Show simple item record

dc.contributor.advisorVan der Merwe, H. J.
dc.contributor.advisorEngels, E. A. N.
dc.contributor.authorMatthee, Stephanus Willem
dc.date.accessioned2017-05-17T06:57:01Z
dc.date.available2017-05-17T06:57:01Z
dc.date.issued1989-01
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6238
dc.description.abstractAfrikaans: In die geval van hoë produserende melkbeeste word groot hoeveelhede kragvoer, by twee geleenthede per dag aan melkkoeie verskaf. Hierdie praktyk mag moontlik met 'n lae rumen-pH na kragvoervoeding, verskuiwings in die rumenmikrobepopulasies, veranderings in eindprodukte van vertering en swakker rantsoenbenutting gepaard gaan. Na aanleiding hiervan is ondersoek ingestel na die invloed van frekwente kragvoervoeding op rantsoenverteerbaarheid, rumenparameters, voerinname, liggaamsveranderings en produksieparameters. Twaalf volwasse Frieskoeie is in twee produksiegroepe (HP-hoë produksie en LP-laer produksie) gestratifiseer. Volgens melkproduksie is kragvoer in twee-, vier- of agt porsies per 24-uur verskaf. Bykomstig is grof gemaalde (25 mm) lusernhooi ad lib. aan proefdiere verskaf. Hierdie prosedure is gedurende vroeë, mid- en laatlaktasie in 'n gebalanseerde omskakelingsproefontwerp uitgevoer. Binne elke laktasiestadium is drie verterings- en innamestudies uitgevoer, waartydens rumenparameters by gefistuleerde koeie (die helfte van die proefkoeie in elke produksiegroep) ook bestudeer is. In teenstelling met LP-koeie het frekwente kragvoervoeding met 'n nie-betekenisvolle (P ≤ 0,05) verhoging in die skynbare verteerbaarheid van droë- en organiese materiaal, ruproteïen en veral vesel by HP-koeie (23,9 kg melk/dag) gepaard gaan. Hierdie geringe verhogings het ten spyte van laer kragvoerkonsentrasie en geringe hoër DM-inname tydens die verteringsproewe voorgekom. Frekwente kragvoervoeding het geen statisties betekenisvolle effek op die gemiddelde daaglikse rumen-pH, variasie in pH oor 24-uur periodes, minimum pH-waardes, tydsduur van pH verlagings, ammoniakkonsentrasie, totale en individuele vetsuurkonsentrasie en asyn- tot propioonsuurverhouding in die rumen uitgeoefen nie. Neigings tot In laer gemiddelde rumen pH (by HP-diere - waarskynlik weens hoër voerinnames) en meer konstante rumen-pH het met frekwente kragvoervoeding voorgekom. Alle proefkoeie het, veral gedurende vroeë- en midlaktasie (30,98 tot 57,40% kragvoerrantsoene) laer rumen pH's getoon. Eweneens het frekwente kragvoervoeding slegs geneig om 'n laer gemiddelde daaglikse ammoniakkonsentrasie te veroorsaak. Tendense soos 'n meer konstante rumenammoniakkonsentrasie en laer ammoniakpieke na kragvoervoeding is in sommige gevalle met frekwente kragvoervoeding gevind. Beide asyn- en propioonsuurproduksie het oor die algemeen 'n geringe styging met frekwente kragvoervoeding getoon. In sommige gevalle is ook nie-betekenisvolle kleiner variasie in totale en individuele vlugtige vetsure en As: Ps-verhouding rondom die daaglikse gemiddeld vanweë frekwente kragvoervoeding waargeneem. In ooreenstemming met verteerbaarheid en rumenparameters het frekwente kragvoervoeding geen statistiese betekenisvolle (P ≤ 0,05) voordeel ten opsigte van die inname van voer- en verteerbare voedingstofinname gelewer nie. 'n Neiging tot verhoogde ruvoerinname, deurdat fisiese en metaboliese innamebeperkings moontlik in In mate opgehef is, het veral by die frekwent gevoerde HP-diere (30 tot 57% kragvoer) voorgekom. 'n Soortgelyke neiging tot verhoogde inname van voedingsbestanddele (DM, OM, RP en NDF) en verteerbare voedingstowwe is by die frekwent gevoerde diere waargeneem. Geen statisties betekenisvolle (p ≤ 0,05) verskille in liggaamsmassaveranderings, melkproduksie en -samestelling (bottervet, proteïen en laktose) het voorgekom nie. Frekwente kragvoervoeding het slegs met 'n geringe verhoging in melkproduksie by die HP-diere gepaard gegaan. Relatief lae bottervetkonsentrasies, waarskynlik weens algemene hoë voerinnames en lae rumen-pH's, het gedurende vroeë- en midlaktasie voorgekom. Verder het frekwent gevoerde diere in die huidige studie geen voordeel bo konvensioneel gevoerde diere in die doeltreffendheid van voer- en ME-benutting vir melkproduksie getoon nie. Samevattend blyk dit volgens die resultate van die huidige ondersoek dat frekwente kragvoervoeding by melkbeeste, inname, rumenomgewing , vcedingstofbenutting en melkproduksie en kwaliteit nie noemenswaardig beïnvloed nie. Hierdie bevindinge geld egter slegs vir die kragvoerpeile (maksimum 57%) wat in die huidige studie toegepas is.af
dc.description.sponsorshipDepartement van Landbou en Watervoorsieningaf
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDairy cattle -- Feeding and feedsen_ZA
dc.subjectHolstein-Friesian cattleen_ZA
dc.subjectBeef cattle -- Feeding and feedsen_ZA
dc.subjectMilk yielden_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc.Agric. (Animal Science))--University of the Free State, 1989en_ZA
dc.titleDie invloed van die frekwensie van kragvoervoeding op die benutting van melkbeesrantsoeneaf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record