• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die verhouding tussen die Nasionale party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924-1929

    Thumbnail
    View/Open
    CoetzerPW.pdf (26.48Mb)
    Date
    1975
    Author
    Coetzer, P. W.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: Die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party, 1924-1929 is van belang omrede daar tot op die huidige weinig akademiese verhandelings en proefskrifte oor hierdie periode in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis die lig gesien het. Die tema van dié verhandeling is nie gerig op formele partygeskiedenis, hetsy van die Nasionale Party, Suid-Afrikaanse Party of Arbeidersparty nie. Daar is bloot getrag om aan die hand van die belangrikste politieke gebeurtenisse van dié tyd die verhoudingsituasie tussen die twee grootste partye, die Suid-Afrikaanse- en die Nasionale Party, uit te lig en te ontleed. Soms het velerlei gebeurtenisse en uitlatings 'n betrokke verhoudingsituasie in die hand gewerk en was dit noodsaaklik om die voorafgaande politieke en geskiedkundige agtergrond redelik volledig te skets ten einde die partyverhouding duidelik te belig, en veral omdat hierdie agtergrond nog nie elders wetenskaplik behandel is nie. Hoewel daar vrylik van gepubliseerde en ongepubliseerde bronne-materiaal gebruik gemaak is, is veral argivale bronne en periodieke publikasies geraadpleeg. Groot waarde is aan persoonlike korrespondensie geheg, aangesien briewe dikwels die intiem-persoonlike openbaar. Hier is swaar geleun op stof uit veral die versamelings van J.C. Smuts, J.B.M. Hertzog, E.G. Jansen, C.R. Swart, F.H.P. Creswell en G.S. PreIIer. Min navorsingsprobleme is ondervind, maar dit is tog jammer dat die dokumente-versameling van die prominente politieke figuur uit hierdie tydperk, naamlik dié van die destydse Minister van Binnelandse Sake, dr. D.F. Malan, nie vir navorsing toeganklik is nie. Daar is gepoog om die nuusblaaie en periodieke publikasies wat die twee hoofpartye gesteun het in 'n gebalanseerde verhouding te raadpleeg. Vanweë die omvangryke navorsingsmateriaal is soms probleme met die sintese en selektering van die stof ondervind, aangesien daar soveel bydraende faktore, hetsy in die vorm van gebeurtenisse of uitsprake is, wat In verhoudingsituasie tussen twee partye kon beinvloed het.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/6014
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • Masters Degrees (History)

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback