Die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone: lesse uit Kanada
Abstract
English: This contribution investigates the basis for the criminal liability of juristic persons
in Canada in an attempt to gain lessons for South Africa. The Canadian position
acknowledges both the fragmented nature of corporate decision-making and the
reality that the collective efforts of a number of corporate role players may cause
criminal conduct. Furthermore, the conduct and fault elements of corporate criminal
misconduct do not have to be found in one individual. The conduct of a representative
of the corporate entity may be regarded as the conduct of the corporation, whilst
the fault requirement may be found to be the level of management. This approach,
although not entirely ‘realistic’, takes into account the nature of modern corporate
entities much better than traditional individualistic approaches to corporate
criminal liability. Afrikaans: Hierdie bydrae ondersoek die grondslag vir die strafregtelike aanspreeklikheid van
regspersone in Kanada in ’n poging om moontlike lesse vir die Suid-Afrikaanse reg
daaruit te neem. Die Kanadese benadering gee erkenning aan die gefragmenteerde
aard van korporatiewe besluitneming én aan die realiteit dat die kollektiewe gedrag
van verskeie persone op verskillende vlakke van die korporatiewe hiërargie die
misdadige gedrag kan veroorsaak. Voorts hoef die gedrags – en skuldelemente
nie aan ’n enkeling toegeskryf te word nie. Die gedrag van die korporatiewe
verteenwoordiger kan die handelingselement vorm, terwyl die skuldelement by
die bestuur kan lê. Hierdie benadering, hoewel nie volkome ‘realisties’ van aard
nie, verreken tog die aard van moderne regspersone heelwat beter as tradisionele
individualistiese benaderings tot die strafregtelike aanspreeklikheid van regspersone.