Pastoraat aan die afgetrede egpaar deur kanker geaffekteer: 'n narratiewe benadering
Abstract
English: A diagnosis of cancer is shattering news. It is imbedded in negative social
discourses like suffering and has far-reaching implications for those affected
by it.
Couples who have reached the unique life-stage of retirement, are affected in
a specific way by a diagnosis of cancer. Not only are the so-called golden
years in jeopardy, but also the positive opportunities associated with this lifestage.
In view of the apparent lack of pastoral models to cope with this phenomenon, this study will seek a workable model by which the retired couple affected by
cancer can be counselled.
The narrative approach to therapy has attracted a great deal of attention in
therapeutic circles during recent years. It will therefore be used within the
framework of this research. It will, however, be used within the diaconiological
epistemology and not within the context of its original epistemological roots.
Linked to a qualitative approach, this study will be descriptive and exploratory
in nature while conducting therapy with a retired couple affected by cancer. As
qualitative research is a form of participatory research, it makes the description
of the pastoral-therapeutic process possible.
At the basis of this narrative pastoral activity lie Biblical principles as the
diaconiological epistemology perceives the Bible as being normative for
pastoral therapy. When the life-goals of man are viewed within the light of
Scripture, the radical nature of cancer becomes apparent. Scripture also
provides valuable insight as to what the goals of therapy should be within this
study.
As the diaconiological epistemology acknowledges and make use of metatheoretical
insights, basic theoretical insights are drawn from disciplines such
as psychology, sociology and systems theory. In this manner a clearer
understanding of the retired couple is achieved.
This study serves the community by giving a retired couple affected by cancer
the opportunity to tell their problem-saturated story. With the narrative
approach as strategy the pastoral process gives them a chance to tell their
story in a reflective manner. In doing so, the negative discourses of cancer can
be heard. However, it also offers them the opportunity to recall the times that
they coped well with cancer and in doing so, reminds them that a full life is
possible in spite of a serious illness. The sustenance of God and his Holy
Word also becomes apparent and in this manner the transforming effect of
pastoral therapy comes to the fore.
This study also serves the reformed pastoral therapy as it utilises a
contemporary pastoral approach within a diaconiological epistemology.
It shows that the narrative approach is valuable as a model by which the
retired couple affected by cancer can be counselled and helped to lead a
meaningful life amidst an existential crisis. Afrikaans: Die behoefte om die onderhawige studie aan te pak, is grootliks gebore uit die
waarneming dat kanker as ’n groot ontnugtering deur afgetrede egpare beleef
word. Oorgehaal en gereed om die goue jare te geniet, is die diagnose van
kanker sekerlik van die mees verpletterende nuus wat gehoor kan word. Die
negatiewe impak op die kinders en kleinkinders kan ook nie misgekyk word
nie.
As gemeente-leraar in die Nederduiste Gereformeerde Kerk kruis my pad
gereeld met afgetredenes wat vasgevang is in die maalkolk van die
ontnugtering, die uitmergelende behandeling en aanpassings wat kanker van
281
mense vereis. As pastor moet ek hulle na die beste van my vermoë begelei,
vertroos en help om sin te maak van hierdie moeilike ervaring. Vanuit die
verwysingsraamwerk van die Skrif en die geloof wat ons in gemeen het, loop
ons ’n pad wat gevul is met baie vrae en wat dikwels uitloop op afskeid.
Hierdie afskeid kom soms baie vinniger as wat mense antisipeer en daarom
wou ek deur die bestudering van die onderwerp uitvind of die tyd saam met
kanker-geaffekteerde afgetredenes nie meer optimaal benut kan word nie.
Met die onderneming van hierdie studie het ek probeer om op weg te gaan
met twee sake. Eerstens met die onderwerp waaroor niemand graag praat
nie; kanker. Ons praat nie graag daaroor nie, want die algemene persepsie is
dat dit ’n doodsvonnis verteenwoordig. Dit wek by ons almal beelde van lyding
en agteruitgang - en dit konfronteer ons met ons eie eindigheid. Tweedens het
ek op weg gegaan met die gereformeerde pastoraat. Binne die kaders van
hierdie teologiese dissipline wou ek ook meer te wete kom van die benadering
wat huidiglik baie opgewondenheid in terapeutiese kringe veroorsaak, die
sogenaamde narratiewe benadering. Kan hierdie benadering tot terapeutiese
begeleiding ook die pastoraat aan die kanker-geaffekteerde ten goede dien?
My ondersoek van hierdie sake staan in diens van die groter doel van die
studie, naamlik om waarde toe te voeg aan die wyse waarop pastors
kankerlyers bystaan.
Ek bied hierdie studie aan as ’n op weg gaan met genoemde onderwerpe
binne die raamwerk van die gereformeerde poimeniek. Die waarnemings
hierin vervat is dus perspektiwies van aard en dring nie aan op finaliteit of dat
dit ’’regte’’ antwoorde vir die probleem van pastoraat aan die kanker-
geaffekteerde gevind het nie. Dit wil bloot ’n beskeie bydrae tot ’n gesprek
lewer wat nie op hierdie stadium baie deelnemers het nie.
Die reis met hierdie onderwerpe was nie sonder probleme nie. Daar was
spesifieke probleme ondervind, veral ten opsigte van die verkryging van
resente literatuur rondom kanker en die effek daarvan op ouer mense. Die
inligtingspoel waaruit die studie geput het, het hoofsaaklik bestaan uit die
biblioteke van die Universiteite van die Vrystaat en Noordwes (UOVS Sasol -
en Ferdinand Postma Biblioteke) en hulle takbiblioteke. Dit was opvallend dat
literatuur oor die algemeen verouderd is, dit wil sê, in baie gevalle ouer as tien
jaar was. Omdat die studie ook vanuit ’n diakoniologiese perspektief vertrek,
moes noodwendig op ouer teologiese werke gesteun word. Hierdie beginsel is
ook waar van kommentare en dogmatiese werke wat aangehaal is. Ek meen
egter dat vanuit gereformeerde teologiese hoek, hierdie standpunte steeds
gewig dra en daarom is dit steeds binne hierdie studie gebruik.
Omdat die studie poog om ’n verwysingsraamwerk vir die pastoraat aan die
afgetrede kanker-geaffekteerde egpaar te konstrueer, is verskeie aspekte van
die siekte en die effek daarvan redelik breedvoerig bespreek. ’n Groot deel
van die studie word dus opgeneem deur basisteoretiese besinning wat sekerlik
nog verder uitgebou kan word. Ek het egter gepoog om net genoeg
basisteorie te konstrueer om my in staat te stel op verantwoorde wyse met die
kwalitatiewe gedeelte van die studie te kon voortgaan.
282
Om die beginsels van die narratiewe benadering te akkommodeer, is die
afgetrede egpaar wat vir die kwalitatiewe gedeelte van die studie gewerf is, nie
deel van my gemeente nie. Hier dink ek veral aan die beginsels van ’’not
knowing’’ en ’’the client is the expert.’’ Die egpaar met wie die terapie gedoen
is, is via die plaaslike tak van die Kankervereniging gewerf en omdat ons
mekaar nie geken het nie, was dit vir my makliker om hierdie beginsels toe te
pas.
Die terapeutiese proses is ook op hierdie wyse beter gefasiliteer, aangesien
daar nie verwarring was tussen huisbesoek, siekebesoek en terapie nie.
Ek bied hierdie studie aan met die wens dat dit die onderwerp sal verhelder en
dat dit sal meewerk om verhale van hoop te skep in die lewens van afgetrede
egpare en hulle naasbestaandes wat hoop verloor het as gevolg van kanker.