Show simple item record

dc.contributor.authorVan der Westhuizen, Willem Andries
dc.date.accessioned2017-10-23T06:12:25Z
dc.date.available2017-10-23T06:12:25Z
dc.date.issued1977
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7326
dc.description.abstractDie geologiese geskiedenis van die gebied was kompleks en word gekenmerk deur verskeie diskordansies en klinodiskondansies asook vulkanisme, vervorming, metamorfose en vergletsering. Die oudste gesteentetipe is die Welgevondengraniet, 'n horst, wat as vloer beskou word. In die noordoostelike hoek van die gebied dagsoom dolomiet; kalksteen en gestreepte ysterformasie van die Sisteem Transvaal. Wes van die Doornberglineament dagsoom gesteentes bestaande uit arkoose, lawa, kalksteen en gestreepte ysterformasie wat vroeër as 'n gedeelte van die Serie Marydale beskou was, maar wat nou die Soetvleiformasie genoem word, en wat 'n ouderdom vergelykbaar met die Transvaalgesteentes het. Die geochemie van die Soetvleilawas dui 'n tholeiïetiese basaltiese samestelling aan. Die lae van die Sisteem Transvaal knyp uit teen die Welgevondengraniet en gevolglik kan die Welgevondengraniet as ‘n gedeelt e van die westelike grens van die Transvaalkom beskou word, of dit kan in hoog in die. Transvaalkom wees met 'n laterale variasie in die litologie wes van die hoog af. Wes van die Welgevondengraniet is daar 'n dik opeenvolging van metapelitiese gesteentes bestaande uit kwartsiete, gneise en amfiboliete wat met die Matsap/Kheis gekorreleer word. Die graad van metamorfose is egter eerder vergelykbaar met dié van die Namakwalandse Mobiele Gordel as met die Kheis- of Matsapdomein verder noord. Die gesteentes het drie hoofperiodes van vervorming ondergaan waarvan die eerste twee isoklinaal ko-aksiaal was, met ‘n noord-noordwestelike strekking, gevolg deur 'n periode van oopplooiing loodreg op die b-plooias van die eerste twee periodes van vervorming. Hierdie laaste periode van plooiing het koepel-en-kom strukture tot gevolg gehad. Die gesteentes wes van die Doornberglineament was aan verskeie temperatuur- en druktoestande blootgestel en gevolglik kan twee isograde deur die gebied getrek word. Daar is 'n toename in graad van metamorfose van oos na wes en die metamorfe gebiede bestaan uit baie laegraadse-, laegraadse- en 'n medium- tot hoëgraadse area. Na die tydperke waartydens vervorming en metamorfose plaasgevind het, het 'n glasiale periode begin waartydens die Serie Dwyka afgeset is. Uit die voorkoms van halietkristalle in die Étage Bo-Dwykaskalies kan afgelei word dat die afsetting van dié Serie onder vlakwatertoestande plaasgevind het en nie in 'n relatief diep see soos aanvanklik vermoed is nie. Na die afsetting van die Karoosuksessie het doleriet, en nog later, kimberliet die Karoogesteentes binnegedring. Die Karoogesteentes word grootliks deur resente materiaal soos kalkreet, sand en grond bedek. Ondergrondse water is geassosieer met verskuiwings en lineêre strukture en goeie lewerings kom voor. Geormorfologies bestaan die gebied uit groot vlaktes met inselberge. Die vernaamste erosiesiklusse was die Afrika- en na—Afrikasiklusse.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectGeologyen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc. (Geology))--University of the Free State, 1977en_ZA
dc.titleDie geologie van die gebied Poortjie 3022B in die distrikte Britstown, Carnarvon, Prieska en Victoria-Wes, Noord-Kaaplandaf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record