Laubscher, Martin2016-07-192016-07-192014Laubscher, M. (2014). Met die oog op God. Voorveronderstellings van die reformatoriese invalshoek op Praktiese Teologie, BJ de Klerk en FW de Wet (Reds.): boekresensie. Acta Theologica, 34(1), 242-244.1015-8758 (print)2309-9089 (online)http://dx.doi.org/10.4314/actat.v34i1.14http://hdl.handle.net/11660/3434B.J. de Klerk en F.W. de Wet (Reds), Met die oog op God. Voorveronderstellings van die reformatoriese invalshoek op Praktiese Teologie (Noordbrug: Potchefstroom Teologiese Publikasies, 2013), pp. xi + 340, ISBN 978-0-86955-206-3.Afrikaans: Die verskyning van 'n plaaslike (prakties) teologiese vakboek - en dan nog in Afrikaans! - is beslis nie iets wat ongesiens verby kan gaan nie. Siende die Suid-Afrikaanse akademiese sisteem veel meer artikels as boeke beloon, was daar vanuit meet 'n nuuskierigheid en waardering by die leser vir hierdie bydrae. Nie net spreek dit die behoefte aan boeke op plaaslike front in vaktaal aan nie, maar dit probeer so ook om weliswaar 'n meer omvattende en indringende bydrae te lewer. Of die boek egter daarin slaag om waarlik as boek oor te kom was deurentyd by my 'n vraag. Afgesien van die laaste opsommende hoofstuk (elf) bestaan die boek uit artikels wat tussen 2010 en 2012 in plaaslike vakjoernale verskyn het. Uiteraard is daar voor- en nadele daaraan verbonde. Aan die een kant belig dit die die bos teenoor die bome, versterk dit die vloei en ordening van die groter argument in die besonder, maar aan die ander kant was daar herhaling asook 'n gevoel by die leser dat ek dit reeds vroeër en elders onder oë gehad het. Die spanning tussen nuut en tweedehands was inherent deurgaans teenwoordig. Ter inleiding dus kan die leser opmerk dat die boek beslis 'n onmiddellike toevoeging tot die Suid-Afrikaanse prakties-teologiese boekrak lewer, maar vanweë sy duidelik artikel-georiënteerde geskiedenis is dit ongelukkig 'n beperkte bydrae. Dalk is dit 'n te hoë verwagting, maar wat as die boek in plaas van te versamel eerder waarlik kon groei vanuit die vorige publikasieproses?afBook reviewMet die oog op God. Voorveronderstellings van die reformatoriese invalshoek op Praktiese Teologie, B.J. de Klerk en F.W. de Wet (Reds.): boekresensieArticleFaculty of Theology, University of the Free State