The effectiveness of group skills training for women with borderline personality disorder
Abstract
English: From the available literature, it is a well-known fact that individuals with
Borderline Personality Disorder (BPD) are particularly difficult to treat and
represent a true challenge to the motivation of any clinician or therapist. With
this in mind and also taking into consideration the prevailing negative attitude
toward borderline individuals, Linehan lay the grounds for Dialectical Behaviour
Therapy (DBT) in the early 1980's. She proposed a treatment approach that
would help alleviate the pain experienced by borderline individuals, promote the
learning of vital behavioural and problem solving skills, and provide a supportive
and encouraging environment. At the same time the emotional resources of the
therapist would also be safeguarded. DBT is presently an empirically
researched treatment approach that delivers highly satisfactory results and is
also being used in the treatment of other major disorders. The goal of this study is to determine whether DBT group skills training is
effective in improving the self esteem and reducing specific problematic
behaviours - impulsivity and self-destructiveness - of women with a diagnosis
of BPD in an inpatient setting. The following hypothesis has been formulated:
Female patients diagnosed with BPD and having participated in DBT
group skills training are more likely to demonstrate improved selfesteem,
diminished self-destructiveness and lower impulsivity than
female BPD patients not having participated in DBT group skills
training. A study of BPD is made in order to understand the complexities underlying the
disorder. The most common therapeutic approaches to the treatment of BPD
are outlined and reviewed in order to highlight the weight DBT brings to the field
as an empirically researched therapy. The theoretical framework of DBT is
discussed in depth in order to understand the rationale of the group skills
training and to underline the impact a shift in paradigm can have in therapeutic outcomes. Finally, the targeted behaviours of the study are discussed as core
aspects of BPD
The research methodology and the results are described. A total of 40
inpatients of Tara Hospital, Johannesburg, participated in the research. The
above stated hypothesis was investigated by means of the Hotelling T2-test to
determine whether there were significant differences between the experimental
group and the control group with respect to the four dependent variables - selfesteem,
self-destructiveness, impulsive urge, impulsive action - at the three
evaluation times - admission, discharge, one-month follow-up. Significant
differences between the groups were only found at the one-month follow-up
evaluation and these were then further analysed by means of the t-test for
independent groups. The results of the study indicated that, although individuals from both groups
showed improved symptoms at the time of their discharge, only those who
participated in the DBT group skills training were able to maintain the
improvements over a one-month period. Thus, it can be concluded that DBT
was more effective than the general ward program in targeting the specific
problems afflicting the borderline individuals and in offering the appropriate
skills to deal with such problems.
If borderline individuals are equipped with better skills to effectively deal with
and control their self-destructive and impulsive inclinations, then the therapists'
emotional resources will not be continuously drained and thus motivation and
willingness to work with borderline individuals will increase. Also, with effective
treatment, medical costs will also be reduced.
In conclusion, this study has shown the importance and necessity of further
research on BPD in South Africa, as there appears to be a lack of local
information and data on this population group. Afrikaans: Uit beskikbare letteratuur blyk dit dat individuele met Grenpersoonlikheidversteuring
(GPV) besonder moeilik is om te behandel en dus ware uitdagings
tot die motivering van enige klinikus of terapeut rig. Met bogenoemde in
gedagte en teen die agtergrond van die negatiewe sentiment rondom persone
met Grenspersoonlikheid-versteurings, lê Linehan die grondslag vir Dialektiese
Gedrags Terapie (DGT) in die vroeë 1980's. Sy stel 'n benadering voor wat
poog om die pyn wat deur hierdie groep pasiënte ervaar word, te verlig, die
aanleer van belangrike gedrags- en probleemoplossingsvaardighede te
fasiliteer en wat 'n ondersteunende en aanmoedigende klimaat vir behandeling
sal bevorder. Ter selfde tyd, word die emosionele hulpbronne van die terapeut
ook hierdeur beskerm. DGT is 'n empiriese nagevorsde benadering wat hoogs
bevredigende resultate lewer en ook gebruik word in die behandeling van ander
groepe sielkundige versteurings. Die doel van die studie is om vas te stelof DGT-groepopleiding effektief is vir
die bevordering van selfvertroue en die vermindering van spesifieke
problematiese gedragsimptome - impulsiewieteit en selfvernietiging - by
vrouens wat gediagnoseer is met (GPV) in 'n binnepasiënt omgewing. Die
volgende hipotese is geformuleer:
Vroulike pasiënte wat gediagnoseer is met GPV en wat deelgeneem het
aan DGT-groepvaardigheidsopleiding sal meer waarskynlik verbeterde
selfvertroue, verminderde self-vernietining en laer impulsiwiteit toon as
vroulike pasiënte wat met GPV gediagnoseer is en nie aan die DGTgroepvaardigheidsopleiding
deelgeneem het nie.
'n Studie van GPV word gemaak met die doeI om die kompleksiteit
onderliggend aan die versteuring te begrens. Die mees algemene terapeutiese
benaderings vir die behandeling van GPV word ook uitgelig ten einde die
bydrae wat deur DGT in hierdie verband gelewer word, te bepaal en die
empiriese navorsing wat hierdie bydrae ondersteun of weerlê, te rapporteer. Die teoretiese raamwerk van DGT is bespreek ten einde die rasionaal van die
groepvaardigheidsopleiding te begryp en om die impak van 'n DGTparadigmaskuif
op terapeutiese uitkomste uit te lig. Ten slotte word die
teikengedrag van die studie bespreek as sleutel aspekte van GPV.
In totaal het 40 pasiënte van Tara Hospitaal in Johannesburg aan die navorsing
deelgeneem. Die navorsingshipoteses is ondersoek deur middel van die
Hotelling T2 toets om vas te stelof daar 'n betekenisvolle verskil was tussen die
eksperimentele groep en die kontrolegroep betreffende die vier afhanklike
veranderlikes - selfvertroue, self-vernietiging, impulsiewe gedrag, impulsiewe
aksie - ten tye van drie evalueringstye naamlik by opname, met ontslag en 'n
maand na ontslag. Betekenisvolle verskille tussen die groepe is gevind met die
een- maand opvolg. Hierdie versklille is verder ontleed met behulp van die die
t-toets vir onafhanklike groepe. Die resultate van hierdie studie dui daarop dat, alhoewel individue in beide die
eksperimentele en kontolegroepe verbeterde simptome getoon het ten tye van
ontslag, het slegs proefpersone in die eksperimentele groep daarin geslaag om
hierdie vordering vol te hou na 'n een-maand periode. Daar kan dus tot die
gevolgtrekking gekom word dat DGT meer effektief was as die algemene
saalprogam om die spesifieke probleme wat grenslyn individue affekteer aan te
spreek soos gemeet een-maand na ontslag.
Dit wil dus voorkom asof die grenslyn individue wat toegerus word met
verbeterde vaardighede om kontrole uit te oefen oor selfvernietiging en
impulsiewe gedrag in 'n mindere mate die terapeut emosioneel dreineer wat die
terapeut laat met verhoogde motiveringsvlakke om hulp aan die individu te bied.
Ten slotte het die studie die leemtes in navorsing oor GPV in Suid-Afrika
uitgewys en die belangrikheid en noodsaaklikheid van verdere navorsing in
hierdie verband onderstreep.