Thomas Aquinas oor die aborsie-debat en die Kerk magesterium
Abstract
English: Thomas of Aquino’s exchange of ideas and the church magesterium present an ex h a ustive
overv i ew for the implementation of the dignity of human life.The result of such an exchange
of ideas causes the church magesterium to oppose every threat to human life from the
moment of conception. The threat to human life is most intense at the point where life
begins — at that stage where it is at its most defenceless. It is, for example, pre-natal.
It is at this moment when humans are totally dependent on the goodwill and care of others.
The church magesterium attempts to have an awareness of a “culture of life” take hold
in civil society. By having created the human soul, God clothed humans in godliness.
Human life, therefore, has a sacred and inviolable quality. The inviolate quality of human
life is guaranteed by the Constitution of South Africa. It guarantees the equality of all
in law, also that of the fo e t u s.Should there be any violation of this right, it would have farreaching
implications for political civil society. Humankind is obliged to respect life. It
expresses humankind’s relationship to fellow-man: and it is valid from the first moment
of conception through to adulthood. The foetus also is a fe l l ow human being and his or
her rights should be respected just as the case would be with every other human being. Afrikaans: Die gedagtewisseling van Thomas Aquinas en die kerk magesterium bied ’n omvattende
oorsig vir ’n implementering van die waardigheid van menslike lewe. Die resultaat van
sodanige gedagtewisseling veroorsaak dat die ke rk magesterium elke bedreiging van die
menslike lewe vanaf die oomblik van konsepsie teenstaan. Die bedreiging van menslike
lewe is die felste by die beginpunt van lewe — op daardie tydstip waarby dit op sy
weerloosste is. Dit is vóór geboorte. Dit is op daardie oomblik waarop die mens totaal
van die welwillendheid en sorg van ander afhanklik is. Die kerk magesterium poog om
’n b ewuswording van ’n “kultuur van lewe” in die menslike samelewing te laat posvat. G od
het, deurdat Hy die menslike siel geskape het, die mens sodoende met goddelikheid beklee.
Menslike lewe het daarom ’n gewyde en onskendbare eienskap. Die onskendbaarheid
van menslike lewe wat in die Middeleeue gevestig is, word vandag in die Suid-Afri k a anse
Gro n d wet gewaarborg.Die onskendbaarheid van menslike lewe waarborg ook die gelykheid
van almal voor die reg, ook dié van die fetus. Indien skending van sodanige reg plaasvind,
sal dit verrykende gevolge vir die menslike samelewing inhou.Die mens en die samelewing
staan onder die verpligting om lewe te respekteer. Dit druk die mens se verhouding tot
die naaste uit: en dit geld vanaf die oomblik van konsepsie tot by volwassenheid. Die fetus
is ook die naaste en sy of haar regte moet net soos dié van elke ander mens gerespekteer
word.