• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Die waarde van die Kodaly-konteks vir primerefase-musiekopvoeding in die Oranje-Vrystaat: 'n historiese, kritiese en empiries-didaktiese ondersoek

    Thumbnail
    View/Open
    HeinsGJL.pdf (4.205Mb)
    Date
    1990
    Author
    Heunis, G. J. L.
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: In hierdie studie word daarop gewys dat die belangrike beginsel van musikale geletterdheid grotendeels genegeer word in Suid-Afrikaanse junior primêre klasmusiekpraktyk. Notasieleer en bladlees is trouens die sillabuskomponent wat oor die algemeen die meeste afgeskeep word in die huidige primêrefase-klasmusieksituasie. 'n Rede hiervoor is dat primêrefase-klasmusiekleerkragte dikwels nie filosofies-metodologies onderleg is om notasieleer en bladlees betekenisvol te onderrig nie. Dit is daarom noodsaaklik geag om dié probleem op 'n wetenskaplike-gefundeerde wyse aan te spreek, iets wat nog nie voorheen in Suid-Afrikaanse musiekopvoedkundige verband gedoen is nie. Voortspruitend uit die oortuiging dat die probleem metodologies van aard en daarom ondervangbaar is, is ondersoek ingestel na 'n bewese metode wat vir Suid-Afrikaanse musiekopvoedkundige omstandighede aangepas kan word. Die Kodaly-konteks, waarin die ontwikkeling van musikale geletterdheid 'n primêre doelwit is, is in hierdie verband as moontlik geskik geidentifiseer en 'n deeglike studie is gemaak van die benadering se (1) filosofiese beginsels en metodologiese grondvorme, asook (2) aanpasbaarheid daarvan in eiesoortige musiekkulturele omstandighede. Voorts is die klasmusieksituasie in die Oranje-Vrystaat deurskou ten einde te bepaal wat die bevatlikheid van dié provinsie is om so 'n aanpassing te akkommodeer. Gevolglik is die Kodaly-konteks aangepas by verbandhoudende leergangvereistes en is die metodologiese grondvorme daarvan geïntegreer met 'n Suid-Afrikaanse volkslied-gebaseerde liedrepertorium. Voorspruitend hieruit was 'n eksperimentele lesreeks van 34 onderrigeenhede wat oor 'n periode van ses maande empiries-didakties in twee Bloemfonteinse laerskole getoets is. Die doel met die eksperiment was om te bepaal hoe effektief die aangepaste leersekwens is om die bladleesvaardigheidsaspekte van 'n geselekteerde navorsingsgroep te ontwikkel. Die eksperiment het daarop gedui dat die Kodaly-konteks as 'n aangepaste eksperimentele model beduidend beter resultate gelewer het met betrekking tot die ontwikkeling van toonduur-, toonhoogte- en tydmaatwaarnemingsvermoë by 'n eksperimentele leerlinggroep as by kontrolegroepe wat nie die eksperimentele intervensie ondergaan het nie. Na aanleiding van dié resultaat is die Kodaly-konteks geponeer as 'n geskikte benadering vir die ontwikkeling van musikale geletterdheid by junior primêrefase-leerlinge in die Oranje-Vrystaat.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/10568
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback