• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die invloed van interrasondervinding, interrashouding en etnisiteit op gesigsherkenning

    Thumbnail
    View/Open
    FoucheJB.pdf (4.421Mb)
    Date
    1992
    Author
    Fouché, Jan B.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: Gesigsherkenning is 'n belangrike kognitiewe vaardigheid wat 'n impak op verskeie lewensaspekte kan hê. Die onvermoë om gesigte te herken, of die verkeerde identifisering van gesigte, kan belangrike persoonlike en sosiale gevolge in die alledaagse lewe inhou. Die vermoë om tussen mense se gesigte te onderskei, an ook 'n sterk impak op interrasverhoudings hê en wel in dié sin dat verkeerde gesigsherkenning 'n toename in intergroepspanning en intergroepvaardigheid kan meebring. Die regstelsel word ook deur gesigsherkenning beïnvloed. Die foutiewe herkenning van 'n gesig kan byvoorbeeld ernstige implikasies vir die toekoms van 'n verdagte of beskuldigde inhou. Die belangrike rol wat gesigsherkenning in die samelewing speel, gee daartoe aanleiding dat nadere ondersoek ingestel moet word na sekere veranderlikes wat gesigsherkenning moontlik kan bvorder of kontamineer. Omdat daar tot op hede min navorsing in Suid-Afrika gedoen is, is die studie toegespits op die rol van veranderlikes by gesigsherkenning in die Suid-Afrikaanse konteks. Om hierdie rede was die doelstellings van die studie om vas te stel watter invloed sekere veranderlikes op gesigsherkenning in Suid-Afrika het. Dié veranderlikes is interrasondervinding, interrashouding, sowel as ras en etnisiteit. Die bepaling van bogenoemde veranderlikes en gesigsherkenning is met behulp van stimuli-skyfies van blanke en swart gesigte en vraelyste bepaal. 'n Steekproef van 658 blanke (Afrikaans- en Engelsprekende) proefpersone en 390 swart (Suid-Sotho- en Zoeloesprekende) proefpersone, is gebruik. Die verband tussen die veranderlikes en gesigsherkenning is rekenaarmatig met behulp van eenrigting variansie-ontledings en Chi-kwadraat-ontledings gedoen. Uit hierdie ondersoek het dit eerstens geblyk dat die vermoë om blanke en swart gesigte te herken, nie besonder goed vir enige van die etniese groepe was nie. Tweedens het dit aan die lig gekom dat interrashouding en interrasondervinding nie 'n beduidende verband met gesigsherkenning toon nie. Derdens is bevind dat ras en etnisiteit wel 'n beduidende verband met gesigsherkenning toon. Differensiële gesigsherkenning kom naamlik wel by blanke (insluitende Afrikaans- en Engelssprekende) proefpersone voor, maar nie by swart (insluitende Suid-Sotho- en Zoeloesprekende) proefpersone nie. Verder is swart (insluitende Suid-Sotho- en Zoeloesprekende) proefpersone se gesigsherkenningvermoë proporsioneel swakker as dié van blanke (insluitende Afrikaans- en Engelssprekende) proefpersone. In die lig van die impak wat gesigsherkenning op die gemeenskap kan hê, word die hoop uitgespreek dat gesigsherkenning meer navorsingsaandag sal geniet.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/2318
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • Masters Degrees (Psychology)

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback