Claasen, J. Y.Klopper, Hendrik Balsazer2017-05-022017-05-021986-01http://hdl.handle.net/11660/6171Afrikaans: Die probleem wat in hierdie studie hanteer word, is of kredietwaardigheid werklik met die persoonlikheidsregtelike lama van 'n persoon gelykgeskakel kan word en of dit daarmee ooreenstem soos wat tans die siening van die geldende reg is. Leiding moet noodwendig by die kredietgewingspraktyk in die feitelike werklikheid gesoek word omdat dit die taak van die regswetenskap is om verskynsels in die feitelike werklikheid tot regulerende regsreëls te herlei. Die werklikheidsbeskouing van kredietwaardigheid toon merkbare afwyking van die regswerklikheid. Kredietwaardigheid in die feitelike werklikheid word omskryf as die vertroue wat die kredietontvanger (skuldenaar) by die kredietgewer (skuldeiser) verwek in die wil en vermoë om sy finansiële verpligtinge te kan nakom. Die beskouing van die reg van kredietwaardigheid moet dan aan die hand hiervan geskied. Sekere regstelsels verleen direkte erkenning aan kredietwaardigheid en is in pas met die werklikheidsbeskouing van kredietwaardigheid. (Die Duitse, Oostenrykse en tot 'n mate, die Nederlandse reg). Ander regstelsels plooi weer die beginsels van die lasterdelik om beskerming te bewerkstellig terwyl sommiges statutêre beskerming bied (Engeland, Amerika en Kanada). Hierdie wetgewing het ook 'n voorkomende uitwerking. Die Romeinse en Romeins-Hollandse reg erken nie kredietwaardigheid as 'n spesifieke belang nie en ook is daar besliste twyfel of hierdie regstelsels kredietwaardigheid as 'n faset van dié fama geken het. Tog word daar tekste in hierdie regstelsels aangetref wat verwys na die vertrouenselement wat in kredietwaardigheid te vinde is. Die Suid-Afrikaanse reg benader kredietwaardigheid as synde 'n faset van die persoonlikheidsregtelike lama of as sinoniem daarvan en wend die lasteraksie aan om beskerming daarvan te bewerkstellig. Omdat kredietwaardigheid in die werklikheid nie die lama van'rtpersoon is nie, word van die erkende beginsels van die lasteraksie afgewyk om beskerming te bewerkstellig. So word weinig aandag aan die onregmatigheids- en skuldelement gegee en in sommige gevalle word onregmatigheid en skuld (opset) selfs verontagsaam ten einde kredietwaardigheid te beskerm. Kredietwaardigheid verskil in wesensopsigte van fama en hierdie andersheid word beklemtoon deur die feit dat 'n regspersoon wat oor geen persoonlikheidsregtelike fama kan beskik nie, tog kredietwaardig kan wees. Kredietwaardigheid kan nie met die persoonlikheidsregtelike lama gelykgeskakel word nie. So 'n gelykskakeling beteken dat die verlies aan lama ook verlies aan kredietwaardigheid meebring wat nie noodwendig die geval is nie. Hierdie gelykskakeling misken ook een van die grondelemente van kredietwaardigheid, naamlik die vermoë om te kan betaal. Die aantasting van kredietwaardigheid gee in die meeste gevalle aanleiding tot vermoënskade wat 'n aanduiding is van die belang wat betrokke is, naamlik 'n vermoënsbelang. lndien 'n regswetenskaplike nis vir kredietwaardigheid gesoek word, resoneer dit as subjektiewe reg onder die immateriële goedereregte synde 'n geesteskepping van die mens op ekonomiese gebied. Daarby voldoen kredietwaardigheid aan al die vereistes vir 'n subjektiewe reg. Omdat kredietwaardigheid 'n vermoënsreg, te wete 'n immateriële goedereg is, is die beginsels van die actio legis Aquiliae daarop van toepassing wat beteken dat nalatigheid voldoende is om aanspreeklikheid te vestig. Skade weens kredietwaardigheidsaantasting is ook met 'n redelike mate van juistheid berekenbaar. Dit beteken egter nie dat die aantasting van kredietwaardigheid nie tot 'n aksie vir genoegdoening aanleiding kan gee wanneer die benadeelde kan aantoon dat die kredietbenadelende bewering ook sy fama of dignitas aangetas het nie. In so 'n geval moet die sekondêre betekenis van die bewering egter blyk omdat die klassieke inbreukmakingshandeling tegelyk regmatig en onregmatig kan wees. Uit die gelyktydige regmatigheid en onregmatigheid van die inbreukrnakingshandeling ontstaan 'n dilemma omdat die benadeelde nie weet waarom krediet hom geweier word nie. Hierdie verskynsel veroorsaak dat die gemeneregtelike aksies, alhoewel voldoende, nie prakties beskerming kan bied nie. Om hierdie gebrek te verwyder beteken dat wetgewing ter verpligting van die openbaarmaking van inligting met die behoud van die gemeneregtelike aksies en wat terselfdertyd die geldigheid en verspreiding van sulke inligting beheer, noodsaaklik is. Nie alleen sal dit inbreukmakings voorkom en beskerming verhoog nie, maar sal dit ook die geleentheid bied om inbreukmakings op privaatheid weens die versameling en verspreiding van kredietinligting te beheer.afCredit -- Law and legislation -- South AfricaThesis (LL.D. (Private Law))--University of the Free State, 1986Die beskerming van kredietwaardigheid in die Suid-Afrikaanse regThesisUniversity of the Free State