Vermaak, D.Brazelle, Robert Rodger2017-05-022017-05-021978-01http://hdl.handle.net/11660/6176Afrikaans: 'n Doeltreffende onderwysstelsel is een van die belangrikste bydraende faktore tot volgeheue ontwikkeling van 'n land. Omdat onderwys 'n duur onderneming is, moet voortdurende pogings aangewend word om dit so doeltreffend moontlik te maak. Beplande ontwikkeling van 'n land moet dus ook die beplanning van 'n doeltreffende onderwysstelsel insluit. Hierdie studie het dit ten doelom inligting oor die onderwyssituasie in Bophuthatswana te verskaf en breë riglyne neer te lê wat as grondslag vir toekomstige onderwysstelselbeplanning kan dien. Die onderwys van die Batswana het vanaf die eerste sendingpoging aan die begin van die 19de eeu in bykans 160 jaar gegroei tot 'n volwaardige eie onderwysstelses met eie wetgewende gesag en eie beheer deur 'n eie Departement van Onderwys. Teen 1973, met die aanname van die Bophuthatswana-wet op Onderwys deur die Bophuthatswana Wetgewende Vergadering, is onderwys reeds aan 314 601 leerlinge deur 5 415 onderwysers in 735 skole gegee. Teen 1977 ontvang 404 963 leerlinge verskillense Soorte onderwys - meer as 80 persent primêre onderwys en benewens sekondêre onderwys ook ambags, vak- en tegniese opleiding. 'n Begin is met gevorderde tegniese opleiding gemaak, terwyl onderwysersopleiding by 7 opleidingskolo verskaf word. Landbouopleiding word deur die Departement van Landbou van Bophuthatswana aan 'n landboukolleqe te Taung verskaf. Vir universiteitsenderwys is Bophuthatswana tans nog aangewese op inrigtings buite Bophuthatswana. Alle onderwysersopleiding en die grootste gedeelte van ander beroepsgerigte onderwys is onder staatsbeheer, terwyl ondersteunde gemeenskaskole eie meerderheid van die primêre en sekondêre leerlinge huisves. Die Departement van Onderwys oefen sentrale beheer oor die onderwys uit, terwyl gedesentraliseerde beheer vanuit 14 kringinspeksiekantore geskied. Skoolkomitees, onder toesig van kringinspekteurs, bestuur gemeenskapkole, en private skole word deur hul eienaars beheer en deur private bestuursliggame bestuur. Tot standerd 4 is die moedertaal die onderrigmedium waarna oorgeskakel word na Engels as onderrigmedium vir alle verdere onderwys. Die sillabusse van die Departement van Bantoe-onderwys word in alle skole gevolg en aan die einde van standerd 5 en vorm III word die eksterne eksamen van dié Departement afgelê. Senior sekondêre onderwys lei tot 'n senior sertifikaat wat met óf sonder universiteitsvrystelling verwerf kan word. Die Gemeenskaplike Matrikulasieraad sien toe dat die standaard dieselfde is as vir ander onderwysdepartemente in die Republiek van Suid-Afrika. Indien die volgehou groei in leerlinggetalle voortduur, behoort daar teen 1980 465 500 primêre en sekondêre 1leerlinge in Bophuthatswana te wees. Die groei van leerlinggetalle beklemtoon onder andere die reeds bestaande behoefte aan meer en beter gekwalifiseerde enderwysers en aan meer en beter geskikte akkommodasie en toerusting. Die behoefte aan meer opleidingsgeriewe vir verskillende soorte onderwys blyk onder andere uit die afwesigheid van sekondêre landbouskole en tekorte in opleidingsinrigtings vir tegnici. Ander probleme sluit in die hoë persentasie vroeë skoolverlaters en die probleme romdom die instelling van skoolplig. Op primêre skoolvlak moet die strewe wees om universele geletterdheid aan die bevolking te verskaf. Daarom moet die instelling van skoolplig op die laer primêre vlak hoë prioriteit geniet. Op hoër primêre vlak behoort die kurrikulum meer prakties te wees om aan te sluit by meer gedifferensieerde studierigtings wat op sekondêre vlak ingestel behoort te word. Onderwysersopleiding, wat indiensopleiding insluit, moet baie hoë prioriteit geniet en die instelling van die senior sekondêre onderwyserskursus na vorm V behoort onmiddellik te geskied. Die oprigting van 'n eie universiteit moet voorafgegaan werd deur navorsing om die behoefte van Bophuthatswana na tersiêre onderwys te bepaal. Sielkundige dienste, ingestel op eie behoeftes, behoort uitgebou te word, en volwassene-onderwys wat geletterdheidsprogramme insluit, moet gekoordineerd geskied. Koordinasie tussen die land se algemene ontwikkelingsplanne en die beplanning van die onderwys is onbelangrike vereiste om 'n doeltreffende onderwysstelsel vir Bophuthatswana te verseker.afEducation -- Bophuthatswana (South Africa)Dissertation (M.Ed. (Historical and Comparative Education))--University of the Free State, 1978Die onderwysstelsel van Bophuthatswana: 'n situasie- en behoeftebepalingDissertationUniversity of the Free State