• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die "gesuiwerde" Nasionale Party 1935-1940

    Thumbnail
    View/Open
    LeRouxJH.pdf (26.89Mb)
    Date
    1972
    Author
    Le Roux, Jan Hendrik
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: Met hierdie verhandeling word gepoog om 'n uiteensetting te gee van die totstandkoming van die "Gesuiwerde" Nasionale Party en sy bestaan gedurende die jare 1934 en 1940. Ten einde die stigting van die Party na behore te begryp, was dit nodig om kortliks die gebeure rondom koalisie en samesmelting in 1933 en 1934 na te speur. Op die stigting van die Party het ses troebele jare gevolg, waarin daar diverse invloede op die Afrikaner en die Party ingewerk het. die eenheidsideaal wat met soveel ywer nagestreef is, het die Party steeds ontwyk. Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die sogenaamde Herenigde Nasionale Party of Volksparty tot stand gekom wat, hoewel nie volkome hereniging van die Afrikaner op politieke gebied gebring het nie, tog 'n nuwe era van samewerking ingelui het. Die tydperk wat deur hierdie verhandeling gedek word, is reeds sydelings in verskeie werke oor die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis belig. Veral het M. P. A. Malan in Die Nasionale Party van Suid-Afrika en G. D. Scholtz in sy biografie van dr. N. J. van der Merwe waardevolle inligting oor die tydperk verstrek. Dit is egter getrag om veel dieper te delf. Heelwat gebeure kon slegs aan die hand van koerantberigte nagespeur word. Die Burger, Die Volksblad en die Transvaler wat as partymondstukke van die Nasionale Party gedien het, was in hierdie verband die hoofbronne waaruit stof versamel is. Daarbenewens egter is eerstehandse kennis verkry uit die private dokumenteversamelings van die E. H. Louw, E. G. Jansen, M. P. A. Malan en die kongresnotules en Nasionale Party stukke wat in die Instituut vir Eietydse Geskiedenis aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat bewaar word. Die N. J. van der Merwe-versameling in die Vrystaatse Argief was van buitengewone belang, maar ongelukkig was die privaat-versameling van genl. J. B. M. Hertzog en dr. D. F. Malan nie vir navorsing beskikbaar nie.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/6020
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • Masters Degrees (History)

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback