The South African functional metropolis - a synthesis
Abstract
English: Confusing usage of terms such as metropolis and metropolitan region in planning
policy in South Africa has led to the need for a fundamental investigation into the
morphological and functional properties of the country’s three largest cities. Using
Gauteng, Cape Town and Durban as examples, the article distinguishes between
different elements of functionality of metropolitan areas linking urban function
to urban form. Starting at the global level and zooming in, the article examines
metropolitan functional space at the national through the regional to the local level.
Semantically, it distinguishes between the terms metropolis and megalopolis; daily
and weekly urban systems; and between urban monocentricism, multinodality
and polycentricism. Based on morphological differences, it classifies Cape Town,
Durban, Pretoria and the Witwatersrand as metropolitan areas, but regards the
sprawled urban agglomeration in Gauteng as a megalopolis. A case is also made
for greater recognition of the daily urban regions of the three primary cities of South
Africa as part of the larger urban system of each. Planning has focused for too long
on metropolitan space inside the urban edge and too little on those parts of the cities
that lie outside the edge. Afrikaans: Die verwarrende gebruik van terme soos metropool en die metropolitaanse streek in
beplanningsbeleid in Suid-Afrika lei tot ‘n behoefte aan ‘n fundamentele ondersoek
na die morfologiese en funksionele eienskappe van die land se drie grootste stede.
Deur gebruik te maak van Gauteng, Kaapstad en Durban as voorbeelde tref die
artikel ‘n onderskeid tussen verskillende funksionele elemente van metropolitaanse
gebiede waarin stedelike funksie en stedelike vorm verbind word. Beginende by
die globale vlak en deur in te fokus op die nasionale, streek- en plaaslike vlak word
daar in die artikel gekyk na metropolitaanse funksionele ruimte. ‘n Semantiese
onderskeid word getref tussen die terme metropool en megalopool; daaglikse
en weeklikse stedelike sisteme, en tussen monosentrisme, multinodaliteit en
polisentrisme. Gebaseer op morfologiese verskille word Kaapstad, Durban, Pretoria
en die Witwatersrand as metropolitaanse gebiede geklassifiseer, maar word die
verspreide stedelike kompleks van Gauteng as ‘n megalopolis beskou. ‘n Saak word
ook uitgemaak vir groter erkenning vir die daaglikse stedelike streke van die drie
primêre stede van Suid-Afrika as deel van die groter stedelike sisteem van elk. Vir te
lank het die klem in beplanning op metropolitaanse ruimte binne die stedelike grens
geval en te min op die deel van die stede wat daarbuite val.