Die aard en omvang van bullebakkery in skole: strategieë vir die voorkoming van die probleem
Abstract
English: It is a common misconception that bullying is part of the process of growing up.
Bullying, however, leads to violation of the victim’s human rights and has serious negative
consequences for his or her physical, emotional, social and educational wellbeing.
It is therefore imperative that ways and means be found to prevent bullying.
The aim and purpose of this article is to report on the experiences of a group of Free
State learners as victims, spectators and auditors of bullying. This will be done against
the background of a literature study. Cognisance will be taken of their strategies
concerning the prevention of bullying. The survey indicates that both direct and indirect
verbal bullying are a problem in Free State schools. Important elements in the
campaign against bullying include maintaining discipline; being conscious of the
nature and extent of bullying; establishing a culture of caring, and involvement on the
part of both learners and adults. Afrikaans: Daar bestaan ’n wanpersepsie dat bullebakkery deel van die grootwordproses is. Bullebakkery
lei egter tot die skending van die slagoffer se menseregte. Dit het ernstige
negatiewe gevolge vir die fisieke, emosionele, sosiale en opvoedkundige welstand van
die slagoffer. Dit is dus belangrik dat weë gevind moet word om bullebakkery te voorkom.
Die doel van hierdie artikel is om eerstens, teen die agtergrond van ’n literatuurstudie,
verslag te doen oor ’n groep Vrystaatse leerders se belewinge as slagoffers, toeskouers
en toehoorders van bullebakkery. Tweedens sal gelet word op hulle strategieë
oor hoe om bullebakkery te voorkom. Uit die ondersoek blyk dit dat veral direkte
en indirekte verbale bullebakkery ’n probleem in Vrystaatse skole is. Die handhawing
van dissipline, ’n bewustheid van die aard en omvang van die bullebakkery, die vestiging
van ’n omgeekultuur, asook leerder- en volwassenebetrokkenheid is belangrike
elemente in die stryd teen bullebakkery.