Janse van Rensburg, JohanBrunsdon, Alfred Richard2015-10-282015-10-282006-11-302008-06-282006-11-30http://hdl.handle.net/11660/1466English: A diagnosis of cancer is shattering news. It is imbedded in negative social discourses like suffering and has far-reaching implications for those affected by it. Couples who have reached the unique life-stage of retirement, are affected in a specific way by a diagnosis of cancer. Not only are the so-called golden years in jeopardy, but also the positive opportunities associated with this lifestage. In view of the apparent lack of pastoral models to cope with this phenomenon, this study will seek a workable model by which the retired couple affected by cancer can be counselled. The narrative approach to therapy has attracted a great deal of attention in therapeutic circles during recent years. It will therefore be used within the framework of this research. It will, however, be used within the diaconiological epistemology and not within the context of its original epistemological roots. Linked to a qualitative approach, this study will be descriptive and exploratory in nature while conducting therapy with a retired couple affected by cancer. As qualitative research is a form of participatory research, it makes the description of the pastoral-therapeutic process possible. At the basis of this narrative pastoral activity lie Biblical principles as the diaconiological epistemology perceives the Bible as being normative for pastoral therapy. When the life-goals of man are viewed within the light of Scripture, the radical nature of cancer becomes apparent. Scripture also provides valuable insight as to what the goals of therapy should be within this study. As the diaconiological epistemology acknowledges and make use of metatheoretical insights, basic theoretical insights are drawn from disciplines such as psychology, sociology and systems theory. In this manner a clearer understanding of the retired couple is achieved. This study serves the community by giving a retired couple affected by cancer the opportunity to tell their problem-saturated story. With the narrative approach as strategy the pastoral process gives them a chance to tell their story in a reflective manner. In doing so, the negative discourses of cancer can be heard. However, it also offers them the opportunity to recall the times that they coped well with cancer and in doing so, reminds them that a full life is possible in spite of a serious illness. The sustenance of God and his Holy Word also becomes apparent and in this manner the transforming effect of pastoral therapy comes to the fore. This study also serves the reformed pastoral therapy as it utilises a contemporary pastoral approach within a diaconiological epistemology. It shows that the narrative approach is valuable as a model by which the retired couple affected by cancer can be counselled and helped to lead a meaningful life amidst an existential crisis.Afrikaans: Die behoefte om die onderhawige studie aan te pak, is grootliks gebore uit die waarneming dat kanker as ’n groot ontnugtering deur afgetrede egpare beleef word. Oorgehaal en gereed om die goue jare te geniet, is die diagnose van kanker sekerlik van die mees verpletterende nuus wat gehoor kan word. Die negatiewe impak op die kinders en kleinkinders kan ook nie misgekyk word nie. As gemeente-leraar in die Nederduiste Gereformeerde Kerk kruis my pad gereeld met afgetredenes wat vasgevang is in die maalkolk van die ontnugtering, die uitmergelende behandeling en aanpassings wat kanker van 281 mense vereis. As pastor moet ek hulle na die beste van my vermoë begelei, vertroos en help om sin te maak van hierdie moeilike ervaring. Vanuit die verwysingsraamwerk van die Skrif en die geloof wat ons in gemeen het, loop ons ’n pad wat gevul is met baie vrae en wat dikwels uitloop op afskeid. Hierdie afskeid kom soms baie vinniger as wat mense antisipeer en daarom wou ek deur die bestudering van die onderwerp uitvind of die tyd saam met kanker-geaffekteerde