Socrates and student protest in postapartheid South Africa – Part One
Abstract
English: During recent years, various South African universities have fallen victim to student
protest. The degree of violence involved in, as well as the frequency and duration
of such protest action have varied from university to university. This article focuses
on student protest action at the University of KwaZulu-Natal between 2012 and
2014. It examines such protest action through the lens of Plato’s text Crito, which
describes the events leading up to the death of Socrates. The question at the core
of this article is whether or not the opinions of the ancient Greeks – Socrates, in
particular – on the issue of obedience to law are in any way useful to South African
law students when considering this issue in the context of the society in which they
live. The article is divided into two parts. Part One examines the attitudes of the
ancient Greeks to the issue of obedience to law and highlights points of possible
relevance to the politics of protest in post-apartheid South Africa. Part Two of
the article examines student protests between 2012 and 2014 at the University of
KwaZulu-Natal. It also analyses two competing narratives about the nature of law in
post-apartheid South Africa, which may assist in explaining the intimidatory tone of
much of the protest action examined. Afrikaans: Gedurende die afgelope paar jaar is verskeie Suid-Afrikaanse universiteite deur
studente-protesaksie geteister. Die graad van geweld hierby betrokke, asook die
aantal en duur van sulke insidente, verskil van een universiteit na die ander. Hierdie
artikel fokus op studente-protesaksie aan die Universiteit van KwaZulu-Natal
tussen 2012 en 2014. Hierdie protesaksie word beskou deur die lens van Plato se
beroemde teks Crito, wat die gebeure voor die dood van Socrates beskryf. Hierdie
artikel se kernvraag is, of die benadering van die Griekse filosowe, veral Socrates,
teenoor die vraag of die reg gehoorsaam behoort te word of nie, enigsins relevant
is vir Suid-Afrikaanse regsstudente in die konteks van hul huidige samelewing. Die
artikel is tweeledig. Deel Een bestudeer die denke van die Griekse filisowe teenoor
die vraag of die reg gehoorsaam behoort te word of nie, en lig sekere punte uit wat
relevant mag wees in die konteks van die Suid-Afrikaanse politiek na afloop van
apartheid. Deel Twee bestudeer verskeie studente-protesaksies aan die Universiteit
van KwaZulu-Natal tussen 2012 en 2014. Die outeur analiseer twee verskillende
denkwyses oor die rol van die reg in Suid-Afrika na afloop van apartheid, wat mag
help om die intimiderende toon van studente-protesaksie gedurende die afgelope
paar jaar te verklaar.