 7-dag proefperiode,
was die verskille meer opvallend gedurende die 14-dag proefperiode. Die Dorperhamels wat
'n dieet met 36% songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes gevreet het, het sowat 1
100 ml/dag meer water gedrink maar slegs 237 ml urine/dag meer gelewer as die hamels wat
die kontrole dieet (TO) sonder Opuntia kladodes gevreet het. Dit dui daarop dat' n aansienlike
deel van die geinduseerde groter waterinname deur 'n ander weg as die urine uitgeskei is,
naamlik deur die mis. Die mis wat deur die Dorperhamels uitgeskei is op die diëte wat
Opuntia kladodes bevat het, was papper en het sigbaar meer water bevat as die van hamels
wat nie Opuntia kladodes ingeneem het nie.
Die daaglikse inname van DM, RP, BE, en OM is me verander deur die insluiting van
Opuntia kladodes in die dieet nie, maar die inname van ADF en NDF het geneig 0111 te daal
met toenemende insluitingspeile van Opuntia kladodes in ooreenstemming met die
vermindering van lusernhooi in die dieet. Dit is belangrik om te let op die verbetering in
skynbare verteerbaarheid van die DM, RP, en lipiede in die dieet met toenemende insluiting
van Opuntia kladodes tot op 36%.
Die chemiese samestelling van die derminhoud wat uit verskillende dele van die dermkanaal
van die Dorperhamels op die drie proefdiëte versamel is, is skynbaar nie deur die insluiting
van songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes tot 36% van die dieet verander nie.
Meeste van die verskille wat waargeneem is aan die einde van die eerste 7-dag proefperiode
het voorgekom in die retikulo-rumen, omasum en die laer dermkanaal (kolon en rektum). Die
insluiting van Opuntia kladodes tot 'n vlak van 36% in die dieet het 'n positiewe verhogende
effek op die RP gehad, terwyl die ADF van die derminhoud gedaal het. Geringe veranderinge
is waargeneem in die derminhoud van die dunderm.
Die histologiese evaluering het geen waarneembare patologiese veranderinge getoon in die
slymvlies van die dermkanaal van Dorperhamels wat songedroogde en grofgemaalde Opuntia
kladodes tot 36% van die dieet oor 'n periode van 14 dae gevreet het. Derhalwe kon die redes
en meganismes hoe nat mis deur skape gelewer word wanneer aansienlike hoeveelhede
songedroogde en grofgemaalde Opuntia kladodes vreet, nie histologies demonstreer word
nie.
Volgens die resultate van die studie is afgelei dat die insluiting van songedroogde en
grofgemaalde Opuntia kladodes tot op 36% ter gedeeltelike vervanging van lusernhooi in
gebalanseerde skaapdiëte nie nadelige effekte gelewer het nie. Geen nadelige effek is op
voerinname, skynbare verteerbaarheid, en histologiese eienskappe van die slymvliese in die
dermkanaal van jong Dorperhamels waargeneem nie.
Verdere navorsing word benodig om die optimum insluitingsvlak van songedroogde en
grofgemaalde Opuntia kladodes in diëte van verskillende herkouerspesies vas te stel. Dit is
ook belangrik om verder ondersoek in te stel na die invloed van Opuntia kladodes in
herkouerdiëte op verteringsprosesse en veralook die nierfunksies. Die fisiologiese en/of
biochemiese meganismes (enteriese sekresie en/of verandering in absorpsie) wat
verantwoordelik is vir die produksie van nat mis in herkouers wat aansienlike hoeveelhede
Opuntia kladodes inneem, moet verdere aandag verdien.