TCPlot: a network management tool to detect and graphically display faulty TCP conversations
Abstract
Afrikaans: Waar hoevlak protokolle die gebruiker
afskerm van onderliggende probleme in die
netwerk, is dit vir die netwerkbestuurder
juis nodig om vroegtydig bewus te wees van
sluimerende probleme. Alhoewel daar
hulpmiddels, in die vorm van netwerkbestuurspakkette,
bestaan om horn behulpsaam
te wees met die identifisering en ontleding
van netwerkfoute, is hulle dikwels
ontoereikend.
Bestaande netwerkbestuurspakkette maak tot
'n mate voorsiening vir die ontleding van
verkeer op 'n netwerk. Waar 'n enkele
verbinding egter as 'n geheel beskou moet
word, word verslae van alle pakkies op die
netwerk as voldoende beskou. Die verantwoordel
ikheid vir die ontleding van hierdie
verslae bly die van die netwerkbestuurder.
Hierdie tesis beskryf die ontwikkeling van
'n program wat die moni tering en ontleding
van 'n enkele TCP gesprek op 'n Ethernetnetwerk
moontlik maak. Deur die
identifisering van foutiewe verbindings te
vergemaklik en die grafiese voorstelling
daarvan moontlik te maak, lewer TCPlot 'n
bydrae tot netwerkbestuur.