Human, J. J.Meyer, Deon2018-04-242018-04-241985-01http://hdl.handle.net/11660/8227Afrikaans: Langdurige droogtes en beperkte waterbronne het die besproeiingsboer genoodsaak om die water tot sy beskikking so spaarsaam moontlik te gebruik, ten einde nog steeds optimum oeste af te haal. Die probleem het die behoefte na navorsing op hierdie gebied laat ontstaan. Proewe is onder gekontroleerde toestande uitgevoer, en daar is veral gelet op die effek van vogstremming op blaaroppervlakte, planthoogte, stamdeursnit, blaartemperatuur, koolstofdioksiedabsorpsietempo en opbrengskomponente. By die vegetatiewe groei is gevind dat In matige stremming gedurende die vyfblaar-stadium, die grootste blaaroppervlakte, hoogste plante en dikste stamme gelewer het. Gedurende die blomknop-, blom- en bolstadiums het die kontrolebehandelings die beste resultate gelewer. Wat die fisiologiese aspekte betref, het 'n stremming tot gevolg dat die blaartemperatuur van In plant, in verhouding tot die lugtemperatuur, toeneem soos wat die intensiteit van die stremming verhoog. Dit gebeur selfs dat die blaartemperatuur 'n hoër waarde as die lugtemperatuur bereik. Die koolstofdioksiedabsorpsietempo verlaag met 'n verhoogde stremming. Ditbereik heel dikwels 'n negatiewe waarde. Die verlaging is onder andere as gevolg van die sluiting van die stomata. Wat die reproduksie betref, het 'n matige stremming geen nadelige uitwerking op die opbrengs gehad nie. Die massa beskadigde saadkatoen was die minste by 'n matige stremming. Wat die kwaliteit betref, het 'n matige stremming tot gevolg: - langer vesels, - dikker vesels, - beter eenvormigheidsverhouding, en - 'n beter rypheidsverhouding. Met hierdie inligting tot 'n boer se beskikking behoort hy beter in staat te wees om die besproeiingswater tot sy beskikking, so aan te wend dat hy optimale oeste kan afhaal.afCotton -- Diseases and pestsPlants -- Effect of temperature onTemperature -- Physiological effectDissertation (M.Sc.Agric. (Agronomy))--University of the Free State, 1985Die invloed van vogstremming tydens verskillende groeistadiums op katoenproduksieDissertationUniversity of the Free State