Laker, M. C.Eloff, Jacobus Frederick2018-02-072018-02-071971-12http://hdl.handle.net/11660/7780Afrikaans: Op die Vaalhartsbesproeiingskema is 30 veldproewe uit gelê om die toeganklike fosforstatus van die verteenwoordigende gronde te bepaal. Sitroensuur-P, Bray-P, Olsen-P, CAL-P en hars-P uit die grond geëkstraheer, is gekorreleer met plantmassas van Zambesi-koring op pypstadium, fosforopname op pyp en met oesopbrengs ten einde die geskikste metode vir die voorspelling van "plantbeskikbare" fosfor vir hierdie gronde te vind. Ander plantvoedingstofkonsentrasies (K, Ca, Mg en Zn) in die plante op die pypstadium is bepaal, terwyl die P-, K-, Ca-, Mg- en Zn-konsentrasies in die graan en die hoeveelhede verwyder deur die oes ook bereken is. Al die ekstraksieprosedures het hoogs betekenisvol (P=0,01) met mekaar gekorreleer, alhoewel die metode van Olsen deurgaans 'n laer korrelasiekoëffisiënt met al vier die ander metodes vertoon het. Hoewel alle metodes beteknisvol gekorreleer het met plantmassas op pypstadium, fosforopname en oesmassas het die Olsenekstraheerbare-P in alle gevalle, maar veral met oesmassas, die beste korrelasies gelewer. Hierdie metode word dan ook aanbeveel vir die bepaling van plantbeskikbare fosfor in die gronde onder bespreking, waarin die Manganoserie oorheersend is. Dit is bevind dat die fosforstatus van 64% van die bogronde van die bewerkte grond reeds voldoende opgebou is en dat slegs onderhoudsbemesting daar nodig is. Die ondergronde het in alle gevalle prakties gesproke geen "plantbeskikbare" fosfor bevat nie. Dit is baie duidelik dat fosforbeweging as gevolg van loging nie plaasvind in die gronde onder bespreking nie. 'n Insiggewende verwantskap is aangetoon tussen die KAV's van die kleifraksies van die bogronde en die kalum-, kalsium- en sinkkonsentrasies en K:Mg verhouding in plante op pypstadium. Hierdie verwantskap is ook bevestig deur die K-konsentrasies in die graan.afPhosphatic fertilizersSoils -- South Africa -- Northern Cape -- VaalhartsSoils -- Phosphorus contentDissertation (M.Sc.Agric. (Soil Science))--University of the Free State, 1971Studies oor die toeganklike fosforstatus van sekere VaalhartsgrondeDissertationUniversity of the Free State