afgetredenes nie meer optimaal benut kan word nie. Met die onderneming van hierdie studie het ek probeer om op weg te gaan met twee sake. Eerstens met die onderwerp waaroor niemand graag praat nie; kanker. Ons praat nie graag daaroor nie, want die algemene persepsie is dat dit ’n doodsvonnis verteenwoordig. Dit wek by ons almal beelde van lyding en agteruitgang - en dit konfronteer ons met ons eie eindigheid. Tweedens het ek op weg gegaan met die gereformeerde pastoraat. Binne die kaders van hierdie teologiese dissipline wou ek ook meer te wete kom van die benadering wat huidiglik baie opgewondenheid in terapeutiese kringe veroorsaak, die sogenaamde narratiewe benadering. Kan hierdie benadering tot terapeutiese begeleiding ook die pastoraat aan die kanker-geaffekteerde ten goede dien? My ondersoek van hierdie sake staan in diens van die groter doel van die studie, naamlik om waarde toe te voeg aan die wyse waarop pastors kankerlyers bystaan. Ek bied hierdie studie aan as ’n op weg gaan met genoemde onderwerpe binne die raamwerk van die gereformeerde poimeniek. Die waarnemings hierin vervat is dus perspektiwies van aard en dring nie aan op finaliteit of dat dit ’’regte’’ antwoorde vir die probleem van pastoraat aan die kanker- geaffekteerde gevind het nie. Dit wil bloot ’n beskeie bydrae tot ’n gesprek lewer wat nie op hierdie stadium baie deelnemers het nie. Die reis met hierdie onderwerpe was nie sonder probleme nie. Daar was spesifieke probleme ondervind, veral ten opsigte van die verkryging van resente literatuur rondom kanker en die effek daarvan op ouer mense. Die inligtingspoel waaruit die studie geput het, het hoofsaaklik bestaan uit die biblioteke van die Universiteite van die Vrystaat en Noordwes (UOVS Sasol - en Ferdinand Postma Biblioteke) en hulle takbiblioteke. Dit was opvallend dat literatuur oor die algemeen verouderd is, dit wil sê, in baie gevalle ouer as tien jaar was. Omdat die studie ook vanuit ’n diakoniologiese perspektief vertrek, moes noodwendig op ouer teologiese werke gesteun word. Hierdie beginsel is ook waar van kommentare en dogmatiese werke wat aangehaal is. Ek meen egter dat vanuit gereformeerde teologiese hoek, hierdie standpunte steeds gewig dra en daarom is dit steeds binne hierdie studie gebruik. Omdat die studie poog om ’n verwysingsraamwerk vir die pastoraat aan die afgetrede kanker-geaffekteerde egpaar te konstrueer, is verskeie aspekte van die siekte en die effek daarvan redelik breedvoerig bespreek. ’n Groot deel van die studie word dus opgeneem deur basisteoretiese besinning wat sekerlik nog verder uitgebou kan word. Ek het egter gepoog om net genoeg basisteorie te konstrueer om my in staat te stel op verantwoorde wyse met die kwalitatiewe gedeelte van die studie te kon voortgaan. 282 Om die beginsels van die narratiewe benadering te akkommodeer, is die afgetrede egpaar wat vir die kwalitatiewe gedeelte van die studie gewerf is, nie deel van my gemeente nie. Hier dink ek veral aan die beginsels van ’’not knowing’’ en ’’the client is the expert.’’ Die egpaar met wie die terapie gedoen is, is via die plaaslike tak van die Kankervereniging gewerf en omdat ons mekaar nie geken het nie, was dit vir my makliker om hierdie beginsels toe te pas. Die terapeutiese proses is ook op hierdie wyse beter gefasiliteer, aangesien daar nie verwarring was tussen huisbesoek, siekebesoek en terapie nie. Ek bied hierdie studie aan met die wens dat dit die onderwerp sal verhelder en dat dit sal meewerk om verhale van hoop te skep in die lewens van afgetrede egpare en hulle naasbestaandes wat hoop verloor het as gevolg van kanker.afThesis (Ph.D. (Practical Theology))--University of the Free State, 2006Cancer -- Patients -- Pastoral counseling ofChurch work with the terminally illPalliative treatment -- Religious aspectsNarrative therapyPostmodernismDiaconiological epistemologyReformed pastorateQualitative researchRetired couplesPastoraat aan die afgetrede egpaar deur kanker geaffekteer: 'n narratiewe benaderingThesisUniversity of the Free State