Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Zinderen Bakker, E. M.
dc.contributor.authorDu Preez, Charles Matthias Rowe
dc.date.accessioned2017-03-30T07:09:54Z
dc.date.available2017-03-30T07:09:54Z
dc.date.issued1964-12
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/6039
dc.description.abstractAfrikaans: Die Karoobossies speel 'n belangrike rol as dierevoedsel in die Karoogebied en tree ook op as indringerplante na die noorde en die ooste. Aangesien hierdie unieke dwergstruike meesalonder droogtetoestande groei en water n beperkende faktor is, is besluit om 'n studie te maak van die transpirasie van 'n aantal bossiesoorte. Hierdeur kan 'n bydrae gelewer word tot die fisiologies-ekologiese kennis van hierdie gebied. 'n Oorsig word gegee van die verskillende transpirasiebepalingsmetodes. Dit blyk dat die "Momentele weegmetode" van Stocker die mees praktiese metode is om die transpirasie van Karoobossies onder veldtoestande te meet. Die vernaamste beswaar teen hierdie metode is die feit dat van afgesnyde plantdele gebruik gemaak word. 'n Kritiese beskouing van die metode, die proefterrein en die proefmateriaal, oorbrug hierdie beswaar in 'n groot mate. Die proefterrein is geleë aan die voet van 'n reeks dolerietrante en bestaan uit 'n uniforme bossiebedekking. Die Karoobossies is houtagtige xeromorfe dwergstruike. 'n Beskrywing word gegee van die blare, stingels en wortels van die bossies. Die suigkrag van die wortels van 'n aantal bossiesoorte is bepaal. Dit blyk dat die stadige transpireerders hoër suigkragte het as die vinnige transpireerders. Gereelde waarnemings van die fenologiese stadium waarin die bossies verkeer, is gemaak. Dit blyk dat hul aktiefste groei in die herfs en in die winter plaasvind, terwyl die meeste bossies in die voorsomer blom. Gegewens oor die verloop van die vernaamste klimatologiese faktore gedurende die proeftydperk, asook vir die dae waarop die transpirasiobepalings uitgevoer is, is verskaf. Proewe is met Medicago sativa uitgevoer ten einde die waterhuishouding van n mesomorfe plant met dié van die Karoobossies te vergelyk. 1. Na afsnyding van die takkies neem die waterverliestempo van M. sativa heelwat gouer af, as wat dit in die geval met die afgesnyde bossietakkies was. 2. In albei gevalle neem die transpirasietempo skerp toe in die oggend. Die bossies se transpirasie neem egter gou weer af, wat waarskynlik toegeskryf kan word aan die vroeë sluiting van die stomata. 3. Phymaspermum parvifolium en Lycium arenicolum se maksimum transpirasiewaardes verskil nie veel van die maksimum waarde van M. sativa nie. Hierdie gegewens bevestig die bevindinge van vorige navorsers dat, onder gunstige grondvogtoestande, xeromorfe plante net so vinnig kan transpireer as mesomorfe plante. Die verloop van die waterverlies van afgesnyde bossietakkies is gemeet en die volgende gevolgtrekkings is uit die resultate gemaak: 1. By lae grondvogtoestande neem die transpirasie baie gouer af as by hoër grondvogtoestande. 2. Aanvanklik het stomatêre transpirasie plaasgevind, maar nadat die stomata hidroaktief gesluit het, vind slegs kutikulêre transpirasie plaas. 3. Oor die algemeen sal dit veilig wees om die transpirasie van afgesnyde takkies binne tien minute na die afsnyding te bepaal. 'n Eksperiment is met Pentzia incana uitgevoer, waarin die transpirasie gedurende die loop van n dag in vyfvoud bepaal is. Die resultaat het daarop gedui dat betroubare transpirasiewaardes verkry sou word, indien slegs een bepaling per tydstip per bossiesoort gedurende die loop van 'n dag uitgevoer sou word. Die transpirasie en die relatiewe turgessensie van Penzia incana en pteronia tricephala is gelyktydig gedurende die loop van twee dae bepaal. Dit blyk dat die transpirasie en die relatiewe turgessensie teenoorgestelde neigings vertoon en ook in 'n groot mate die hidratuur van die plant beheer. Die verloop van die transpirasie van agt Karoobossoorte is gelyktydig gedurende 'n dag in die somer, 'n dag in die herfs, 'n dag in die winter en 'n dag in die voorsomer bepaal. Die volgende inligting is uit die resultate verkry: 1. Die maksimum transpirasiewaardes van Phymaspermum permum parvifolium en Lycium arenicolum is oor die algemeen hoër as die ander bossiesoorte s'n. 2. Die stadig transpirerende bossies se wortels het skynbaar laer suigkragte as die wortels van P. parvifolium en L. arenicolum. 3. Die daaglikse transpirasiekurwes volg waarskynlik dieselfde neiging as die daaglikse evaporasiekurwes, maar wyk dikwels af van die evaporasiekurwe a.g.v. interne watertekorte en die werking van die stomata. 4. Met sonop neem die transpirasie skerp toe en bereik gewoonlik gedurende die oggend 'n maksimum waarde, waarna die transpirasie weer afneem. In die namiddag kom daar dikwels 'n toename in die transpirasie voor, maar neem dan later in die middag saam met die evaporasie af.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectBotany -- South Africa -- Karooen_ZA
dc.subjectPastures -- South Africa -- Karooen_ZA
dc.subjectShrubs -- South Africa -- Karooen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc. (Plant Science))--University of the Free State, 1964en_ZA
dc.titleDie transpirasie van 'n aantal Karoobossoorteaf
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record