’n Oorsig oor boukonstruksie as vak in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria in die tydperk 1943-2005
Abstract
English: Boukonstruksie is tradisioneel ’n kernvak in die graadkursus in Argitektuur aan
die Universiteit van Pretoria. Die vak ondersoek die vernuf van bou, en lewer
’n belangrike bydrae tot die studie van die ontwerp van geboue. Die verloop
van die vak sedert stigting van die Departement Argitektuur in 1943 aan UP
word beskryf, waartydens die kursus moes tred hou met ’n veranderende
wêreld. ’n Oorsig oor vroeë wêreldwye opleiding in konstruksie ontbloot die
draad van handwerk en vakmanskap wat deur die Middeleeue loop, die
stryd en ondergang van die Kunsvlytbeweging (Arts and Crafts Movement),
die industrialisasie van die Moderne Beweging, en die kommersialisme van
vandag. Verandering in aanslag van doseer en leer in Konstruksie aan UP word
deur omstandighede en doseerpersoonlikhede beïnvloed, en word in drie
tydperke ingedeel: die tydperk 1943 1960, ’n tyd van ontwaking en die begin
van ongekende groei; die tydperk 1961 1985, oorheers deur ’n wetenskaplike
aanslag en groot bou aktiwiteite; die tydperk 1986 , wat volg op politieke en
sosiale omwenteling en ’n ontploffing in kennis en bouprodukte. Afrikaans: Building Construction is traditionally a core subject in the degree course in
Architecture at the University of Pretoria. The subject examines the skill of
building, and delivers an important contribution to the study of the design of
buildings. The course of the subject since inception of the Department of
Architecture in 1943 at UP is described, during which time it had to keep up
with a changing world. A review of early global construction training reveals
the thread of craft and workmanship through the Middle Ages, the struggle
and demise of the Arts and Crafts Movement, the industrialisation of the Modern
Movement, and today’s commercialism. Change in emphasis on teaching and
learning in Construction at UP is influenced by circumstance and teaching
personnel, and is divided into three periods: the period 1943 1960, a time of
awakening and the start of unparalleled growth; the period 1961 1985, domin
ated by a scientific approach and vast building activities; the period 1986 ,
following on political and social change and an explosion of knowledge and
building products.