Paul’s disinterest in the fulfilling of the law - a new reading of Pauline theology
Abstract
English: The most important purpose of any investigation of Paul’s theology of the law is to
explain why Paul believes that the law cannot give life. An overview of such studies
shows that the failure to fulfil (keep) the law has always been the answer given by
Pauline scholars, even though there might be a difference of opinion amongst them
as to the reason for such a failure. In this regard, even the New Perspective was not
really new. If a failure to fulfil the law were the reason for Paul’s problems with the
law, it would mean that his interest lies in showing such a failure or the impossibility
of fulfilling the law, which would basically constitute an anthropological approach as
the problem of the law would then be related to humankind. However, Paul never refers
to the impossibility of fulfilling the law perfectly in any of his letters.
Instead this study shows that the answer that Paul gave to this question did not focus
on humankind but on the essential nature of the law. Paul was interested in revealing
the identity of the law in redemptive history, an issue for which human failure
to fulfil the law was not important. Accordingly, this study introduces the following two
very important Pauline ideas that have not been considered adequately by scholars
before, namely the personal nature of the law and the plural nature of the law.
The first one implies that fulfilling the law in the sense of being obedient to the
law is unavoidable, and failing to do so is impossible. Thus a failure to fulfil
the law was not what Paul was interested in.
The second one implies that life and death are not determined by human failure
in fulfilling the law but by the identity of the particular law that is served.
By means of an intertextual reading it is showed that, for Paul, Deut. 30 hints
at Gen. 3. In Rom. 7, he presents this redemptive historical framework, hinting
at the two texts (Gen. 3 and Deut. 30) in a circle of intertextuality in the following
way: For Paul, the two trees of death and life in Eden and the two laws
of curse and blessing on Mt. Ebal and Mt. Gerizim overlap. Furthermore the
Torah and the word of Christ overlap with the two laws of blessing and curse.
The Torah is thus linked to the commandment of the tree of the knowledge of good and evil, as well as to the law on Mt Ebal, whereas the word of Christ is
linked to the lost commandment of the tree of life and to the lost law on Mt.
Gerizim. This means that the Torah cannot give life regardless of one’s fulfilling
of the law. Once again, it is clear that the fulfilling of the law as such is
not what Paul is interested in.
Lastly, the study shows that the fulfilling of the law that Paul refers to (Gal. 5:14,
6:2; Rom. 13:10) should not be regarded as his response to the issue of the failure to
fulfil the law, either. In this instance, the focus does not fall on humankind, but on the
divine side of things. It refers to the relationship between the Torah and (the word or
the law of) Christ. The Torah is fulfilled (transformed) to become the law of Christ.
Once again it is clear that Paul is not interested in the fulfilling of the law.
This study focuses on texts that are generally interpreted by scholars as referring
to the impossibility of fulfilling the law. In Part A, the study shows how scholars have
interpreted texts in this way by means of a historical overview. The presuppositions
and basic ideas in this regard are considered and a new approach is suggested. In
Part B, the study focuses on Paul’s disinterest in the fulfilling of the law in Galatians,
and highlights Paul’s views on the personal nature of the law in this letter. In Part C,
the study focuses on the same issue in Romans, focusing on the plural nature of the
law, as well as on its personal nature. The two opposing laws, the Torah and the law
of God (mind and life) are discussed. Finally, in Part D, the study deals with the
meaning of the expression ‘fulfilling the law’.
T he study concludes that Paul is not interested in the fulfilling of the law and that
current explanations of Paul’s views of the law focus on something that Paul was not
interested in himself. Afrikaans: Die belangrikste doel van enige ondersoek van Paulus se siening van die wet is om
te verduidelik hoekom hy gedink het dat die wet nie kan lewe gee nie. ’n Oorsig van
sulke studies toon dat die antwoord wat Paulusnavorsers gee, altyd fokus op die onvermoë
om die wet na te kom, selfs al is daar kleiner verskille in die manier waarop
navorsers dié onvermoë verstaan. In hierdie opsig het selfs die New Perspective nie
iets nuuts gebied nie. Indien onvermoë om die wet na te kom die rede sou wees vir
die probleme wat Paulus met die wet gehad het, moes dit vir hom belangrik gewees
het om hierdie onvermoë te verduidelik. Dit sou dan ’n antropologiese benadering tot
die probleme van die wet impliseer. Dit gebeur egter nêrens in enige van die Paulusbriewe
dat hy verwys na die onmoontlikheid om die wet volledig na te kom nie.
