dc.contributor.advisor | Du Toit, S. H. J. | |
dc.contributor.advisor | Van Heerden, S. M. | |
dc.contributor.author | Kotze, Corne | |
dc.date.accessioned | 2018-01-18T09:35:01Z | |
dc.date.available | 2018-01-18T09:35:01Z | |
dc.date.issued | 2012-07 | |
dc.identifier.uri | http://hdl.handle.net/11660/7623 | |
dc.description.abstract | English: Advanced dementia is a very complex condition and requires that caregivers
be equipped to administer care successfully. Therefore, quality of life (QoL)
for persons with dementia in long-term care facilities relies heavily on the
knowledge, skills and attitudes of caregivers who spend the majority of
time with these residents. Although various professional bodies all over the
world encourage person-centred care, (i.e. promoting the focus on the resident
with dementia as a unique individual), most residential care facilities in the
South African context still measure QoL as a list of completed tasks at the
end of the day. Therefore, the caregivers’ understanding and application of a
person- centred care approach needed careful consideration. Due to the fact
that consultant occupational therapists who designed individualised personcentred
care programs for residents with dementia depends on the caregivers
to implement these programs, a study was undertaken to describe and
explore caregivers’ perceptions of QoL, person-centred care and occupational
engagement for residents with dementia.
A triangulation, mixed methods design was applied with a comprehensive
sample of full-time caregivers employed at a residential care home (RCH) in
Bloemfontein. The researcher specifically chose this approach with interview
schedules (qualitative findings) and structured questionnaires (quantitative
results). Qualitative findings were compared and contrasted with quantitative
results in order to verify similarities and to identify discrepancies between
the two data sets. Literature was also consulted to support similarities and
discrepancies. The mixed methods triangulation design, therefore,
contributed to the trustworthiness of the study.
Results and findings indicated that personal and organisational factors had
a major impact on the perspectives of the caregivers. The caregivers were
mostly conditioned to operate within an approach associated with meeting
the physiological needs of the residents and addressed individualised care as
a list of separate chores associated with each resident. One of the reasons
supporting a more physiological approach is the organisational culture found in units where care is provided for persons with dementia. It was also evident
that if person-centred care could be experienced by caregivers as receivers
(employees of an organisation), it might enable them to embrace the
personal perspectives and needs of each resident individually.
Personal factors that impacted the perspectives of the caregivers were their
home circumstances, the general public opinion and the relationship between
them and the family of residents. It appeared that stress factors
associated with their home circumstances further aggravated the burden of
care at work, negatively impacting person-centred care. The general public
opinion was led by ageism, which emphasised the low status of their job as
caregivers. Lastly, the relationship between the caregivers and family of the
residents was guided by misunderstandings, unrealistic expectations and role
confusion between these two stakeholders. The caregivers were guided by
the priorities of the family which were, similar to those of the organisation,
focused on physiological care associated with the traditional model, rather
than person-centred care.
The value of the study is that it indicated that a culture change towards
care would be beneficial to the organisation at every level. A move away
from the traditional medical-focused care approach could provide new
opportunities for growth and development. This implies that the personhood
and dignity of every employee and resident could be promoted, leading to a
life worth living. | en_ZA |
dc.description.abstract | Afrikaans: Gevorderde demensie is ʼn hoogs komplekse toestand wat vereis dat
versorgers genoegsaam toegerus moet wees om sorg suksesvol toe te
dien. Lewensgehalte vir diegene met demensie in
langtermynversorgingsinstansies berus dus grootliks op die kennis,
vaardighede en houdings van versorgers wat meestal by hierdie inwoners is.
