Communio sanctorum – gereformeerde kerkreg versus kerklike geskeidenheid:’n biografiese bibliografie van W. D. Jonker, 1955-1968.
Abstract
English: This study describes and assesses the written legacy of William Daniel Jonker between
1955 and 1968. It intended to detect and examine critically the trajectory underlying
his theology and thought. The rationale for the research is that Jonker, in questioning
the theological justification of apartheid, took a unique position that still has not lost its
actuality. The sources indicate that Jonker challenged the accepted theological
justification of ecclesiastical separation in terms of the notion that Christ rules his
church. In other words, a reformed church order, and reformed church polity in general,
cannot provide for the kind of separation of churches as was believed and practiced by
the DRC. It runs as a golden thread through all his publications between 1955 and 1968.
Before a study visit to Europe at the end of 1960 Jonker, as young reformed pastor,
critically addressed the people-centered denominational nature of the DRC on the basis
of reformed church political principles. Crucial in this regard was his thesis: Mistieke
liggaam en kerk in die nuwe Rooms-Katolieke teologie (1955: Kampen: Kok). The
emphasis was on reformed ecclesiology. After the 1960/61 research visit, a shift in his
thinking occurred. Jonker was now equipped with first-hand knowledge about the
extensive history of theological reflection on the church government. He critiqued the
structure, rules and regulations of the DRC's policy of ecclesiastical separation in terms
of the rule of Christ in his church. This was the crux of the matter: the rule of Christ
do not provide for ecclesiastical separation. The shift from ecclesiology to Christology
in this regard is fundamental. The 1965 publication Om die regering van Christus in
sy kerk (Pretoria: Unisa), based on his 1960/61 research, embodied a wholly exceptional
theological contribution to the debate on how the true church should be structured with
integrity in South Africa. Jonker thus made a significant contribution to the history of
the reformed theology in South Africa. Afrikaans: Hierdie studie beskryf en beoordeel die geskrewe nalatenskap van Willem Daniel
Jonker tussen 1955 en 1968 histories-geneties. Die doel is om die trajek onderliggend
aan sy teologiese arbeid en denke uit te lig en krities te ondervra. Die rasionaal vir die
navorsing is dat Jonker, in die afwys van die teologiese regverdiging van apartheid, ’n
eie posisie ingeneem het, wat nog steeds nie aan aktualiteit ingeboet het nie. Die bronne
toon aan dat Jonker die teologiese regverdiging van kerklike geskeidenheid vanuit die
oortuiging dat Christus in sy kerk regeer, verwerp het. In ander woorde gestel:
gereformeerde kerkreg en ’n gereformeerde kerkorde kan in geen enkele opsig ruimte
maak vir dié soort kerklike geskeidenheid wat deur die Ned. Geref. Kerk geglo is nie.
Dit loop soos ’n goue draad deur al sy publikasies tussen 1955 en 1968. Vóór ’n
studiebesoek aan Europa aan die einde van 1960, het Jonker as jong gereformeerde
predikant die volkskerklike aard van die Ned. Geref. Kerk aan die hand van
gereformeerde kerkordelike uitgangspunte aan die kaak gestel. Deurslaggewend in
hierdie verband was sy proefskrif. Mistieke liggaam en kerk in die nuwe Rooms-
Katolieke teologie (1955: Kampen: Kok). Die klem het op gereformeerde ekklesiologie
geval. Ná die studiereis kom daar ’n verskuiwing. Jonker kon nou, toegerus met
eerstehandse kennis oor die omvangryke geskiedenis van teologiese nadenke oor die
kerkregering, die struktuur en reëls van die Ned. Geref. Kerk se beleid van kerklike
geskeidenheid, meet aan die regering van Christus in sy kerk. Dit was vir hom die
kruks van die saak. Uit die bronne kon dus ’n teologiese verskuiwing raakgesien word.
Van die ekklesiologie na die Christologie. Die publikasie uit 1965 Om die regering
van Christus in sy kerk (Pretoria: Unisa), gebaseer op sy (1960/61) navorsing, was
geheel en al ’n uitsonderlike teologiese bydrae tot die debat oor hoe die ware kerk in
Suid-Afrika met integriteit ingerig moet word. Daarmee het hy ’n betekenisvolle
bydrae tot die geskiedenis van die gereformeerde teologie in Suid-Afrika gelewer.