‘Die wêreld se toomlose onderstebokeer-passie’ — die boerehuis, arbeid en etniese mobilisasie in Bywoners (1919) van Jochem van Bruggen
Abstract
English: As brief as a novella, and published years before D F Malherbe’s Die meulenaar (1926) and C M van den Heever’s Op die plaas (1927) — generally cited as the first Afrikaans pastoral novels — Bywoners (1919) by Jochem van Bruggen nevertheless shares many of the characteristics of the pastoral novel. This article focuses on Van Bruggen’s portrayal of the milieu: the representation of the farmhouses of the time and the spatial situation of houses and other farm buildings. It demonstrates that both this portrayal and its socio-critical implications are firmly anchored in the narrative. The depiction of labour and ethnic mobilisation is also examined in this regard. In conclusion, it is argued that Van Bruggen’s socio-critical and hence didactic objective in writing Bywoners was to effect a change in the mentality of the impoverished Afrikaners of his day. Afrikaans: Bywoners(1919) deur Jochem van Brugen toon heelparty tematiese kenmerke van die plaasroman, hoewel dit novelle-agtig kort is en ’n hele paar jaar vroeër verskyn het as D F Malherbe se Die Meulenaar (1926) en C M van den Heever se Op die plaas (1927) — twee werke wat in een asem genoem word as daar sprake is van die eerste Afrikaanse plaasromans. In die artikel word veral gekonsentreer op die ruimtebeelding in Bywoners: die manier waarop destydse boerewonings voorgestel is; die ruimtelike plasing van huise en opstalle; die verankering van hierdie uitbeelding asook die sosiaal-kritiese implikasies daarvan in die verhaalopset. Die uitbeelding van arbeid en etniese mobilisasie kry bykomend in hierdie verband aandag. As slotargument word aangevoer dat Van Bruggen se sosiaal-kritiese en gevolglik didaktiese oogmerke met Bywoners spesifiek gemik was op die verandering van die geestesgesteldheid van die verarmde Afrikaners van sy tyd.