Show simple item record

dc.contributor.advisorVan Jaarsveld, G. J.
dc.contributor.authorDu Plessis, Chris
dc.date.accessioned2019-09-16T08:21:44Z
dc.date.available2019-09-16T08:21:44Z
dc.date.issued1984-06
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/10328
dc.description.abstractDie probleem wat in die verhandeling onder die loep kom het drie fasette, naamlik: - die manlike dominansie in die taal van mans en vrouens; - die konkurrensie van hy/sy en hy/dit en om die dominansie te bepaal: - die wisselende gebruik van hy en sy met verwysing na lewende geslagtelike referente, nie-lewende referente, menslike referente en om voorbeelde en moontlike voorwaardes vir die onreëlmatige gebruik te probeer bepaal. 'n Werkbare definisie is gegrond op die omskrywing wat in WAT gevind word en die voornaamwoorde is aan die hand van hierdie definisie getoets. Die ondersoek het die volgende bevindings aan die lig gebring, naamlik dat: - taalverandering besonder sterk aan die werk is by voornaamwoordelike anaforiek en dat hy klaarblyklik besig is om dit nog verder te verdring; - die primêre funksie van hy die gebruik in verband met manlike persoons- en diername en by gemeenslagtige persoons- en diername is waar die geslag nie ter sake is nie; - hy egter onder bepaalde omstandighede deur sy verdring word; - die dominansie van die manlike voornaamwoord vir onsydige voorwerpe en vir gemeenslagtige persoonsname suggereer dat manlike dominansie moontlik ook op ander vlakke van die taal gereflekteer word. Die belangrikste bevindings wat gemaak is, is naamlik dat: - onreëlmatige voornaamwoordgebruik in sommige streke 'n patroonmatige voorkoms het, andersins toon die wisselende verskynsel 'n minder patroonmatige gebruik wat in beide die Standaard en nie-Standaardafrikaans voorkom; - die verskynsel van wisselende voornaamwoordgebruik hom landswyd voordoen en by beide geslagte aangetref word; - die onreëlmatige gebruik in nie-Standaardafrikaans sterk ooreenkoms toon met die Namakwalandse spreekstyl; - die gebruik 'n subsisteem van die spreker se taalskat is as gevolg van faktore soos die volgende: respek; vleitaal; liefdevolle, versagtende optrede, simpatieke meegevoel, neerhalende gebruik, woede, selfstandigheid, Engelse invloed, Nederlandse invloed, gevoelswaarde. Ten slotte is aangetoon dat: - die onreëlmatige gebruik gemanifesteer word in opvoedingshiërargieë; - beheersdheid gepaard gaan met die wisseling; - daar 'n proses van taalverandering aan die werk is, maar dat algehele standaardisering uitgesluit is omdat te veel affktiwiese faktore betrokke is.en_ZA
dc.description.sponsorshipRaad vir Geesteswetenskaplike Navorsingen_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Afrikaans and Dutch))--University of the Free State, 1984en_ZA
dc.titleDie mededinging tussen die manlike en vroulike voornaamwoord in Afrikaansen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record