Religion, legal scholarship and higher education: perspectives for the South African context
Abstract
English: This article investigates the relationship between religion (in both the traditional and
the broader sense) and legal scholarship in South Africa, with special emphasis on the
nature of Faculties of Law and universities. The contemporary approach of legal scholarship
is overwhelmingly limited to the pragmatic and the empirical, and vehemently
in opposition to anything religious. This has dire implications for the accommodation
of religious views on reality, and particularly disadvantages adherents of religion
in the traditional sense. In this context, critical views on the LLB curriculum pertaining
to subject content are included. University education, being driven by commitments
and perspectives about mankind and about ultimates, including the accommodation
of religion (with specific reference to religion in the traditional sense), requires
freedom if it is to discover truth. This is especially true for the dissemination
of the law, and by implication for the humanities in general. Afrikaans: Hierdie artikel ondersoek die verhouding tussen godsdiens (in beide die tradisionele
en die wye sin) en regsgeleerdheid in Suid-Afrika, met spesifieke klem op die aard van
die Fakulteite van Regsgeleerdheid asook die universiteite. Die hedendaagse benadering
van regsgeleerdheid word grootliks beperk tot die pragmatiese en die empiriese, in sterk
opposisie met enige godsdiens. In hierdie opsig spruit daar kommerwekkende implikasies
rakende die akkomodering van godsdienstige werklikheidsperspektiewe en dit is veral
die aanhangers van godsdiens in die tradisionele sin wat gevolglik die onderspit delf. Veral
wat laasgenoemde betref word aspekte van vakinhoud in die LLB-program gekritiseer.
Onderwys, in ’n universiteitskonteks, vereis vryheid om die waarheid te ontdek, gedrewe
deur verbintenisse en perspektiewe omtrent die mensdom en wat fundamenteel is, ingeslote
die akkomodering van godsdiens, met spesifieke verwysing na godsdiens in die
tradisionele sin. Laasgenoemde insig het veral betrekking op onderwys in die reg en by
implikasie die geesteswetenskappe in die algemeen.