Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Heerden, C.
dc.contributor.authorAskes, Hendrik
dc.date.accessioned2018-02-08T10:12:51Z
dc.date.available2018-02-08T10:12:51Z
dc.date.issued1979-12
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7792
dc.description.abstractAfrikaans: Die belangrikheid van hierdie studie lê daarin dat ‘n poging aangewend is om die kloof te probeer oorbrug tussen die taalwetenskap en T2-onderrig, an die insigte van die studie op die taalonderrigsituasie toe te pas en ‘n onderrigmetode daarop te fundeer. Hoewel daar baie navorsing bestaan, is die resultate nog baie min in die lig van die praktiese klaskamer beoordeel. Dié probleem het ontstaan omdat die taalwetenskaplike van ons tyd selde ook meester is van die vakmetodieken onderrigsituasie en omgekeerd is die goeie onderwysman selde ‘n deskundige op die gebied van die modernetaalwetenskap. Daar is in hierdie studie soos volg te werk gegaan. Die agtergrond van die onderskeie terreine van die linguistiek en die toegepaste linguistiek is geskets asook die plek van taalonderrig daarin. Die bespreking van die ouer linguistiek en die tradisionele grammatika, die strukturele benadering, die transformasionele generatiewe grarmatika en taalvenrerwing by die kind, vorm die kern van hierdie studie. Daar is vasgestel dat die onderrig van Grieks en Latyn ‘n definitiewe stempel geplaas het op die destydse onderrig van die vrearde tale. Dis op dieselfde streng, fomele wyse onderrig en as ‘n intellektuele oefening beskou sonder om met die gesproke taal en kommunikatiewe vaardighede rekening te hou. Daar gaan nou baie stemme op wat verandering bepleit en linguiste kom in verset teen die formele benadering tot grammatika. Die bestudering van die alledaagse spreektaal in volledige sinne en die vennyding van die gebruik van die Tl by die onderrig van 'n vreemde taal word bepleit. Daar moet in die taal en nie oor die taal geleer word nie. Verder is breedvoerig aandag bestee aan die onderskeie rigtings soos die deskriptiewe fonetiek van o.a. Sweet en die bydraes van verskeie linguiste/taalonderwysers soos Jesperson, Pa1mer, Bloomfield, Fries e.a. is bespreek. Omdat die taalwetenskaplike van hierdie tyd taalwetenskaplike sowel as praktiese taalonderwyser was, het die invloed van hul werk deurgedring tot die praktiese klaskamersituasie. Die histories-vergelykende tydperk in die taalwetenskap is ook bespreek, maar daar is nie veel vrugbare toepassings vir taalonderrig nie. Hierna volg ‘n bespreking van die twintigste eeuse strukturele linguistiek met as belangrikste figuur De Saussure. Die aandag word gevestig op die onderskeid wat hy tref tussen langue en parole en diachroniese en sinchroniese taalstudie. Ormdat die strukturalisme die klem laat val op die mondelinge, alledaagse taalgebruik (parole/performance), is die invloed op die praktiese taalonderrigsituasie fenomenaal. Die Amerikaanse oudiolinguale leërkursus behaal groot sukses, maar dis vir die gewone skool onprakties. Persone wat hier 'n groot rol gespeel het, is Bloomfield, Fries, Brooks, Skinner en ander. Die groot bydrae van die strukturele linguistiek vir taalonderrig is dat dit die taalonderwyser se oë oopqemaak het vir die strukturele in taal, die onderliggende sisteem. Verskeie aspekte van die TGG is ook bespreek. Volgens Chomsky is taalgedrag nie met behulp van Skinner se behavioristiese leerteorie te verklaar nie. Chomsky beklemtoon die kognitiewe prosesse van leer en die kreatiewe, aangebore vermoë van die kind an taal te genereer. Chomsky het die oë oopqernaak vir die kreatiewe vennoë van die kind en op grond hiervan kritiseer hy heelpartyaspekte van die oudiolinguale metode van taalonderrig. Wat die studie van taalverwerwing betref, is die onderskeie sienings van hoe 'n kind sy T1 verwerf, bespreek. Die resultate van navorsers is bestudeer en dit blyk dat veral die studie van taalverwerwing baie insigte toon waarmee die T2-onderwyserrekening behoort te hou. Aspekte soos motivering, die rol van die onderwyser, verskille tussen TI- en T2-verwerwing, die kreatiewe venroë van die kind, wanneer 'n kind sy T2 moet begin leer, ens. Word nog dikwels nie in aanmerking geneemby die aanleer van 'n T2 nie. Die slotsom waartoe in hierdie studie in die lig van die linguistiek gekan word, is dat wat T2-onderrig betref, 'n eklektiese benadering 'n gesonde balans sal wees - 'n sogenaamde Multiple Line of Approach - soos Palmer dit noem. Die klem moet verskuif van 'n onderwyser-gesentreerde onderrig na dié waar die leerling sentraal staan en kan leer. Daar is plek vir 'n kognitiewe, behavioristiese taalaanleerteorie en -strategie. Die insigte wat met hierdie studie verkry is, het verder ook iets te sê vir die beplanning van 'n sillabus, die skryf van taalboeke en lesbeplanning in die T2.en_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectThesis ( D.Litt. (Afrikaans and Dutch))--University of the Free State, 1979en_ZA
dc.subjectLinguisticsen_ZA
dc.subjectLanguage and languages -- Study and teachingen_ZA
dc.subjectLanguages, Modern -- Study and teachingen_ZA
dc.titleRigtings in die taalwetenskap en die insigte wat hulle gebring het vir tweedetaalonderrig: 'n poging tot 'n sinteseen_ZA
dc.typeThesisen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record