Daarteenoor word in hierdie studie geargumenteer dat die probleem wat Paulus
met die wet gehad het, nie met menslike onvermoë te doen gehad het nie, maar
eerder te make het met die essensiële aard van die wet. Paulus wou die aard van
die wet in terme van die heilsgeskiedenis blootlê – iets waarvoor menslike onvermoë
om die wet na te kom, nie belangrik is nie. Gevolglik word daar in hierdie studie op
twee ander baie belangrike aspekte in Paulus se siening van die wet gekonsentreer
– twee aspekte wat nog nie werklik aandag deur Paulusnavorsers gekry het nie. Die
twee aspekte is onderskeidelik die persoonlike aard van die wet en die meervoudige
aard van die wet.
Die eerste aspek impliseer dat nakoming van die wet in die sin van onderdanigheid
aan die wet onvermydelik is, en dat dit onmoontlik is om dit nie te
doen nie. Gevolglik is dit duidelik dat onvermoë om die wet na te kom, nie die
saak is waarop Paulus gefokus het nie.
Die tweede aspek impliseer dat geestelike dood en lewe nie bepaal word deur
menslike onvermoë om die wet na te kom nie, maar bepaal word deur die bepaalde
wet wat deur die mens gedien word. Deur middel van ’n intertekstuele
lees word gewys hoe Deut. 30 deur Paulus in die lig van Gen. 3 gelees is. Dit
doen hy in Rom. 7, waar hy hierdie heilshistoriese raamwerk gebruik en op intertekstuele
wyse sinspeel op twee tekste (Gen. 3 en Deut. 30): Vir Paulus is
daar ’n ooreenkoms tussen die twee bome van dood en lewe in Eden en die twee wette van vloek en seën op Berg Ebal en Berg Gerisim. Verder is daar
vir hom ook ’n ooreenkoms tussen die Torah en die woord van Christus en die
twee bome in Eden. Op dié manier word die Torah gekoppel aan die opdrag
wat met die boom van kennis van goed en kwaad geassosieer is, asook met
die wet wat op Berg Ebal gegee is. Aan die ander kant word die woord van
Christus geassosieer met die verlore opdrag van die boom van die lewe en
die verlore wet van Berg Gerisim. Vir Paulus impliseer dit dat die Torah nie
lewe kan gee nie, selfs nie eens as ’n mens dit volkome nakom nie. Weereens
blyk dus dat die nakoming van die wet nie die saak is waarop Paulus
primêr fokus nie.
Verder toon die studie dat ook die gevalle waar Paulus wel die uitdrukking
‘vervulling van die wet’ gebruik (Gal. 5:14; 6:2; Rom. 13:10) nie verstaan moet word
as ’n antwoord van sy kant af op die onvermoë om die wet na te kom nie. In hierdie
gevalle fokus hy nie op die mens nie, maar op die goddelike kant van die saak. Dit
gaan oor die verhouding tussen die Torah en (die woord of wet van) Christus. Die
Torah word vervul en getransformeer om die wet van Christus te word. Weer eens is
dit duidelik dat Paulus nie fokus op die nakoming van die wet as sodanig nie.
Hierdie studie skenk aandag aan Pauliniese tekste wat algemeen geïnterpreteer
word as verwysings na menslike onvermoë om die wet na te kom. In Deel A word ’n
historiese oorsig gebruik om aan te toon hoe navorsers hierdie teks geïnterpreteer
het. Die voorveronderstellings en belangrikste idees in hierdie verband word ondersoek
en ’n nuwe benadering word voorgestel. In Deel B val die klem op die feit dat
Galasiërs toon dat Paulus nie aandag geskenk het aan die onvermoë om die wet na
te kom nie. Verder word Paulus se beskouinge oor die persoonlike aard van die wet
aangetoon. In Deel C val die klem op dieselfde sake in Romeine. Die persoonlike
aard van die wet en die meervoudige aard van die wet word uitgelig. Die twee opponerende
wette, die Tora en die wet van God (hart en lewe) word ook bespreek. In die
laaste afdeling, Deel D, word aandag geskenk aan die uitdrukking ‘nakoming van die
wet’.
D ie studie kom tot die gevolgtrekking dat Paulus nie in die nakoming van die
wet belanggestel het nie en dat bestaande studies van sy siening van die wet dus
verkeerdelik fokus op ’n saak wat eintlik vir Paulus nie belangrik was nie.