Steenkamp, J. A.Ferreira, D.Burger, J. F. W.Rabe, Charlene2023-12-062023-12-061992http://hdl.handle.net/11660/12340Dissertation (M.Sc.(Chemistry))--University of the Free State, 1992Rooibostee is eie aan Suid-Afrika aangesien slegs die Sederbergstreek in die Kaap die ideale klirnaat vir die kweek daarvan het. Hierdie unieke tee het 'n kenrnerkende rooibruin kleur en 'n delikate, geurige srnaak wat wereldwyd al hoe gewilder word. Groen rooibosplante moet verwerk word (sien 1.2.2.3) om die gewenste organoleptiese eienskappe (kleur, geur en smaak) te ontwikkel. Die kondisies waaronder verwerking plaasvind, bevoordeel die vorming van gewenste of ongewenste verbindings met gevolglike toenemende of afnemende kwaliteit van die produk. Kennis van die chemiese samestelling van rooibos voor verwerking, die geskiktheid daarvan as substraat vir oksidases en die chemiese samestelling na verwerking, kan lig werp op chemiese veranderinge tydens oksidasie. Sodoende sal prosesaanpassings op 'n chemiese grondslag gemaak kan word. In die huidige ondersoek, is klem op die fenoliese inhoud van verwerkte rooibostee gele. Die ondersoek bet tot die isolasie van verskeie bensoe- en kaneelsure, asook flavone, flavonole, flavonolglikosiede, C-glikosidiese flavone, 'n dihidrochalkoon en 'n C-glikosidiese flavanoon gelei. Soos uit die literatuurstudie sal blyk, kan die fisiologiese aktiwiteit van rooibostee waarskynlik aan die teenwoordigheid van sekere geYsoleerde verbindings toegeskryf word (sien 2.2 en hoofstuk 4).afPlantkundige chemiephenolsfenolerooibos tearooibosteeaspalathusplant metabolitesplantmetabolietechemistry, organicchemie, organiesStruktuur en sintese van fenoliese metaboliete uit rooibostee (Aspalathus linearis)DissertationUniversity of the Free State