Show simple item record

dc.contributor.advisorTolmie, A.
dc.contributor.advisorVan Staden, A.
dc.contributor.authorEksteen, Lizelle Jacoba
dc.date.accessioned2015-08-21T11:19:50Z
dc.date.available2015-08-21T11:19:50Z
dc.date.issued2014-06
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/1058
dc.description.abstractEnglish: The development and application of mathematical competence have become a strategic educational objective for all learners in South Africa (South Africa 2010:3-6; South Africa 2011c:5; South Africa 2011a:2). The researcher believes that early preventive intervention for at-risk learners in the key aspects of mathematical proficiency might prevent serious deficits in mathematical competence. By the time learners enter formal schooling certain skills must have been acquired so that they will be at risk to develop delays with regard to basic mathematical skills and concepts. Their ability to acquire basic math concepts depend upon the interplay between cognitive, perceptual and other developmental factors. The purpose of this article is to identify the key issues related to mathematical learning disability (MLD) and afterwards to utilise the knowledge to draw up an intervention programme for mathematics that will be implemented within a response to intervention (RtI) framework.en_ZA
dc.description.abstractAfrikaans: Wiskunde is ’n universele taal en ’n integrale komponent van die alledaagse lewe. Dit dien die samelewing op talle verskillende vlakke (Schoenfeld 2002:14; Tai, Qi Liu, Maltese Fan 2006:1143). Dit is noodsaaklik vir toelating tot hoër onderwys en is ’n fundamentele vereiste vir baie moderne professies (McCarthy & Oliphant 2013:3). Getuienis in twee onlangse verslae deur die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming wys op die swak onderrig en prestasie in wiskunde in die meerderheid Suid-Afrikaanse skole (Simkins 2013:4; Spaull 2013:4). Voorts beklemtoon die KBAV Grondslagfase vir wiskunde die belangrikheid van fundamentele bekwaamheid in wiskundige vaardighede, konsepte en prosesse vir latere opvoedkundige prestasie; nogtans tree ’n ontstellende groot getal leerders tot formele skoolonderrig toe sonder die noodsaaklike vaardighede om sukses in die aanleer van wiskunde te behaal. Die wye dispariteite in hierdie leerders se wiskundige kennis stel hulle kwesbaar en oop vir die moontlikheid om wiskundige leergeremdheid te ontwikkel (Francis, Rivera, Lesaux, Kieffer & Rivera 2006:34-36; Koshy, Ernest & Cassey 2009:215). ’n Leerder se ontvanklikheid om basiese wiskundige vaardighede en konsepte te verwerf is van verskillende aspekte afhanklik, insluitend die wisselwerking tussen kognitiewe, perseptuele en ander ontwikkelingsfaktore. Die navorsing word as twee artikels aangebied, te wete ’n teoretiese en ’n empiriese artikel. Die teoretiese artikel ondersoek die vroeë voorspellers van fundamentele probleme rakende wiskundige leergeremdheid. Dit analiseer ook die kernelemente van die wiskundige bekwaamheid van leerders wat skoolgaande ouderdom bereik. Leerders met wiskundige leergeremdheid ondervind probleme met getalbegrip, telvaardighede, getalfeitonttrekking, prosedurele berekenings en die konseptuele begrip van wiskunde (Ebersöhn & Eloff 2004:122; Geary, Bailey, Littlefield, Wood, Hoard, Nugent 2009:411; Kester, Lehnen, Van Gerven & Kirschner 2006:94). Die tweede artikel beoog om wiskundige leergeremdheid in later grade te verminder of moontlik te voorkom. Dit doen verslag oor ’n ondersoek omtrent die uitwerking van ’n intervensieprogram van ses maande met behulp van die respons-op-intervensie-raamwerk en fokus spesifiek op Vlak 2-intervensie met leerders wat vir potensiële wiskundige leergeremdheid geïdentifiseer is. Die intervensieprogram teiken doelgerig die vaardighede wat as sentraal vir vroeë wiskundige ontwikkeling geïdentifiseer is deur middel van 91 gedetailleerde onderrig, verminderdebystand-tegnieke en die gebruik van aktiwiteite gerig op die konkrete en abstrakte voorstelling van getalle. Wanneer die tellings van die voor- en ná-toetse vergelyk word, toon die resultate positiewe korrelasies met die uitkomsveranderlikes. Uit die vooraf-toetse het dit duidelik geblyk dat die tellings van beide die eksperimentele en die kontrolegroep baie laag was en dat leerders agterstande getoon het in sowel die Ballard en Westwood + en – toetse as in al agt die subtoetse van die Aanlegtoets vir Skoolbeginners (ASB). Uit die tellings van die toetse wat ná die intervensie afgelê is (Ballard en Westwood) het dit geblyk dat die gemiddelde tellings van leerders in die eksperimentele groep ’n beduidende verbetering getoon het, terwyl die tellings van die kontrolegroep ’n geringe verbetering getoon het. Leerders se tellings in die BSB voor en ná intervensie het daarop gedui dat soortgelyke resultate behaal is met betrekking tot al die toetsuitskomsveranderlikes van die ASB. Die hoogste korrelasie was dié tussen leerders se ruimtelike vermoëns en hulle vermoë om optelsomme te doen. Hierdie bevinding is in ooreenstemming met navorsing deur Bull, Davidson en Nordmann (2010:249) dat beter prestasie in take wat ruimtelike vermoëns betrek, met hoër tellings in rekenkunde korreleer. Die navorser beskou hierdie tipe intervensie as ’n waardevolle hulpmiddel vir langtermynsukses in wiskunde. Dit is nodig dat die effektiwiteit van vroeë wiskundige intervensie met spesifieke verwysing na ’n tyd-effektiewe assesseringsinstrument wat op agterstande in bepaalde vaardighede aandui, gevalideer word. Die navorser vertrou dat hierdie bevindings die weg sal baan vir toekomstige navorsing in Suid-Afrika aangesien dit oor die potensiaal beskik vir uitnemende dienslewering in die klaskamers van die land.
dc.language.isoenen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectResponse to intervention (RtI) frameworken_ZA
dc.subjectPreventive interventionen_ZA
dc.subjectPerceptual developmenten_ZA
dc.subjectEarly numeracy skillsen_ZA
dc.subjectWorking memoryen_ZA
dc.subjectMathematical learning disabilityen_ZA
dc.subjectDissertation (M. Ed. (Psychology)) -- University of the Free State, 2014en_ZA
dc.titleMathematical learning difficulties in Grade 1: the role and interrelatedness of cognitive processing, perceptual skills and numerical abilitiesen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record