Pleknaamsverandering in Suid-Afrika: bevestiging van ANC mag, gesag, wettigheid en ‘selfrespek
Abstract
English: Power and authority appear to underlie changes in nomenclature resulting from a need to
assure and convince the supporters of a new rregime that names which previously symbolised
their oppression and domination have become unacceptable and must be replaced
by names suiting the ethos of the new, liberating dispensation. New symbols are generated
to ensure the acceptability of the new regime and to reflect the new collective values
and history which will be prioritised and considered to be of importance. The symbolism
underlying changes in nomenclature and the ANC’s realisation of the significance of renaming
form the main focus of this article, which is based mainly on newspaper sources.
Throughout South Africa the tangible symbolism of the success story of liberation may be
identified: in street names commemorating the “terrorists” of the previous era, in the decolonisation
of the names of provinces, and in other indisputable testimony that — by
means of changes in nomenclature, inter alia — this country has also finally become
inherently part of Africa. Afrikaans: Dit blyk dat mag en gesag ten grondslag lê van naamsverandering vanweë die noodsaak
om ’n nuwe bewind se ondersteuners te oortuig dat name wat hulle vroeëre onderdrukking
en oorheersing versimboliseer het, onaanvaarbaar geword het en deur die etos van die
nuwe bevrydende bewind vervang moet word. Nuwe simbole word gegenereer om die
aanvaarbaarheid van die nuwe bewind te verseker en weerspieël die nuwe kollektiewe
waardes en geskiedenis wat in die toekoms voorop gestel en as belangrik geag sal word.
Die simboliek van naamsverandering en die ANC se besef van die belangrikheid daarvan
word in hierdie artikel (sterk gebaseer op koerantnavorsing) sentraal gestel. Oral in
Suid-Afrika is die tasbare simboliek van die suksesverhaal van bevryding af te lees, die
verheerliking deur straatname van persoonlikhede wat die “terroriste” van die vorige
bewind was, die dekolonisering van provinsiale name en die onbetwisbare getuienis dat
Suid-Afrika ook deur sy naamgewing, uiteindelik ’n inherente deel van Afrika word.