Show simple item record

dc.contributor.advisorSchoeman, W. J.
dc.contributor.authorNel, Christiaan Matthys
dc.date.accessioned2016-04-12T14:18:25Z
dc.date.available2016-04-12T14:18:25Z
dc.date.copyright1979-12
dc.date.issued1979-12
dc.date.submitted2016-03-29
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/2385
dc.description.abstractAfrikaans: Uit die ondersoeke van onder andere Eysenck (1952) en Rachman (1973) blyk dit dat sielkundige dienste nie so effektief is as wat dit behoort te wees nie. Hierdie en ander dergelike ondersoeke dien as inspirasie vir 'n groot aantal navorsers wat poog om die kwaliteit van sielkundige dienste te verbeter. Alhoewel hierdie pogings oor 'n groot area aangewend word, word in hierdie ondersoek aandag verleen aan die navorsing wat aan die persoon van die sielkundige gekoppel is. Hierdie ondersoek wil dan ook 'n bydrae op hierdie gebied maak. Dit blyk uit navorsingsresultate behaal, dat die benadering wat sekere persoonlikheidseienskappe van die sielkundige aan sukses probeer koppel, weinig sin het, aangesien die resultate verwarrend is en 'n gebrek aan wetmatigheid weerspieel. 'n Rigting wat egter met 'n mate van sukses aan 'n positiewe terapeutiese resultaat gekoppel kan word, is een wat die sielkundige as fasiliteerder van terapeutiese omstandighede beskryf. Carl Rogers staan vader vir hierdie rigting. Sy beginsels word deur talle ondersoeke geverifieer, wat vind dat fasiliterende omstandighede ten minste 'n matige verband net sukses toon. Hierdie verband dien as rugsteun vir 'n literatuurondersoek met die doel om vas te stel hoe hierdie veranderlikes geimplimenteer word. Hierdie ondersoek word aan die hand van Robert Carkhuff uitgevoer, aangesien hy op 'n ongekompliseerde wyse die fasiliterende beginsels operasioneel aanwend. Die fasiliterende kerndimensies word deur horn in terme van 5 vlakke van empatie, respek, opregtheid en konkreetheid gedefinieer. Carkhuff gee verder toepassing aan hierdie beginsels deur 'n fasiliterende persoonlikheid te beskryf. Wanneer 'n persoon hierdie fasiliterende dimensies deel van homself maak, word dit houding- en waardekomponente van sy persoonlikheid. Omdat houdings en waardes verander en aangeleer kan word, is dit moontlik dat hierdie houdings en waardes deur middel van opleiding in belang van terapie by studente tuisgebring kan word. Daarom is daar vervolgens aan opleidingsbeginsels wat teoreties en empiries geverifieer kan word, aandag verleen. Die Carkhuff-model stel 'n belewenismatige, 'n didaktiese en 'n modelleringsbasis vir opleiding voor. Aangesien dit uit die literatuur blyk dat hierdie beginsels oor meriete beskik, word die modelleringsbasis van opleiding aan die hand van Albert Bandura se beginsels verder uitgebou, terwyl die didaktiese basis deur A.E. Ivey se mikroberaadsisteem voorsien word. Volgens die Carkhuf fmodel sal die terapeutiese sukses toeneem indien die sielkundige se vlak van fasiliterende kommunikasie verhoog word. Een wyse om dus groter sukses aan terapie te koppel,is dus om die vlak van fasiliterende kommunikasie by die sielkundige te verhoog. 'n Nuwe strategie, 'n behoefteanalise van die klient, het die verhoging van fasiliterende kommunikasievlakke ten doel, aangesien dit aan die sielkundige meer toepaslike inligting omtrent sy klient voorsien en fasiliterende kommunikasie deels op inligting van die klient berus. Daar is vervolgens,deur van resente en vooraanstaande opleidingsmodelle gebruik te maak, aan 'n groep student-sielkundiges opleiding in fasiliterende kommunikasie en opleiding in behoefte-analise voorsien. Die afhanklike veranderlikes was 4 Carkhuffskale, die Balesskale en 'n semantiese differensiaal. Daar is van 'n 2 x 2 faktoriale ontwerp in die eksperiment gebruik gemaak en die data deur middel van 'n 2-rigting variansie-analise geinterpreteer. In die geval van die semantiese dif f erensiaal is daar beduidende verskille ten opsigte van die voormetings van 'n aantal van die skale verkry, met die gevolg dat daar op 'n alternatiewe dataverwerkingstegniek besluit is, naamlik t-toetse. Die opleidingsprogram wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ten doel gehad het, kon die vlak van empatie, respek en opregtheid wat die student-sielkundige gekommunikeer het, beduidend verhoog, maar nie die vlak van konkreetheid nie. Die opleidingsprogram wat onderrig in behoefte-analise ten doel gehad het, kon die vlak van empatie, respek, opregtheid en konkreetheid wat die student-sielkundiges gekommunikeer het, beduidend verhoog. Die groep wat onderrig in fasiliterende kommunikasie ontvang het, asook die groep wat 'n kombinasie van fasiliterende onderrig en behoefte-analise ontvang het, het met minder gepoogde antwoorde gekommunikeer (Bales interaksie-analise) . Ten opsigte van die semantiese differensiaal is gevind dat kliente uit die kontrolegroep gevoel het dat die studentsielkundige tydens die nameting kalmer was. Kliente van die groep student-sielkundiges wat opleiding in behoefteanalise ondergaan het, het gevoel dat die student-sielkundige na opleiding minder suksesvol was. Die kliente van die groep student-sielkundiges wat beide opleiding in behoefteanalise en fasiliterende kommunikasie ondergaan het, het gevoel dat die student-sielkundige na opleiding minder suksesvol, eerlik en aanvaardend was. Sy was ook volgens die kliente verder weg as tydens die eerste meting.af
dc.description.sponsorshipR. G. N.af
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectClient-centered psychotherapyen_ZA
dc.subjectCounselingen_ZA
dc.subjectPsychologistsen_ZA
dc.subjectThesis (D.Phil. (Psychology) --University of the Free State, 1979en_ZA
dc.title'n Kommunikasiestrategie vir sielkundiges deur middel van 'n behoefte-analise van die kliëntaf
dc.typeThesisen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record