Dekker, Johannes2017-03-302017-03-301957http://hdl.handle.net/11660/6042Afrikaans: Neorautanenia Edulis CA Sm. is 'n bolplant wat voorkom in die Noordelike dele van Transvaal en wat deur die inboorlinge aldaar in gedroogde verpoeierde vorm as visgif aangewend word. Hierdie verhandeling is 'n voortsetting van die navorsingswerk wat deur Groenewoud en van Duuren, Brink en Van Vuuren op die bol van die plant gedoen is. Hierdie outeurs het die volgende verbindings uit die bol geïsoleer: (tabel in volteks) Van Duuren het gevind dat slegs stowwe C en F defnitiewe visgiwwe is, terwyl stowwe A, B, D en E slegs 'n irriterende effek op goudvissies het. In hierdie studie is gebruik gemaak van dieselfde ekstraksie- en skeidingsmetodes as dié wat beskryf word deur van Duuren. Hoeveelhede van stowwe A en E is geïsoleer asook 'n nuwe verbinding, stof I, met smeltpunt 146.5°C en molekulêre formule C19H14O5. Hierdie verbinding, wat in kleurlose naalde uit 'n 30-70% mengsel van etileendikloried-etanol kristalliseer, is heelwaarskynlik na verwant aan stof C en vertoon ook visgifeienskappe, hoewel ietwat swakker as dié stof C. 'n Studie is gemaak van die meganismes en tegnieke in katalitiese hidrogenasies van organiese verbindinge. Al drie hierdie geïsoleerde verbindinge is onderwerp aan hidrogenasie-eksperimente met die katalisatore Platien, Palladium en Raney-nikkel, en die veranderings wat ingetree het tydens die hidrogenasies is ondersoek ten opsigte van toksisiteit en infra-rooi en ultra-violet-spektra.afBotanical chemistryPoisonous plantsHydrogenationNeorautanenia edulisDissertation (M.Sc. (Chemistry))--University of the Free State, 1957Suid-Afrikaanse plant visgifstowwe VII, struktuurstudies op verbindinge geisoleer uit Neorautanenia edulis C.A. Sm.DissertationUniversity of the Free State