Basic concepts and the interconnection between academic disciplines
Abstract
English: The differentiation and specialisation of academic disciplines may create the impression
that the various academic disciplines are not truly related. Yet a thorough analysis of the
basic concepts employed within these disciplines points toward a particularly intimate
and fundamental coherence among the various disciplines. This connectedness, however,
does not concern scholarly theories as such in the first place, but rather the ontic status
of the aspects of reality which delineate the fields of investigation of these disciplines.
These aspects are mutually related in a web of inter-aspectual coherences, as reflected
in the basic (analogical) concepts of their respective academic disciplines. Afrikaans: Die differensiasie en spesialisasie van akademiese dissiplines mag die indruk wek dat
die verskillende vakwetenskappe nie werklik met mekaar verband hou nie. Nogtans belig
’n grondige analise van die basiese begrippe binne hierdie dissiplines die besonder
intieme en fundamentele samehang tussen hulle. Nietemin het hierdie verbondenheid
in die eerste plek nie betrekking op die wetenskaplike teorieë as sodanig nie,
maar op die ontiese status van die aspekte van die werklikheid wat die studiegebiede
van die dissiplines afbaken. Hierdie aspekte hou verband met mekaar binne ’n netwerk
van onderlinge verhoudinge tussen hierdie aspekte, soos gereflekteer in die (analogiese)
grondbegrippe van die onderskeie vakwetenskappe.