Kellerman, J. S.Britz, R. M.Erasmus, Lourens Marthinus2024-01-292024-01-291994http://hdl.handle.net/11660/12352Thesis (Ph.D.(Theology))--University of the Free State, 1994Gemeentebou bet in die Ned. Geref. Kerk 'n huishoudelike woord geword. Dit staan enersyds in verband met 'n bepaalde prob/ematiek van die gemeentelike lewe en andersyds met die op/ossing claarvoor. As 'n konsep en prakties-teologiese benadering is dit oor die afgelope aantaljare in die geledere van die kerk aangegryp as 'n manier om die gemeentelike struktuur en praktyk grondliggend te vernuwe. Dit het nuwe rnoontlikhede, uitdagings en vergesigte geopen vir talle predikante en lidmate wat 'n onvergenoegdheid met die praktiese kedclilce lewe ervaar bet. En, gesorg vir 'n beduidende invloed in die Ned. Geref. Kerk. Daar kan nie oor die konternporere teologie in die Ned. Geref. Kerk gepraat word, sonder om ook die gemeentebouteologie te verreken nie. Orn die beslag van die gemeenteboubeweging behoorlik in kaart te bring, moet dit in verband gesien word met die belangrike besinningsproses wat gedurende die sewentigerjare in die Ned Geref. Kerk op gang gekorn het Veel klem is in hierdie tyd geplaas op die getuienis en diens van die indiwiduele lidrnaat. Dit het konkrete gestalte gevind in die omvattende sending-en evangelisasieprogram van 1970, die landwye Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 en die werlcsaarnhede van die Dinamiese Gemeentebou-Studiegroep van 1978. Die klern op die indiwiduele lidmaat is mettertyd verskuif na die kollektiwiteit van die gemeente as geloofsgemeen­ skap. Die verwerking van die konsepte van "dinarniese gerneentebou" deur Bybelkor se Gemeenteboureekse en Lidmaattoerustingsprogramme in die tagtigerjare, het "gemeentebou" vierkantig op die tafel geplaas. Dit het 'n benadering in die Ned Geref. Kerk geword wat doelbewus gcywer het vir die goeie en optirnale funksionering van die gerneente. Sinodale Kornmissies, soos die Algernene Kommissie vir Arnpsbediening en Evangelisasie en die Algemene Jeugkommissie, bet hierin 'n belangrike rol gespeel. Die vakwetenskaplike beoefening sowel as die kurrikulering claarvan in die amptelike teologiese opleiding van die Ned Geref. Kerk teen die middel van die tagtigerjare, het verdere stukrag aan die gemeenteboubeweging verleen en die ontwikkeling vakwetenskaplik bestendig. Gemeentebou het dus uitgegroei tot 'n teologiese dissipline met 'n ornvangryke invloed in die Ned. Geref. Kerk. Met entoesiasme, aangevuur deur die snel veranderende konteks waarrnee die kerk sedert 1980 gekonfronteer is, is saamgewerk, beplan, geeksperirnenteer en onderling verslag gelewer. Vera! in die Ned. Geref. Kerk was iets nuuts aan die gebeur. Gewapen met die kennis aangaande die gerneenteboubeweging en 'n aanvoeling vir veral die missionere dimensie van die "diakonale gemeente," was dit aanvanklilc die voorneme om 'n bedieningsmodel te beredeneer waarin die missionere diakonaat van die plaaslilce gemeente tereg moes kom. Die "Diakonale gemeente in koninkryksper­spektief' het horn as 'n aktuele terna voorgedoen om in 'n doktorale studie aangepak te word Die bediening van die "diakonale gemeente" moes die omvangryke eksistensiele nood in die wereld aanspreek en verlig. Vanselfspre­kend het dit 'n "struktuurbenadering" vereis om deur middel van basis-en praktykteoretiese ontwerpe gevolg te gee aan 'n nuwe en meer dinamies-diakonale inrigting van die gerneentelike bediening. Ook sou empiriese navorsing en analise die geldigheid en haalbaarheid van nuut ontwerpte teoriee bevestig.afChurch growthGemeente-opbouDiaconiologySola ecclesia? : 'n kritiese verantwoording van die kerkbegrip van die gemeentebouteologie in die Nederduitse Gereformeerde KerkThesisUniversity of the Free State