Pieterse, HenningVorster, Chris2022-05-042022-05-042021http://hdl.handle.net/11660/11599Thesis (Ph.D. (Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans))--University of the Free State, 2021𝑨𝒇𝒓𝒊𝒌𝒂𝒂𝒏𝒔 Die hieropvolgende studie is verdeel in twee afsonderlike afdelings, elk met verskillende doelwitte. Afdeling A bestaan uit Franz Marx se mondelinge geskiedenis en Afdeling B behels die kreatieweskryfkuns-komponent. Afdeling A is hoofsaaklik biografies van aard met Franz Marx as die primêre onderwerp en fokus. ʼn Uiteensetting van die verskillende faktore wat hom as kunstenaar beïnvloed en toegerus het vir die skep van die eerste Afrikaanse TV-dagvervolgverhaal, is die primêre doelwit van hierdie afdeling. Hierdie studie is binne die praktykgebaseerde navorsingsmetodologie geplaas om sodoende oorspronklike en verifieerbare inligting oor Marx as die sentrale figuur in die ontstaan van die eerste Afrikaanse TV-dagvervolgverhaal in te win en te bevestig. Die uitsprake van plaaslike film- en TV-praktisyns word gebruik om Marx se lewe en werk in die Suid-Afrikaanse TV-praktyk te kontekstualiseer. ʼn Aanvullende literatuurstudie plaas die assimilering van internasionale TV-praktyke en sy kreatiewe metodologie in perspektief. Hierdie studie is ʼn daadwerklike toevoeging tot die bestaande vakkennis oor Franz Marx se omvangryke loopbaan en die oorsprong van Suid-Afrikaanse TV-dagvervolgverhale en seep-operas. Afdeling B vervat ʼn Afrikaanse telenovela-hibried wat handel oor die wel en wee van ʼn klein produksiespan wat tevergeefs poog om ʼn nuutgeskrewe situasiekomedie te verfilm. Om hierdie hibried te skep, is deurlopende en melodramatiese verhoudingsintriges – wat gewoonlik geassosieer word met seep-operas – gekombineer met die unieke karakters en komiese insidente van situasiekomedies. Die reeks kan voorts ook gelees word as ʼn parodie van die seep-operagenre. ___________________________________________________________________𝑬𝒏𝒈𝒍𝒊𝒔𝒉 The following study is divided into two separate sections, each with different objectives. Section A contains Franz Marx’s oral history and section B comprises the creative writing component. Section A is mainly biographical with Franz Marx as the main subject and focus. An exposition of the various factors that influenced and equipped him as an artist for the creation of the first Afrikaans TV daily serial drama is the primary objective of this section. This study is placed within the methodology of practice-based research and utilises this method to acquire and verify information concerning Marx as the central figure in the conception of the first Afrikaans daily serial drama. Various South African film and TV practitioners assist in contextualising Marx’s influence within the local entertainment industry. International and South African literature further contextualises Marx’s contribution and places his creative methodology into perspective. This study contributes to the existing historical records on Franz Marx’s extensive career and the origin of daily serial dramas and soap operas in South Africa. Section B comprises an Afrikaans telenovela-hybrid. The narrative is based on a small production team struggling to film a new situational comedy (sitcom). To create the telenovela-hybrid, the melodramatic storylines and relationship-intrigue associated with soap operas are combined with the unique characters and situational incidents linked with and to sitcoms. This series can also be read as a parody of the soap opera genre. ___________________________________________________________________afEgoli: Place of GoldTV daily serial dramaSoap operaTelenovelaCreator-writerTV producerTV practiceTV industryTransformative actingCharacterisationDirectingTarget audienceTarget marketHead writerStory developmentStorylinesNarrative structureSABCM-NetPractice-based researchʼn Praktykgebaseerde perspektief op Franz Marx as die sentrale figuur in die ontstaan van die eerste Afrikaanse TV-dagvervolgverhaalThesisUniversity of the Free State