Hoewel verskeie professionele rade wêreldwyd persoongerigte sorg (met die
klem op die persoon met demensie as ʼn unieke individu) aanmoedig,
beskou die meeste residensiële versorgingsinstansies in Suid-Afrika steeds
lewensgehalte as ʼn lys voltooide take aan die einde van ʼn dag. Versorgers
se begrip en toepassing van ʼn persoongerigte sorgbenadering het hiervolgens
dus oorweging vereis. Aangesien raadgewende arbeidsterapeute wat
individuele, persoongerigte sorgprogramme vir inwoners met demensie
ontwerp, van versorgers afhanklik is om die programme te implementeer, is ʼn
studie onderneem om versorgers se persepsies rakende lewensgehalte,
persoongerigte sorg en die werksbetrokkenheid van inwoners met
demensie te ondersoek.
ʼn Gemengde triangulasie metode is toegepas op ʼn omvattende steekproef
voltydse versorgers in diens van ʼn residensiële versorgingsinstansie in
Bloemfontein. Die navorser het spesifiek hierdie benadering met
onderhoudskedules (kwalitatiewe bevindinge) en gestruktureerde vraelyste
(kwantitatiewe resultate) gekies. Kwalitatiewe bevindinge is met
kwantitatiewe resultate vergelyk om ooreenkomste tussen die twee stelle
data te bevestig en verskille te identifiseer. Die ontwerp het dus tot die
betroubaarheid van die studie bygedra.
Die resultate en bevindinge dui daarop dat persoonlike en organisatoriese
faktore ʼn wesentlike invloed op die perspektiewe van die versorgers het. Die
versorgers is grootliks gekondisioneer om ʼn benadering te volg wat
daarop gerig is om aan die fisiologiese behoeftes van die inwoners te
voldoen en sorg te beskou as ʼn lys afsonderlike take ten opsigte van elke
inwoner. Een van die redes vir ʼn oorwegend fisiologiese benadering is die organisatoriese kultuur in eenhede waar sorg voorsien word aan persone
met demensie. Dit blyk dat indien persoongerigte sorg deur versorgers as
ontvangers (werknemers van ʼn maatskappy) ervaar kan word, dit hulle dalk in
staat kan stel om die persoonlike perspektiewe en behoeftes van elke
individuele inwoner aan te gryp.
Persoonlike faktore wat die perspektiewe van die versorgers beïnvloed het,
sluit in hulle huislike omstandighede, die algemene openbare mening en die
verhouding tussen hulle en die inwoners se gesin of familie. Dit blyk dat
stres tuis die versorg-las by die werk vererger en persoongerigte sorg negatief
beïnvloed. Die algemene openbare mening is deur ouderdomsdiskriminasie
gevorm en beklemtoon die lae status van die versorgers se werk.
Die verhouding tussen die versorgers en die inwoners se gesin/familie is deur
misverstande, onrealistiese verwagtinge en rolverwarring tussen die twee
groepe belanghebbendes versuur. Die versorgers is gerig deur die
prioriteite van die familie – wat ooreenstem met die organisasie se fokus op
fisiologiese sorg, wat weer met die tradisionele model eerder as
persoongerigte sorg verband hou.
Die waarde van die studie is daarin geleë dat dit aandui dat ʼn
kultuurverandering ten opsigte van sorg op alle vlakke van die organisasie
voordelig sal wees. ʼn Skuif vanaf die tradisionele, mediesgerigte
sorgbenadering kan nuwe groei- en ontwikkelingsmoontlikhede inhou. Dit
beteken dat die individualiteit en waardigheid van elke werknemer en
inwoner verbeter kan word en volwaardige, kwaliteit lewens tot gevolg kan hê. | af |
dc.language.iso | en | en_ZA |
dc.publisher | University of the Free State | en_ZA |
dc.subject | Dementia | en_ZA |
dc.subject | Dementia -- Patients -- Care | en_ZA |
dc.subject | Quality of life | en_ZA |
dc.subject | Caregivers | en_ZA |
dc.subject | Dissertation (M.Occupational Therapy (Occupational Therapy))--University of the Free State, 2012 | en_ZA |
dc.title | Quality of life and occupation for people with dementia: the perception of caregivers | en_ZA |
dc.type | Dissertation | en_ZA |
dc.rights.holder | University of the Free State | en_ZA |