Show simple item record

dc.contributor.advisorMinnaar, P. C.
dc.contributor.authorJansen, Stander
dc.date.accessioned2017-04-11T09:49:17Z
dc.date.available2017-04-11T09:49:17Z
dc.date.issued1974-12
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6065
dc.description.abstractAfrikaans: Moorhead se limfosiet-kultuurtegniek is gewysig en aangewend om die in vitro effek van X-strale, elektrone en addisioneel, drie verskillende tipes sitostatika, op menslike metafase-chromosome te ondersoek. Dosisse van 500, 750 en 1000 roentgen 90 kV X-strale is aangewend. Bestraling van hierdie kulture het in In waterbad by 37°C plaasgevind. Dieselfde dosisse deur middel van 4 MeV elektrone is toegedien teen In dosistempo van 200 rad per minuut. Hierdie prosedures is in teenstelling met die geval by X-strale, by kamertemperatuur uitgevoer. Die drie sitostatiese middels, nl. endoksaan, 5-fluoro-urasiel en bleomisien, is as voorbeelde van alkilerings-agense, antimetaboliete en antibiotika onderskeidelik, teen konsentrasies van 30, 20 en 0,4 µg/ml aangewend. Hierdie konsentrasies stern ooreen met dié wat aan pasiënte toegedien word. Kultuurperiodes het 72 uur by X-strale en sitostatika en 96 uur by elektron-toediening geduur. Bestraling en byvoeging van sitostatika is 24 uur na opstel van kulture gedoen. Die effek van bogenoemde behandelingsmetodes is bepaal in terme van die hoeveelheid en tipes aberrasies geproduseer by die onderskeie dosisse en konsentrasies. 'n Vergelykende studie is gemaak van die effekte van die verskillende tipes straling en sitostatika. Klassifikasie van chromosoom- en chromatied-aberrasies is gedoen volgens die V.V.O. verslag aangaande die effek van bestraling, waarby chromosoom- chromatiedbreuke as addisionele tipes aberrasies gevoeg is. Uit die resultate kon aangetoon word dat die duur van die selsiklus verleng met stygende dosisse X-strale, terwyl die verlenging onder dieselfde omstandighede by elektron-toediening konstant gebly het. In soverre dit die sitostatika betref, het 5-fluoro-urasiel In totale inhibering van timidielsuur tot gevolg gehad, waardeur D.N.A.-sintese, waar van timidielsuur In voorloper is, verhoed is. Die tydsduur van die selsiklus is die minste geaffekteer deur bleomisien-toediening terwyl die invloed van die endoksaan nie bepaal kon word nie, weens die afwesigheid van aberrasies wat as indikators gebruik is in die berekening van bogenoemde effek. Hierdie berekenings is gedoen deur bepaling van die persentasie sekerheid dat generasie 1 metafases ondersoek is, deur die aantal disentriese chromosome met fragmente teenwoordig, te vergelyk met dié sonder fragmente. Eersgenoemde word aanvaar as verteenwoordigend van die eerste generasie metafases wat na bestraling of byvoeging van sitostasika hul verskyning in die kultuur maak, terwyl laasgenoemde as verteenwoordigend van generasies 2 en 3 beskou word. Die mees algemene tipe chromosoom- en chromatied-aberrasies wat voorgekom het, was koldelesies. 'n Lineêre verband tussen toegediende dosis en frekwensie van voorkoms is slegs by twee tipes aberrasies gevind. Sentriese ringe en fragmente het 'n lineêre styging met toename in dosis X-strale getoon, terwyl chrornatiedbreuke 'n lineêre daling teenoor 'n stygende dosis elektrone getoon het. Die res van die aberrasies het 'n meer komplekse patroon van wisseling by die onderskeie dosisse en tipes bestraling en sitostatika getoon. Tog was die biologiese belangrikheid van die individuele tipes aberrasies ten opsigte van subletale en letale selskade, duidelik hieruit waar te neem. Die verskille in aberrasie-opbrengste deur X-strale geproduseer soos vergelyk met die gepubliseerde bevindings, kan verklaar word deur die relatiewe hoë dosisse gebruik, die nou grense tussen laagste en hoogste dosisse, asook die addisionele tipes aberrasies wat tot die klassifikasie-sisteem gevoeg is en wat nie voorheen deur navorsers in 'n volledige aberrasie-klassifikasie ingesluit is nie. Ten spyte van beperkinge in die identifikasie van sekere chromosomale- en chromatied-aberrasies deur kleurtegnieke anders as bandpatrone, word hierdie metode steeds as 'n gevoelige dosismeter vir die bepaling van geabsorbeerde dosis en tipe bestraling beskou, en werp dit ook lig op die onderlinge verskille in chromosomale-aberrasies deur die onderskeie tipes sitostatika geproduseer. Die insluiting van chromosoom- en chromatiedbreuke in die klassifikasiesisteem van aberrasies is as geregverdig bevind, aangesien dit aberrasies is wat met 'n groot mate van sekerheid bepaal kon word en goed inpas by die algemene aberrasie-patroon.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectHuman chromosomesen_ZA
dc.subjectChromosome abnormalitiesen_ZA
dc.subjectRadiationen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Med.Sc. (Biophysics))--University of the Free State, 1974en_ZA
dc.titleDie invloed van ioniserende strale en elektrone op die chromosome van die mensaf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record