Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Loggerenberg, N. T.
dc.contributor.authorSchoeman, Willem Jacobus
dc.date.accessioned2017-04-11T06:46:45Z
dc.date.available2017-04-11T06:46:45Z
dc.date.issued1978-07
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6064
dc.description.abstractAfrikaans: 'n Ondersoek in verband met navorsing op die gebied van handwerkonderwys het aan die lig gebring dat daar sover bekend, nog net vier persone is wat 'n studie van hierdie vak op nagraadse vlak onderneem het. Hierdie navorsers het hulle op die handwerkonderwys van Kaapland en Transvaal toegespits , derhalwe bestaan daar 'n groot agterstand wat die Oranje- Vrystaat in die besonder betref, asook oor die navorsingsveld wat oor die algemeen tot dusver in verband met handwerkonderwys gedek is. Hierdie ondersoek handeloor die onderwys van handwerk in die Oranje- Vrystaat, waar die oog in die eerste plek op die historiese aanvang en verloop van die vak in die skoolkurrikulum gerig word. Die ondersoek toon dat dr. John Brebner as Superintendent van Onderwys gedurende die Republikeinse tydperk baanbrekerswerk verrig het deur met onvermoeide ywer en op grond van 'n versiende onderwysbeleid 'n nederige dog deeglike begin met handwerkonderwys by 'n paar skole in die provinsie gemaak het en waarvan die beginsels op die bekende Sweedse Slojd-kursus, wat gedurende die laaste kwart van die vorige eeu deur die meeste Wes- Europese lande in hul skoolstelsel gevolg is, gegrond is. Hy het ook die behoefte vir 'n ambagskool ingesien sodat jong manne wat as gevolg van die runderpes en voortdurende droogtes geen boerderyvooruitsigte gehad het nie, 'n heenkome kon vind deur In ambag te leer. Dit het tot die stigting van die eerste ambagskool in Bloemfontein aanleiding gegee. Vervolgens is aangetoon hoedat daar weer van nuuts af met handwerkonderwys ná die Anglo-Boereoorlog 'n aanvang gemaak moes word, eers onder 'n Kroonkoloniebewind wat as gevolg van finansiële omstandighede nie veel kon vermag nie, en ook ná Uniewording waartydens stewige grondslae vir die vestiging van handwerk as onderwysvak in die meeste skole van die provinsie tot en met Standerd ses gelê is, asook die beheer wat die staat, die provinsiale owerheid en ouerliggame oor die onderwys uitgeoefen het. Belangrik in dié verband, was die oorname van ambagskole deur die staat in 1926. Daar is voorts aangedui hoedat handwerkonderwys ná die tweede wêreldoorlog tot op skooleindvlak as eksamenvak ontwikkel het, dat Hoër Tegniese Onderwys ln 1968 weer aan die provinsies toegesê word, dat die leerplanne en kursusse op nasionale grondslag gekoordineer word en dat 'n nuwe bedeling in verband met handwerkonderwys met die implementering van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (Wet nr. 39 van 1967) intree, waardeur die stelsel van gedifferensieerde onderwys meer prominente plek in die onderwysstelsel beklee omdat 'n praktiese studierigting naas ander studierigtings tot op skooleindvlak ingestel word, asook 'n prakties gerigte kursus vir daardie leerlinge wat nie in die gewone klasse na wense kan vorder nie. Die uitdruklike bepaling van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid dat die skole van die Republiek 'n Christelike karakter moet hê en dat alle opleiding van onderwysers vir sekondêre skole slegs by 'n universiteit verskaf moet word, het dié implikasie dat die opleiding van die onderwyser ook 'n Christelike karakter moet dra. Met die oog hierop is 'n poging aangewend om vanuit Christelik-wysgerige standpunt 'n uiteensetting van die doelstellings in die opleiding van die handwerkonderwyser te gee, asook die eienskappe wat die handwerkonderwyser moet besit, waardeur hy instaat gestel sal word om op Christelik-wetenskaplike gronde in prinsipieel-allesdekkende sin die onvolwasse Christenkind tot die ontsluiting van sy volle persoonlikheid en in al sy lewensuitgange tot die diens van God met sy hele hart, ook in sy kultuurskepping, uit te lei. Daar is verder ook saaklik aan die opleiding van die handwerkonderwyser in historiese verband aandag gegee, waardeur aangedui is hoe die Wet op Nasionale Onderwysbeleid daartoe aanleiding gegee het dat 'n nie-graadse Hoër Onderwysdiploma in handwerkonderwys aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat ingestel is. Ten slotte word on hipotese vir graadopleiding in handwerkonderwys gestel en word die noodsaaklikheid van nagraadse studie op hierdie gebied beklemtoon, deur enkele riglyne met die oog op toekomstige navorsing aan te dui.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectHandicraft -- Study and teachingen_ZA
dc.subjectEducation -- South Africa -- Orange Free State -- Historyen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Ed. (Didactic Pedagogics))--University of the Free State, 1978en_ZA
dc.titleHandwerkonderwys in die Oranje-Vrystaat in histories-pedagogiese perspektief gesienaf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record